D’Var Torah
Sy dra die saad – Tazria
Levitikus / Vayikra {12:1} “VERDER het die HERE met Moses gespreek en
gesê: {12:2} Spreek met die kinders van Israel en sê: As ’n vrou swanger word
en ’n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die
onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.{12:2} En op die agtste dag moet
hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.”.
Ongeag die feit dat met manlike besnydenis reeds bewys is dat dit
servikale kanker by vrouens voorkom, die opdoen van MIV kan voorkom en oor die
algemeen gesonder vir mans is, is dit ‘n goddelike gebod (mitzvah), wat, soos
ek glo, van toepassing is op alle gelowiges in Jesus die Messias.
Ek besef dat dit ‘n gewigtige konstatering is veral vir dié gelowiges
wat nie gebore Jode is nie. Indien jy egter my onderrig oor die jare heen
gevolg het, sal daardie gelowiges, wat gekies het om hulle met Israel te
vereenselwig en deel van ‘n Messiaanse Jooodse gemeente (Kehila) geword het,
één met Israel word en inderdaad as Israeliete gereken word.
Eksodus / Shemot {12:49} “Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat
onder julle vertoef.”.
Israel het geen ander wet as die Tora nie, met die gevolg dat alle
Tora-gebooie van toepassing is op sowel Jode as nie-Jode, wat verkies het om
voortaan as Jode te lewe. Dit word verder bevestig deur die volgende
Skrifgedeelte:
Eségiël / Yehesqel {47:23} “En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy
erfdeel gee, spreek die Here HERE.”.
Dit is dus vir my baie duidelik dat alle mans wat by Israel aangesluit
het deur hulleself met ‘n Messiaaanse Joodse gemeente te vereenselwig, besny
word indien dit nie alreeds gedoen is nie. Ek glo egter geensins dat hierdie
vereiste vandag op die Kerk oor die algemeen verpligtend is nie omdat hulle
onversetlik in hulle leerstelling is dat hulle nie Israel is nie, behalwe
natuurlik diegene wat in vervangingsteologie glo en hulle is in elk geval
mislei!
Ons beskik dus hier, volgens my mening, oor ‘n sterk saak ten gunste van
besnydenis. Daar sal egter skeptici wees wat Skrifgedeeltes sal aanhaal waarin
die apostel (shelach) Paulus (Shaul) homself sterk teen besydenis uitspreek,
soos byvoorbeeld hierdie Skrifgedeelte:
Galasiërs / Galitim {5:2} “Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir
julle tot geen nut sal wees nie.”.
Indien daar enige Skrifgedeelte is wat ‘n nie-Jood van besnydenis sal
afskrik, is dit juis dié een. Hierdie Skrif word natuurlik gebruik deur diegene
in die Kerk om besnydenis te ontmoedig, deur te beweer: “Ons val nie langer
onder die Wet nie.”. Die feit is egter dat ons onsself behoort af te vra of
Paulus werklik die woord “besnydenis” in sy geskrifte gebruik het om te verwys
na die teken van die verbond – in die vlees – wat aan Abraham gegee is? Die
antwoord daarop is ‘n besliste nee! Waarom? Omdat Abraham geregverdig was
voordat hy besny is en daarna opdrag ontvang het dat al sy afstammelinge ná hom
besny moes word. Abraham, soos ons weet, was die vader van die Joodse volk en
gevolglik het die besnydenis ‘n teken van die Judaïsme geword.
Judaïsme, soos ons bewus is, het in die tyd van Paulus en selfs vroeër,
enige verbintenis met God verloor en ‘n werkgeörienteerde godsdiens geword.
Paulus was besorg dat sy nuutgevonde bekeerlinge vanuit die nasies (nie-Jode)
wat Messiaanse Jode geword het, beïnvloed sou word en moontlik aangetrokke sou
voel tot die heersende Joodse godsdienstige stelsel van sy dag. Daar was,
trouens, Jode wat volgelinge van Paulus was wat meer gepoog het om nuwe
nie-Joodse gelowiges te oortuig dat hulle nie te volle deel van die verbond van
God was nie tensy hulle amptelik tot Judaïsme bekeer is deur besny te word.
Hierteen was Paulus heftig gekant (dit wil sê bekering tot Judaïsme). Bewys dat
Paulus besnydenis gelyk gestel het aan bekering to Judaïsme, is duidelik uit
die volgende:
Galasiërs / Galitim {2:7} “Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die
onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes”.
Soos ons weet, was Paulus die apostel vir die nie-Jode (die
onbesnedenes) terwyl Petrus (Kefa) die apostel vir die Jode (die besnedenes)
was. Hier sien ons dus dat onbesnedenheid aan nie-Jode gelykgestel word terwyl
besnedenheid aan Jode gelykgestel word.
1 Korinthiërs / Korintim Alef {7:19} “Die besnydenis is niks en die
onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.”.
Paulus kon dit destyds gesê het en ons kan dit nou sê omdat wat hier
bedoel word, is dat dit nie saak maak of jy ‘n Jood of ‘n nie-Jood is nie – die
hoofsaak is dat jy die gebooie wat redding vir sowel Jood as nie-Jood moontlik
maak, onderhou.
Ek vertrou dat dit enige twyfel wat jy moontlik oor besnydenis kon gehad
het, uit die weg ruim.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou