BaMidbar
(In die Woestyn)
1 Samuel / Sh'muel Aleph 20:18-42
Romeine / Romim 9:22-33
Numeri / Bamidbar "{1:1} Verder het die HERE met Moses gespreek in die
woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in
die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: {1:2} Neem julle die volle getal van die hele
vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle
families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; {1:3} van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op
kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle
leërafdelings, jy en Aäron. {1:4} En met
julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy
families. {1:5} En dit is die name van
die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür;
{1:6} vir Símeon: Selúmiël, die seun van
Surísaddai; {1:7} vir Juda: Nagson, die
seun van Ammínadab; {1:8} vir Issaskar:
Netáneël, die seun van Suar; {1:9} vir
Sébulon: Elíab, die seun van Helon; {1:10}
vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud;
vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur; {1:11} vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;
{1:12} vir Dan, Ahiëser, die seun van
Ammísaddai; {1:13} vir Aser: Págiël, die
seun van Ogran; {1:14} vir Gad: Éljasaf,
die seun van Réhuel; {1:15} vir Náftali:
Ahíra, die seun van Enan."
Met die aanvang van ons studie oor die Boek Numeri, het
iets, met die deurlees van "Oordenking: In die Wildernis", my
opgeval. Dit was God se versoek aan Moses om al die stamme van Israel te tel.
Dit het my ook beïndruk hoedat die name van elke stam vir altyd in die Skrif
aangeteken is. Hier kan ons nou, der duisende jare later die name van mens van
geslagte gelede, lees en uitspreek soos wat God Moses in hierdie boek laat
opteken het.
Dit is egter nie die enigste plek in die Skrif waar die name
van mense opgeteken is nie. Ons vind dwarsdeur die Bybel name van mense wat vir
ewig vir ons en vir toekomstige geslagte opgeskryf is, om te lees en onthou vir
al die tye wat nog sal kom; sommige van hierdie name is ten goede en ander ten
kwade aangeteken. Ons word ook dwarsdeur die Bybel vertel dat God boeke in die
Hemel het, waarin die name van ons almal opgeskryf is.
Psalm / Mizmor {69:28} "Laat hulle uitgedelg word uit
die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word
nie."
Maleagi / Malachi {3:16} "Toe het die wat die HERE
vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is
‘n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam
eer."
Filippense / Pilifim {4:3} "En ek vra jou ook, opregte
metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die
evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die
boek van die lewe is."
Verdere verwysing na boeke in die Hemel, waarin die name
opgeteken is, word minstens vyfmaal in die boek Openbaring
{3.5; 13.8; 17.8; 20.12; 22.19} vermeld. Ek glo dus dat ons almal
daarvan seker kan wees dat God ook ons name ten goede of ten kwade iewers in
een van Sy hemelse boeke geskryf het. Dit bly dáár opgeteken, nie net vir alle
geslagte om te sien en lees nie nie, maar vir alle ewigheid om te sien en lees.
Indien dit so is - die Skrif bevestig dit - en as my naam in 'n boek in die
hemel opgeteken is om vir ewig gesien te word, dan wil ek seker wees dat dit in
'n boek ten goede geskryf is.
Nou die dag, tydens 'n bespreking met 'n ongeredde Joodse
man, is my opinie oor redding gevra. Hy wou weet of ek glo dat, as iemand wat
nie Jesus die Messias as Versoening, Here en Redder aanvaar het nie te sterwe
kom, hy hel toe sou gaan. My antwoord was: "Ek weet nie wat in die hart
van 'n mens aangaan nie, slegs God weet dit. Ook sal niemand wat sterf ,voor my
vir oordeel te staan kom nie. Elkeen sal voor God staan en aan God rekenskap
van sy lewe gee. Dit is dan wanneer bepaal sal word of sy naam in die Boek van
die Lewe geskryf is al dan nie. Daar is egter één manier om volkome seker te
maak dat jou naam in die Boek van die Lewe geskryf sal word en dit is om Jesus
die Messias as jou enigste Versoening, Here en Redder te aanvaar, Sodoende sal
jy, wanneer jy op jou oordeelsdag, uiteindelik vóór God in die hemel staan,
seker wees dat jy die ewigheid by God in die hemel sal deurbring."
Handelinge / Maasei HaTalmidim {16:30} "En hy het hulle
na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
{16:31} Toe sê hulle: Glo in die Here
Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."
Is jy onseker oor jou ewige bestemming (hemel of hel)? Is
jou naam in die Boek van die Lewe geskrywe? Weet verseker dat dit daar geskryf
is deur Jesus die Messias te vra om jou enigste Versoening te wees sodat jou
sondes vergewe mag word. So sal jy sonder twyfel weet dat jou sonde vergewe en
jou ewige bestemming gewaarborg is.
Kom gou Jesus!
Voorheen uitgegee: 2009-05-23
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking