✦

Parasha VaYachel - Pekudei (En Hy Het Hulle Laat Byeenkom) - Saam Met God en ‘n Gewillige Hart

Ofskoon dit vandeesweek ‘n dubbele lesing, oftewel twee parashot is, het ek egter my kommentaar slegs tot parasha Vayachel beperk.

Eksodus {35:10} “En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het: {35:11}  die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke; {35:12}  die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking; {35:13}  die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode; {35:14}  en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar; {35:15}  en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel; {35:16}  die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk; {35:17}  die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof; {35:18}  die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne; {35:19}  die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.”

Nadat ek hierdie parasha gelees het, kan ‘n mens verstaan wat God bedoel het toe Hy gesê het dat Hy die mens na Sy beeld geskep het. Benewens al ons ander ooreenkomste, kan ons sien wat maak óns soos ons Hemelse Vader: ons is skeppers. Die enigste verskil tussen ons en God, wat skepping betref , is dat God iets uit niks kan skep, terwyl ons daarenteen slegs uit dit wat God reeds geskep het, iets kan skep.

God het, volgens hierdie parasha, Moses beveel om die rou boumateriaal bymekaar te maak, wat nodig sou wees om vir Hom ‘n woning te bou sodat Hy te midde van Sy volk kon wees. God se bedoeling, toe en selfs nou nog, was om onder Sy volk te woon. Sy gevoel hieroor is so sterk, dat Hy eendag – trouens binnekort – in die gedaante van Sy Seun Jesus die Messias, sal terugkeer om presies dít te doen.

Dit is interessant om te besef dat God, die Skepper van iets uit niks, met respek gesê, deur slegs Sy vingers te klap of ‘n enkele woord te spreek, vir Homself uit niks ‘n woning kon skep, netsoos Hy die heelal geskep het. Hy kon selfs deur Sy wil ‘n woning laat ontstaan het waarin Hy kon woon; tóg het Hy dit nie gedoen nie. In plaas daarvan, het hy verkies dat die kinders van Israel dit vir Hom doen. Hier is vir my twee beginsels van krag, wat ek as deel van my kommentaar vir hierdie parasha sal verduidelik. Albei beginsels verwys na waarom God verkies het dat die kinders van Israel die tabernakel (Mishkan) bou, pleks dat Hyself dit laat ontstaan het.

Die eerste beginsel:

Spreuke {13:11} “Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.”

Hierdie spreuk, soos ons kan sien, het betrekking op die verkryging van geld wat nie deur arbeid verdien is nie, dikwels “swerfgeld” genoem en wat dié spreuk eintlik sê, is dat geld wat nie deur arbeid bekom is nie, net so gou verdwyn as wat dit bekom is. Dus kan dieselfde beginsel geld vir enigiets wat ons nie deur harde werk bekom of werklik verdien het nie. Kom ons wees maar eerlik: dit is deel van ons menslike natuur! Ons waardeer en versorg slegs dít waarvoor ons hard moes werk, méér as dit wat aan ons gegee is, sonder dat ons iets daarvoor hoef te gedoen het. Ongelukkig sluit dit vir sommige mense selfs hul verlossing in. Dit is waarom daar soveel werk-georiënteerde godsdienste en kultusse is. Hierdie aspek van ons natuur, glo ek, is ‘n gevolg van die sondeval van die mens (Adam en Eva).

Genesis {3:17} “En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. {3:18}  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. {3:19}  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”

Die tweede beginsel:

1 Korinthiërs {3:7} “So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. {3:8}  Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. {3:9}  Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.”

God begeer ons vennootskap met Hom. Alhoewel Hy by magte is om alles sonder ons te doen, is die eintlike rede waarom Hy ons geskep het, om Sy vennote te wees op die aarde wat Hy vir ons geskep het. Deur die opstanding en Sy toekomstige wederkoms, sal ons saam met Jesus in die heelal regeer.

Openbaring {20:6} “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”

Dit is dus, om hierdie twee redes, wat ek glo, God die kinders van Israel laat deelneem het aan die konstruksie van die tempel.

Eksodus {35:4} “Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: {35:5}  Neem van julle besittings ‘n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;”

Ons, wat in Jesus die Messias glo, is nou die tempel van God, waarin die Gees van God woon. Daarom is dit steeds die verantwoordelikheid van elke gelowige in Jesus die Messias om God se koninkryk te bou, deur getuienis en die evangelie van verlossing. Ek vertrou dat God in jou ‘n gewillige hart sal vind!

Kom gou Jesus!

VaYachel - Pekudei (En Hy Het Hulle Laat Byeenkom) - Saam Met God en ‘n Gewillige Hart

Die nuwe Jerusalem en die twaalf poorte

D’Var Torah 
Vayakhel - Pekude

Eksodus / Shemot {39:2} “En hy het die skouerkleed gemaak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. {39:3} En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne—’n kunstige werk. {39:4} Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan mekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg. {39:5} En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het. {39:6} Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op ‘n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die kinders van Israel. {39:7} En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het. ”. 

Toe ek hierdie verse gelees het, het iets besonder interessant my opgeval. Die hoëpriester (cohen haGadol) het twee oniks-stene, gemonteer in goud op sy skouers gedra, waarop die name van die kinders van Israel (die twaalf stamme) gegraveer was, as gedenkstukke voor God. 

Hierdie skouerstukke hou, na my mening verband met die juk wat Jesus vir ons gedra het. Toe Hy na die kruis gegaan het, het ons as’t ware jukke met Hom geruil. Jesus het óns swaar juk van sonde op Hom geneem en in ruil Sy juk, wat lig is aan ons gegee. 

Jesaja / Yeshayahu {53:4} “Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.”. 

Matthéüs / Mattityahu {11:28} “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. {11:29} Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; {11:30} want my juk is sag en my las is lig. ”. 

Nou kom dit daarop neer dat Jesus, as ons Hoëpriester, ons name op Sy skouers dra as gedenkstukke voor God. 

Daarom het dit my egter bygeval: die hoëpriester na wie daar in ons parasha verwys word, wat die name van die kinders van Israel gedra het, het nie elke individuele naam gedra nie, maar slegs die twaalf stamme, waaraan elke individu behoort het. Wat het dan gebeur met die gemengde skare wat saam met die kinders van Israel uit Egipte getrek het? Indien hulle verkies het om soos die kinders van Israel te lewe en met hulle te vereenselwig deur aan ‘n stam te behoort, sou hulle as’t ware ook op die skouers van die hoëpriester gedra word en dus deel van die gedenkstukke voor God wees. 

Toe het ek aan hierdie Skrifgedeelte gedink: 

Esegiël / Yehezqel {47:22} “En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos ‘n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle ‘n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel. {47:23} En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE. ”. 

Met die eerste oogopslag, het dit my vraag aangaande die vreemdelinge wat verkies het om onder die kinders van Israel te woon, beantwoord en het ek tot die gevolgtrekking gekom dat diegene wat verkies het om nie by ‘n stam aan te sluit nie, swerwers (reisigers sonder bande met Israel) sou wees. Ek was aanvanklik tevrede met hierdie antwoord totdat ek verder navorsing gedoen het en die volgende verse gelees het.

Openbaring / Hitgalut {21:10} “En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; {21:11} en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen. {21:12} En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.” . 

Soos ons bewus is, verwys Johannes hier na die eindtyd, Wanneer Jerusalem uit die hemel sal neerdaal. Hierdie visioen is eenvouding genoeg om te begryp, totdat ‘n mens lees van die aantal en name van die stadspoorte. Daar sal slegs 12 poorte wees, waarvan elk één die twaalf stamme van Israel sal verteenwoordig. Ook dit was heel verstaanbaar, totdat ek nog verder gelees het: 

Openbaring / Hitgalut {21:26} “en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring. {21:27} En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam. ”. 

Daar sal slegs twaalf poorte wees wat die twaalf stamme verteenwoordig en elke stam sal die stad deur sy aangewese stampoort binnegaan. Diegene van die betrokke nasies waarvan ons in Esegiël 47:22 – 23 gelees het, sal die nuwe Jerusalem binnegaan deur die poort van die stam by wie hulle verkies het om te woon. Wat sal dan gebeur met die swerwers, oftewel dié van die nasies (die gemende skare), wat hulself nie met Israel of een van die stamme vereenselwig het nie? Volgens die bovermelde Skrifgedeelte sal hulle nie gered word nie en toegang tot die heilige stad geweier word. 

Wat is dus my gevolgtrekking? Daar is hoegenaamd geen swerwers waar redding betrokke is nie. Jy is óf deel van Israel en met een van die stamme vereenselwig óf jy is in die buitenste duisternis, waar daar geween en gekners van tande sal wees!

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Met Blou, Pers en Bloedrooi Geweef

11 Maart 2012 
D’Var Torah 
En Hy Het Laat Bymekaar Kom / VaYakhel / Pekude 

Soos julle uit die titel sal merk, is daar hierdie week ‘n dubbele Tora-lesing. En ek het na verwante Skrifgedeeltes uit elke deel gesoek en verskaf één kommentaar vir albei Parashot. Graag wil ek hiermee ook erkenning verleen aan Rabbi Jonothan Cahn, wie se lesings in hierdie kommentaar bygewerk is. 

(Uit parasha Vayakhel) 

Eksodus / Shemot {36:35 – 36:38) “Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs. (36:36) En hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet. (36:37) Hy het ook vir die ingang van die tent ‘n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; (36:38) en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper. ”. 

(Uit parasha Pekude) 

Eksodus / Shemot {39:1} “Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het. ”.  

Ons weet dat alles wat God doen van betekenis is. Sekerlik is dit van toepassing op wat Hy in die Bybel doen en wat Hy in die tabernakel (Mishkan) gedoen het. Wat insiggewend van die bovermelde Skrifgedeeltes is, is die verwysing na die drie kleure: blou, pers en bloedrooi. Wat ook interessant is, is dat die tabernakel uit drie dele bestaan het: die buitevoorhof, die Heiligdom en die Heiligste der Heilige – oftewel die Kadosh Kedoshim. 

Blou is die kleur van die hemel, dit wil sê die lug en daarom verteenwoordig blou dus die hemel. Skarlaken is rooi en die Hebreeuse woord vir rooi is “Adom”, waaraan die naam “Adam” ontleen is. Die grond in die Midde-Ooste is rooierig en Adam is uit die Midde-Oosterse stof van die aarde geformeer – vandaar sy naam. Die naam Adam is nie slegs die naam van die eerste mens nie, maar verwys ook na die ganse mensdom.. Die kleur, Adom, rooi of skarlaken rooi, verteenwoordig dus die mens. Dit is dus interssant dat met hierdie twee kleure blou en rooi, ons ‘n skakel het tussen hemel en aarde: God en die mens; trouens, dit is waaroor die tabernakel eintlik gaan – die ontmoeting of skakeling tussen God en mens en mens met God. Die tabernakel is op soortgelyke wyse met betrekking tot hierdie twee kleure saamgestel. Ons vind die Heiligste der Heilige waar God woon en die voorhof waar die mens woon. 

Die middelste kleur in ons Skrifgedeeltes vermeld, is pers (purperrooi), wat, soos ons weet, ‘n samevoeging van blou en rooi is. Wat verder van hierdie kleur interessant is asook die betrekking daarvan tot die tabernakel, is dat laasgenoemde die Plek van Ontmoeting (dit wil sê die “ontmoeting” van blou en rooi) genoem is. Nie net dat dit ‘n volgorde van die kleure is nie: blou is altyd eerste en rooi altyd laaste, met pers altyd in die middel. Daar was ook dieselfde kleurvolgorde met die oprigting van die tabernakel: blou (hemel / die Heiligste der Heilige) is eerste en die voorhof (rooi / die mens) laaste opgerig en waar dié twee gedeeltes bymekaarkom (ontmoet), in die middel, die altaar. Ons sien dus hier dat die beweging is van die hemel af na die mens. 

Op die voorhangsel van die tabernakel is gerubs ingeweef in dieselfde kleure: blou, pers en bloedrooi en die bedekking van die ingang na die tabernakel, weereens in blou, pers en bloedrooi. 

Wanneer ons die Hoëpriester (Kohen HaGadol) sien en hoe hy in die tabernakel diens verrig, merk ons dat hy van die voorhof na die Heiligste der Heilige beweeg: van die altaar na die ark, waaroor die teenwoordigheid van God was. Dit is baie interessant omdat dit ‘n afskaduwing is van Jesus se beweging vanaf die kruis: vanaf die mens na die altaar, na God toe, oftewel van die kruis na die hemel. Hy het by die mens begin en na God opgevaar. 

Volgens die Skrif, is ons met die geregtigheid van Jesus beklee, dit wil sê dat ons die klere van God dra in blou, pers en bloedrooi. “Wie kan ons skei van die liefde van die Messias…”. Dit behels om in God te lewe en God in ons; om ons in Sy vreugde te verbly, om deur sy oë te kyk en in Sy voetspore te volg. Elke geslote deur gaan oop vir dié een wat in God lewe, elke sluier van vrees sal deur die krag van God weggeem word. Indien ons in God wandel, sal Hy ons bemagtig net soos blou en rooi in pers kan verander!  

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou