✦

God se Tyd

Shemot
(Eksodus)

Eksodus  {2:23} "En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. {2:24} En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. {2:25} En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken."

In hierdie Skrifgedeelte word net terloops gemeld: “En in daardie lang tyd”, skep miskien die indruk asof slegs ‘n paar dae verloop het tussen die tydperk wat Israel in slawerny in Egipte verval het en die dood van die Farao van Egipte. Die feit is egter dat honderde jare verloop het; trouens, tweehonderd- en- vyftig jaar. 

Dit is nie die eerste keer wat ons hierdie tipe van terminologie in die Skrifte teëkom nie. Dit kom dwarsdeur die hele (Tanach) Hebreeuse Geskrifte voor:

Genesis {4:3} "En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n offer gebring."

Genesis {38:12} "En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet."

Rigters {11:4} "En ’n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel."

2 Kronieke {21:19} "En ná enige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen wierookbrand gemaak soos die brand vir sy vaders nie."

Selfs al het sekere van hierdie gebeure nie honderde jare geduur nie, maar “met verloop van tyd”, bring dit ons onder die indruk dat alles gebeur met die verloop binne God se tydsbepaling en niks vind plaas vóór die tyd nie.

Ons is altyd so haastig dat God in ons lewens moet intree; ons verwag dat alles onmiddelik moet gebeur. Dit is veral waar, wanneer dit ‘n gebedsversoek is oor iets wat ons wil hê. Tipies is ons ongeduldige mense. Ons haat dit om in lang toue te staan en raak briesend wanneer die persoon in die ry voor ons sukkel met kleingeld wanneer daar vir die aangekoopte items betaal moet word. Ons krimp omtrent ineen indien die kassier moet gaan om die korrekte prys van een of meer items van die kliënt te gaan vasstel, terwyl ons moet rondstaan en wag. My vrou en ek het eendag by ‘n kruidenierswinkel gestaan, terwyl die persoon voor ons van die kassier verwag het om keer op keer die totaal van haar aankope te verstrek en dan, indien die bedrag nog binne haar begroting was, het sy die ry verlaat om nog ‘n verdere item te gaan haal en die totaal dienooreenkomstig aan te pas. Dit het meer as viermaal gebeur terwyl ons hulpeloos toegekyk en gewag het, Dít was werklik ‘n toets vir ons geduld!

God beskik egter oor oneindige geduld - Hy doen alles “met verloop van tyd”. Hy raak nooit gejaagd nie, Hy is nooit haastig nie en wag altyd tot die geskikte tyd om op te tree. Dit was die geval met Moses in hierdie week se Parasha. Hier leer ons dat God hoegenaamd niks doen voor die regte tyd nie. Hoe weet God wanneer die tyd reg is vir Hom om op te tree? Dit is wanneer Sy doel vervul is, wat dit ook al mag wees!

Johannes {7:6} "Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie Maar julle tyd is altyd daar. {7:7} Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is. {7:8} Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie."

Hier is die einddoel, “die verloop van tyd”. Jesus moes op ‘n spesifieke wyse sterf: ‘n Romeinse kruis, in ‘n spesifieke stad; Jerusalem en op ‘n bepaalde dag; die derde Pesach (Paasfees) nadat Hy Sy bediening hier op aarde begin het. Ofskoon die Satan dikwels probeer het om Jesus te laat doodmaak, het Hy altyd gefaal en Jesus het daarin geslaag om ongedeerd weg te kom en nie leed aangedoen te word nie, omdat Sy tyd nog nie aangebreek het nie. Toe Jesus se tyd wel aangebreek het, het Hy gegaan, op die bestemde tyd, na Jerusalem en ons weet wat daarna plaasgevind het.

Die wyse waarop God in die Skrif gewerk het, is dieselfde as wat Hy vandag nog in ons individuele lewens doen. Ons is altyd haastig om met dinge aan te gaan. Ons verlang dat alles wat ons bid of vra dadelik moet gebeur, volgens óns tydsberekening. Ek dink ons almal benodig ‘n realiteitstoets en ons almal behoort te leer uit vandeesweek se Parasha. Dit is nie ons tydsberekening wat saak maak nie - dit is God s’n. Hy het Sy volmaakte tyd om te gee wat ons vra, solank as wat ons vra en bid volgens Sy wil. Hy sal dit alles skenk maar dit sal altyd “ met verloop van tyd” wees, dit is, volgens Sy tydsbepaling!      

Kom gou Jesus!

PDF weergawe

Aanmoediging en Gerustelling Deur God

Shemot
(Eksodus)

Eksodus / Shemot {3:11} “Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei? {3:12}  En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ‘n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien.”

Ek het dit interessant gevind dat God vir Moses berg Horeb (Berg Sinai) aangedui het as plek van aanbidding en Hy vir Moses na die kinders van Israel gestuur het. So ook die feit dat God Berg Horeb as teken bevestig dat Hy met Moses sal wees. Dit is vreemd aangesien die kinders van Israel nie voor ‘n aansienlike tydverloop eers dáár sou aankom nie. Daarbenewens het God vir Moses oor bonatuurlike geestesgawes laat beskik en Homself bewys om dwarsdeur die Eksodus-proses met hom te wees. Waarom sou aanbidding by Berg Horeb dan enigsins ‘n groter teken wees as die tog deur die Rooi See? Wat was dan so uitsonderlik aan Berg Horeb, dat dit ‘n teken was dat God met Moses sou wees, as die ander tekens wat hy alreeds ontvang het?

Dit is klaarblyklik uit sy teësin om na Egipte terug te keer, dat hierdie voormalige, vreeslose prins inderdaad getemper is gedurende die veertig jaar wat hy in die wildernis van Midian skape opgepas het. Hy het duidelik die politieke aandrif en aktivisme waaroor hy vroeër beskik het, verloor. Dit het alles aan die verlede behoort en hierdie ontmoeting met God op Berg Horeb, het Moses onverhoeds betrap. Gevolglik, lees ons dat hy sê: “Wie is ek, dat ek na die Farao moet gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte moet lei?”

Moses het homself nie langer as iemand besonders beskou nie en homself beslis nie bevoeg geag om die Farao te konfronteer nie, nog minder om die kinders van Israel uit Egipte te lei.

Ek kan begryp waarom Moses hierdie woorde tot God gerig het. As ‘n prins in Egipte, het hy kontakte gehad, invloedryke persone geken en dus betrekkinge gehad waardeur hy invloed kon uitoefen. Nou, nadat hy vir veertig jaar ‘n skaapherder was, het hy enige kontakte of invloed verloor. Hy was polities vergete.

Wat Moses op dié stadium beleef het, is tot selfs vandag toe nie ongewoon nie. Baie afgetredenes, wat vroeër oor mag en invloed in hul werkplek beskik het, ervaar na jare se aftrede, dieselfde belewenis. Selfs indien hulle onverwags versoek sou word om na hulle werkplek terug te keer en voort te gaan vanwaar hulle opgehou het, sou hulle ongetwyfeld ook skepties gevoel en die werkaanbod van die hand gewys het, ongeag of dit deur God so beskik was.

God het dit klaarblyklik verstaan en met reg ook, want Hy het Moses immers geskep! God het besef dat Moses behoefte aan aanmoediging sou hê om die politieke aktivis in hom weer te laat opvlam. Gevolglik is aan hom tekens gegee van sy staf wat in ‘n slang verander het en sy hand wat met ‘n velsiekte oortrek geraak het. Ten spyte van hierdie tekens, wat moontlik voldoende sou gewees het om meeste mense te oortuig, het Moses nogtans skepties gebly tot op ‘n punt waar God sy broer, Aäron, saam met hom moes stuur, om as sy spreekbuis op te tree.

Ek is egter oortuig daarvan dat God inderdaad met Moses in Egipte was toe hy eindelik daarheen gegaan het; trouens, die wonders wat hy dáár verrig het, bewys dit onteenseglik. Maar, soos ons almal wil weet of ons ‘n opdrag bevredigend uitgevoer het, het God besef dat Moses ‘n teken daartoe nodig gehad het. God se teken van teveredenheid was tweërlei.

Wat Moses moes uitvoer, was hoegenaamd geen maklike taak nie – hy het deurentyd behoefte aan bemoediging en gerusstelling deur God gehad. Nogtans het Moses, ongeag wat alles plaasgevind het, homself nooit as iemand besonders geag nie; trouens, hy het nooit van die “Wie is ek” – gesindheid afgesien nie, wat myns insiens hierdie Skrifgedeelte genoodsaak het.

Numeri / Bamidbar {12:3) “Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.”

Gevolglik was die eerste rede vir die Berg Horeb-ontmoeting, bedoel om as sy uiterste bemoediging en gerusstelling te dien, dat Gód hom gestuur het. Moses het gegaan van prins tot herder en dit was by Berg Horeb wat hy as’t ware weer ‘n prins geword het – selfs meer as ‘n prins, maar wel ‘n koning, priester en profeet. Tweedens, die verlossing en bevryding van die kinders van Israel het eintlik begin met Moses by Berg Horeb. Watter beter, meer gepaste plek vir die volk Israel om “gebore” te word, as op die Berg Horeb!

Kom gou Jesus!

Voorheen uitgegee: 2012-01-08

God Het My Nederig Gehou

Shemot
(Name)

Eksodus / Shemot {4:10} “Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie ‘n man van woorde nie—van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. {4:11}  En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie? {4:12}  Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.”

Daar is allerlei baie interessante punte in die drie verse wat ek uit vandeesweek se parasha aangehaal het. Eerstens sien ons dat Moses vir God sê dat hy moelik praat en swaar van tong is. Indien Moses slegs gesê het dat hy moelik praat en dit daarby gelaat het, dan kon ons aanvaar dat hy homself as ‘n swak openbare spreker geag het. Die feit dat hy bygevoeg het dat hy ook swaar van tong was, laat by ‘n mens die indruk dat Moses wel ‘n soort spraakgebrek kon gehad het. Dit is interessant omdat in elke aangetekende ontmoeting tussen Moses en die Farao, was daar nooit enige kommentaar oor sy spraak nie – dit is nie een maal gemeld nie. Kon dit gewees het omdat Moses nooit enige praatwerk gedoen het nie?

Eksodus / Shemot {4:14} “Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. {4:15}  Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen. {4:16}  En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ‘n mond wees en jy vir hom ‘n god wees.“

Aäron het dus in die openbaar namens Moses gespreek! Stel julle voor hoe vernederend dit vir Moses moes gewees het. Dit blyk veral so wanneer ons lees wat God vir Moses gesê het:

Eksodus / Shemot {4:11} “En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie? ”

As dit dan wel die geval was, kon God nie Moses se spraak aangeraak het nie? ‘n Mens sou so dink, maar Hy het nie en ek het al so dikwels gewonder waarom Hy dit nie gedoen het nie. Dit is verbasend dat die antwoord eintlik baie eenvoudig is en in die Hernieude Verbond (Brit Chadasha) verstrek word.

2 Korinthiërs / Korintim Bet {12:6} “Want as ek sou wil roem, sou ek nie ‘n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie. {12:7} En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.”

Eenvoudig, nie waar nie? Die apostel Paulus het besef dat daar by hom die geneigdheid van selfverheffing bestaan het; derhalwe is hy deur God ‘n belemmering – wat Paulus “’n doring in die vlees” noem, opgelê. Dit kon moontlik ‘n tipe fisiese gebrek gewees het – nietemin iets wat hom nederig gehou het. Miskien besef ons nou waarom dit in die Skrif soos volg gestel word:

Numeri / BaMidbar {12:3} “Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.”

Vanweë die doring in sy vlees – sy spraakgebrek – het Moses homself nooit as iemand besonders geag nie. Die feit dat hy vroeër ‘n prins in Egipte was en nou deur God aangewys is om die bevryder en leier van die kinders van Israel te wees asook die feit dat hy regstreeks – van aangesig tot aangesig – deur God aangespreek is, het geen invloed op sy waardigheid gehad nie. Moses het altyd nederig gebly omdat hy die swakheid van sy menswees besef het. Ek kan onteenseglik getuig dat dit vir ‘n leier maklik is om verwaand te raak en meer van jouself te dink as wat jy werklik is. Selfs in my geval, het God ‘n wyse gevind om my nederig te hou, om my te laat besef dat ek maar net ‘n brose mens, slegs stof is en dat dit Hy is wat my geskep het en nie ek vir Hom nie!

Kom gou Jesus!

Voorheen uitgegee: 2010-12-25

Min in getal oorgelaat

Shemot

(Name)

Eksodus / Shemot {1:8} “Toe staan daar ‘n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie. {1:9} Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons. {1:10} Kom, laat ons ‘n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie. {1:11} Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou. {1:12} Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel. ”

Ek glo die rede waarom God die kinders van Israel na Egipte gelei het, was in die eerste plek, om hulle te beskerm teen ondertrouery met die Kanaäniete. Die kinders van Israel was gedurende daardie tyd in die geskiedenis nomadies en dus was die hoofbron van hul bestaan, merendeels skape. Die Kanaäniete het geen probleem met hierdie beroep gehad nie, maar die Egiptenare wel. Hulle het dit as 'n minderwaardige werk beskou en, daarbenewens, in hul panteon van gode, ook 'n skaapgod gehad. Die slag en eet van skape was dus vir hulle 'n gruwel en daarom was die kinders van Israel se teenwoordigheid in Egipte ideaal vir God se doel met hulle. Eerstens, sou die Egiptenare nie met hulle ondertrou nie vanweë hul beroep en, tweedens, ook op grond van hul werk, sou hulle afgesonder word in die mees afgeleë provinsie van Egipte, naamlik Gosen, wat vermoedelik naby die Kanaänitiese grens geleë was. Klaarblyklik het God se wil dus geskied en die kinders van Israel het so aansienlik vermeerder, dat dit 'n bron van kommer vir die Egiptenare geword het.

Julle mag moontlik onbewus daarvan wees dat my eggenote en ek baie betrokke is by lewensbehoud; trouens, dit was een van ons bedienings sedert ons bekering en daarom probeer ons om op datum te bly met wat aborsies betref asook lewensbehoud in Israel.

Tot ons ergste onsteltenis en afkeur, het Israel ook aborsie gewettig. Die jongste beskikbare syfers (2010) toon dat ongeveer 40 000 aborsies jaarliks in Israel uitgevoer word. Vyftig persent van hierdie swangerskappe word beëindig omdat dit as gevolg van buitehuwelikse konsepsie, bloedskande of statutêre verkragting was. Agtien persent is beëindig vanweë 'n gesondheidsrisiko vir die moeder en / of vermoedelike fetusdefekte. Die res – twee-en-dertig persent – is hoofsaaklik op versoek uitgevoer. Volgens my oortuiging, is die enigste regverdigbare rede vir 'n aborsie, wanneer die moeder se lewe in gevaar verkeer. Dit is gegrond op die Bybelse beginsel om alles moontlik te doen om 'n lewe te red.

Johannes / Yochanan {15:13} “ Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

Kom gou Jesus!

Voorheen uitgegee: 2010-01-09