Donderdag 11 Mei 2023

Parasha Behar - BeChukotai (Op die Berg - In My Verorderinge) - Moeilike Tye & Toewyding


 


Levítikus 25:1-27:34

Jeremia 16:19-17:14

Matthéüs 22:1-14


Behar - Op die Berg


Moeilike Tye


Elkeen verkeer een of ander stadium in moeilike tye. Ek onthou die tyd in 2008 toe baie mense uiters moeilike tye beleef het. Hulle kon nie hulle lewensverpligtinge nakom nie, het hulle huise verloor deur die oproep van verbande en is uit hulle huise gesit, soms met geweld. Mense wat voorheen bogemiddelde salarisse verdien het, was werkloos of moes laagbesoldigde werk aanvaar net om te oorleef; dus moes baie mense van die hand na die mond lewe.


Almal ondervind moeilike tye - sou dit nie aangenaam gewees het as al die mense van die wêreld volgens die Tora en die bogemelde bybelse voorskrifte, geleef het nie? Indien die Tora die wet van die lande was, dan sou daar vir almal wat moeilike tye beleef, hoop gewees het. Hulle sou kon uitsien na die dag waarop hulle sou kon terugkeer na die plek waarin ‘n groot deel van hul lewens deurgebring en geld belê is - sou dit nie aangenaam gewees het nie?


Die lewe is ‘n siklus; een jaar is jy onder en die volgende jaar is jy bo, dus sou jy dink dat onderhouding van die Tora, die rigting sou wees waarheen ‘n verligte omgeewêreld beweeg. In plaas daarvan, beweeg ons wêreld egter in die teenoorgestelde rigting; anti-Tora en anti-Christus.


Daar sal ‘n dag kom wanneer geen geregtigheid op die aarde sal wees nie. Kranksinnigheid sal die wêreld oorneem en dit wil voorkom asof dit alreeds onderweg is; ons is nader aan daardie kranksinnigheid as wat ons ooit was, selfs nou.


Daar is ‘n gebed wat elke oggend in meeste sinagoges wêreldwyd gebid word. Dit lui (vertaal) soos volg:


“Herstel ons regters soos in die vroegste dae en ons raadgewers soos eers; verwyder van ons droefheid en gekla; en heers oor ons - U HERE, alleen- met goedheid en deernis, en verdedig ons deur oordeel. Geseënd is U, HERE, die Koning wat geregtigheid en oordeel behaag” Kom spoedig Here Jesus! 



BeChukotai - In My Verorderinge


Toewyding


Het julle ooit al julle self of enigiets wat julle besit aan die Here gewy? Indien wel, dan het hierdie hoofstuk van die Skrif, betrekking daarop. Tydens Tempeltye sou mense ‘n eed aflê om hulself of iets anders wat waardevol is, aan die Here te wy vir Sy diens in die Tempel. Nie alles wat gewy is, was egter geskik om in die Heiligdom te gebruik nie, dus het die Here ‘n stelsel van waardebepaling neergelê. Indien ‘n persoon homself vrywillig gewy het aan die Here se diens, was daar altyd die moontlikheid dat hy nie gebruik kon word nie aangesien die Leviete deur die Here vir daardie doel aangewys is. Dus is ‘n geldelike waardebepaling geplaas op die persoon of voorwerp wat toegewy word en die geld sou dan in die diens van die Here gebruik word. Dit was ‘n algeheel vrywillige offer; geeneen was verplig om homself of iets wat hy besit het, aan die Here te wy nie. Indien hy egter homself sodoende verplig het, moes hy nietemin sy eed nakom.


Ek dink dit is natuurlik vir gelowiges in Jesus die Messias, wat die Here liefhet en Sy redding waardeer om hulself aan Hom te wil offer as ‘n heilige offerande.


Psalm {116:12} “Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my? {116:13} Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep. {116:14} My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk.”


Iemand wat die Here liefhet, hoef nie noodwendig voorgeskryf te word wat om te doen nie. Soos die psalmdigter gesê het, doen hy dit vrywillig en natuurlik van harte. Die apostel Paulus benadruk hierdie selfde sentiment in die Nuwe Testament, waar hy skryf:


Romeine {12:1} “en nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”


Hierdie gedeelte kan vergelyk word met wat ons hierdie week in ons Parasha lees. Let daarop dat Paulus ook die offer/toewyding van onsself aan die Here, as vrywillig beskou. Hy gebruik die woorde “Ek vermaan julle,” wat ‘n totaal vrywillige aksie benadruk.


Daar is egter ook ‘n anderkant van hierdie muntstuk. Om ‘n eed wat ons aflê, en nie nakom nie, kan spiritueel en fisies rampspoedig wees.


Spreuke {20:25} “Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy en agterna eers besef wat jy belowe het.”


Deuteronomium {23:21} “Wanneer jy 'n gelofte aflê teenoor die Here jou God, moet jy nie traag wees om dit na te kom nie, anders sal die Here jou God jou tot verantwoording roep en sal jy skuldig wees.”


Het jy jouself al ooit aan die Here gewy? Het jy al jou kinders en kleinkinders aan Hom opgedra, moontlik in ‘n toewydingsdiens? Het jy jou besigheid, jou huis of enige van jou besittings aan Hom toegewy? Jy het dit vrywillig gedoen en moet jou eed aan Hom nakom. Dink tweemaal voordat jy ‘n eed aflê want God sal jou eed teen jou hou. Jy beter dit nakom!


Deuteronomium {23:22} “Wanneer jy nie 'n gelofte aflê nie, sal jy nie skuldig wees nie, {23:23} maar as jy vrywillig 'n gelofte teenoor die Here jou God aflê, moet jy versigtig wees met wat jy sê en moet jy die gelofte nakom.”



Kom gou Jesus!


PDF weergawe

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking