Genesis {44:30} “As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie — terwyl sy siel innig aan hom verkleef is — {44:31} sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal. {44:32} Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan. {44:33} Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek. {44:34} Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!”
Dit het veel van Juda vereis om eindelik verantwoordelikheid te aanvaar vir wat hy gedoen het. Hy bely nie spesifiek sy sonde en dié van sy broers nie; hy het homself in gevaar gestel teneinde sy broer, Benjamin, te red. Hy het dit nie vir sy broer Josef gedoen nie, maar ons verneem dat Juda en sy broers inderdaad vol berou was.
Josef en sy nege broers moes veel druk verduur voordat hulle die punt van belydenis en berou bereik het; die ergste was ongetwyfeld die twintig jaar van skuldgevoel terwyl hulle by hul vader in Kanäan gewoon het. Hulle het terdeë besef dat hulle hul vader bedrieg het om te glo dat Josef dood was, verskeur deur een of ander wilde dier. Die skuldgevoel het egter toegeneem toe hulle Josef ontmoet het. Hy het hulle herken, maar hulle het hóm nie herken nie. Josef het hulle so’n moeilike tyd laat beleef - enigeen sou geknak het vanweë wat hy hulle aangedoen het. Dit kon beslis nie ‘n maklike oordeel vir die broers gewees het nie. Ek kan my nie voorstel hoe moeilik dit vir hulle moes gewees het, vanweë die druk wat Josef op hulle uitgeoefen het nie. Een broer was in die gevangenis, hulle geld is in hulle sakke teruggeplaas, wat hulle soos diewe laat lyk het en die blote gedagte om na hierdie magtige, onvriendelike Egiptiese heerser terug te keer boonop met hulle broer, Benjamin, moes uiters stresvol gewees het. Die stres moes besonder erg gewees het omdat hulle vader geweier het om Benjamin saam met hulle terug te laat gaan na Egipte. Toe hulle vader eindelik ingestem het daartoe, het hulle vader meer skuld op die broers geplaas. Dit het ook nie daar geëindig nie - met hul terugkeer na Egipte, het Josef verdere druk op hulle toegepas. Boonop het ‘n verskriklike vrees hulle verder oorval toe die onderkoning se drinkbeker in Benjamin se sak gevind is met hulle terugkeer huis toe.
Kan jy jou dit alles voorstel? Probeer jouself in die verhaal inleef. Hoe sou jy gevoel het? Kan jy jouself voorstel, hoeveel spanning en vrees hierdie skuldige broers ervaar het? Die feit is egter dat hierdie hele gebeurtenis eintlik die doel van God was. Hy het die broers van die begin tot die einde hul sonde laat besef en beweeg om van skuld tot belydenis en berou oor te gaan.
Baie van ons voel ook skuldig oor sondes wat ons gepleeg het, maar beweeg die skuld ons tot belydenis en berou of “begrawe” ons ons skuld en verbeel ons dat dit nie soos Josef se broers s’n is nie? Gaan ons aan met ons lewens asof niks gebeur het nie?
Ek vertrou dat julle hierdie hele verhaal as ‘n tipe of beeld van Jesus en Sy broers, die Joodse volk, sal beskou. Wat ek egter graag begeer, is dat ons vandag sien as die werklike betekenis vervat in hierdie verhaal en die les wat ons almal daaruit kan leer. Die Here het Josef se broers tot op die rand geneem ten einde hulle sondes finaal te bely en berou te ervaar. Vir twintig jaar het hulle hul skuld verduur wat vir hulself pyn, lyding, siekte en ‘n gespanne verhouding met hul vader beteken het. Hoe kon hulle hul vader in die oë kyk na wat hulle hom aangedoen het?
Dink vir ‘n oomblik na oor jou lewe. Het jy oor die jare heen onrus, pyn en lyding verduur? Het jy gevoel dat as dit nie vir teenspoed was nie, jy geluk sou beleef het nie? Is daar ‘n skuldgevoel “begrawe” in jou onderbewussyn wat moontlik vir jou angs of selfs siekte meebring? Miskien is dit God, wat jou probeer bring tot op ‘n punt om jou skuld te erken, bely en berou te toon. Dink jy dat jy God vóór kan kan wees en Hy jou eindelik sal opgee en alleen laat? Hy sal nie! Wees verseker dat Hy sal volhou om druk op jou uit te oefen, jou van een teenspoed na ‘n ander laat beleef totdat jy óf bely en berou toon óf in sonde sterf. Indien jy verkies om God te trotseer en in jou sonde te sterf, onthou die verderf is werklik. Ontvang Jesus as jou Heer en Redder, bely jou sonde betyds en verseker vir jouself ‘n plek saam met Hom in die hemel.
Kom gou Jesus!
| PDF weergawe |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking