Saterdag 21 Januarie 2017

Min in getal oorgelaat

Shemot

(Name)


Eksodus / Shemot {1:8} “Toe staan daar ‘n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie. {1:9} Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons. {1:10} Kom, laat ons ‘n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie. {1:11} Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou. {1:12} Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel. ”

Ek glo die rede waarom God die kinders van Israel na Egipte gelei het, was in die eerste plek, om hulle te beskerm teen ondertrouery met die Kanaäniete. Die kinders van Israel was gedurende daardie tyd in die geskiedenis nomadies en dus was die hoofbron van hul bestaan, merendeels skape. Die Kanaäniete het geen probleem met hierdie beroep gehad nie, maar die Egiptenare wel. Hulle het dit as 'n minderwaardige werk beskou en, daarbenewens, in hul panteon van gode, ook 'n skaapgod gehad. Die slag en eet van skape was dus vir hulle 'n gruwel en daarom was die kinders van Israel se teenwoordigheid in Egipte ideaal vir God se doel met hulle. Eerstens, sou die Egiptenare nie met hulle ondertrou nie vanweë hul beroep en, tweedens, ook op grond van hul werk, sou hulle afgesonder word in die mees afgeleë provinsie van Egipte, naamlik Gosen, wat vermoedelik naby die Kanaänitiese grens geleë was. Klaarblyklik het God se wil dus geskied en die kinders van Israel het so aansienlik vermeerder, dat dit 'n bron van kommer vir die Egiptenare geword het.

Julle mag moontlik onbewus daarvan wees dat my eggenote en ek baie betrokke is by lewensbehoud; trouens, dit was een van ons bedienings sedert ons bekering en daarom probeer ons om op datum te bly met wat aborsies betref asook lewensbehoud in Israel.

Tot ons ergste onsteltenis en afkeur, het Israel ook aborsie gewettig. Die jongste beskikbare syfers (2010) toon dat ongeveer 40 000 aborsies jaarliks in Israel uitgevoer word. Vyftig persent van hierdie swangerskappe word beëindig omdat dit as gevolg van buitehuwelikse konsepsie, bloedskande of statutêre verkragting was. Agtien persent is beëindig vanweë 'n gesondheidsrisiko vir die moeder en / of vermoedelike fetusdefekte. Die res – twee-en-dertig persent – is hoofsaaklik op versoek uitgevoer. Volgens my oortuiging, is die enigste regverdigbare rede vir 'n aborsie, wanneer die moeder se lewe in gevaar verkeer. Dit is gegrond op die Bybelse beginsel om alles moontlik te doen om 'n lewe te red.

Johannes / Yochanan {15:13} “ Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2010-01-09








Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking