Donderdag 18 Mei 2023

Parasha Bamidbar (In die Woestyn) - Soldate


Númeri 1:1 – 4:20 

Hosea 2:1 – 22 1 

1 Korinthiërs 12:12 – 20

Soldate


1 Petrus {2:9} “Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.”


Ek het hierdie kommentaar met ‘n Skrifgedeelte uit die Brit Chadasha (Nuwe Testament) begin omdat dit goed aanvul by wat ons in Parasha Bamidbar lees.


Numeri {1:47} “Die Leviete is nie as afsonderlike stam bygetel nie. {1:48} Die Here het naamlik vir Moses gesê: {1:49} “Die stam Levi moet jy nie tel nie en hulle getal moet jy nie by dié van die Israeliete voeg nie. {1:50} Jy moet die Leviete aanstel om toesig te hou oor die tabernakel met die getuienis, oor al sy gereedskap en al sy toebehore. Hulle moet die tabernakel en sy gereedskap dra; net húlle moet daarmee werk; en hulle moet hulle tente rondom die tabernakel opslaan. {1:51} As die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit uitmekaarhaal; en as dit opgeslaan moet word, moet hulle dit opslaan. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om te help, moet doodgemaak word. {1:52} “Die ander stamme van Israel moet hulle tente opslaan, elke stam op sy eie staanplek, rondom sy eie vaandel, ingedeel by sy eie leërafdeling, {1:53} maar die Leviete moet hulle tente rondom die tabernakel met die getuienis opslaan, sodat my toorn nie oor die Israeliete kom nie. So moet die Leviete dan vir die tabernakel met die getuienis sorg.” {1:54} Die Israeliete het alles presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het.”


Hierdie Parasha het hoofsaaklik betrekking op die telling van die kinders van Israel; dit is egter nie slegs met die doel om hulle te tel soos met ‘n sensus nie - dit was om ‘n spesiale rede. In hierdie getalsterktebepaling, slegs diegene van twintig tot vyftig jaar oud: hulle wat kon gaan oorlog voer, is  getel. Dit was ‘n opname om te bepaal hoeveel mense geskik sou wees vir militêre diens. Die totale aantal geskikte manne het te staan gekom op seshonderd-en-drieduisend, vyfhonderd-en-vyftig. Omdat die Levitiese priesters wat verantwoordelik was vir die godsdienstige lewe van die kinders van Israel, synde die Here se verteenwoordigers onder die mense en visa versa, was hulle vrygestel van militêre diens en dié sensus.


Die ultra-ortodokses in Israel vandag, beskou hulself as priesters van die Here en stryders van die geloof. Hulle gebruik hierdie Skrifgedeelte onder andere, hierdie teks as bewys vir hulle aanspraak om hulself van militêre diens vry te stel. Dit is ‘n punt van heftige bespreking en ‘n politieke struikelblok in die Knesset (Israeli-kongres), waar die godsdienstige party die gesag probeer handhaaf in ‘n wankelrige koalisie regering, waarvan hulle ‘n deel uitmaak.


Ongelukkig het die gelowiges in Jesus die Messias, die Here se roeping van ons as “.....’n koninklike priesterdom….” gebruik om nougesette beswaar teen militêre diens om godsdienstige redes in die Verenigde State aan te voer en, ek is seker, ook elders in die wêreld, te eis. Baie soos die ultra-ortodokses in Israel vandag, maak hulle misbruik en foutiewe toepassing van die gedeelte in 1 Petrus, tot hulle voordeel. Hulle vertaal ook foutiewelik “jy mag nie doodslaan nie”, wat akkuraat vertaal word as “jy mag nie vermoor nie”. Hulle verwaarloos egter een aspek naamlik dat die Levitiese priesters wel oorlog toe gegaan het, maar nie op die gevegsfront nie, soos ons in die volgende Skrifgedeelte sien:


Josua {3:8} “Sê nou vir die priesters wat die verbondsark dra, hulle moet by die Jordaan gaan staan wanneer hulle by die waterkant kom. {3:9} Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom nader, luister na die woorde van die Here julle God!” {3:10} Daarna sê hy: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete sekerlik sal verdryf om vir julle plek te maak: {3:11} kyk, die verbondsark van die Here van die hele aarde sal voor julle uit die Jordaan in gaan.””


Vandag is daar natuurlik vir ons as Koninklike Priesterdom geen Tent van Ontmoeting om in te dien nie en dus, is ons ondersteunende rol as houers van die Ark van die Verbond en die Tent van Samekoms nie langer aan hierdie kant van die kruis nodig nie. Ons verantwoordelikheid as priesters het ontwikkel sedert die dae van die Tent van Samekoms en die Tempel. As priesters van God vandag, ofskoon ons nie meer verantwoordelik is vir die onderhoud van ‘n Tabernakel of Tempel met die stelsel van offerandes daarvan nie, is ons, soos die Levitiese priesters van Bybelse tye, nog steeds verantwoordelik daarvoor om die Here by die mense en die mense by die Here te verteenwoordig. Ons doen dit as evangeliste, gebedstryders en lewenstylgetuies. Dus as gelowiges in Jesus die Messias vandag, behoort ons oral oor, waar moontlik die Goeie Nuus (Besorah Tova) aangaande Jesus en Sy vrye gawe van verlossing, ook aan die gewapende magte te verkondig. Baie jong gelowiges verrig vandag diens in die Israelitiese militêre mag en, ja, hulle stel hul lewens in gevaar, maar aangesien militêre diens verpligtend is, om tussen hulle mede soldate te wees en om aan diegene sonder hoop, die kennis van die liefde van God en die versekering van ‘n ewige lewe saam met Hom in die hemel, te deel, is waardevol.


Ek is nie ‘n voorstaander van oorlog nie maar ongelukkig, soos dit in die Bybelse tye was, word oorlog soms deur God bestem en is dit nodig. As gelowiges in Jesus die Messias - selfs as ‘n koninklike priesterdom - kan ons nie konsensieuse beswaardes wees nie. Soos die Levitiese priesters van ouds, het ons ‘n God om te verteenwoordig en watter meer geleë situasie is daar nie as om Hom te verteenwoordig onder soldate, wat elke dag die moontlikheid van dood in die oë staar en wie moontlik vrae mag hê oor hulle ewige bestemming.

   

Kom gou Jesus!

PDF weergawe


 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking