✦

Nakoming van Hierdie Ordinansies

KiTisa
(Wanneer Jy Verhef)


Eksodus {30:22} “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {30:23}  En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes {30:24}  en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en ‘n hin olyfolie; {30:25}  en maak daarvan heilige salfolie, ‘n salfmengsel soos ‘n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees. {30:26}  Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis {30:27}  en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar {30:28}  en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk. {30:29}  So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig. {30:30}  Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien. {30:31}  En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ‘n heilige salfolie wees in julle geslagte. {30:32}  Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees. {30:33}  Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ‘n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.”

God wou nie dat iemand die salfolie, wat deur die priesters gebruik is, reproduseer nie. Die voorgeskrewe formule daarvan was vir hulle uitsluitlike gebruik in hulle diens voor Hom. God was so onversetlik hieroor dat ongehoorsaamheid hieraan die straf van uitroeing uit Sy volk (met ander woorde ekskommunikasie of steniging) sou behels. Die vraag is nou: Ongetwyfeld ken God ons deur-en-deur en besef Hy dat ons in die versoeking kan kom om die olie te reproduseer, indien ons geweet het hoedat dit gemaak moes word. Waarom sou hy dit gedoen het? Eerstens, die feit dat die formule neergeskryf is, weerlê die bestaan van ‘n Mondelinge Tora. Indien God slegs verlang het dat die salfolie vir die uitsluitlike gebruik deur die priesters moes wees en as daar so ’n iets soos ‘n Mondelinge Tora bestaan het, dan sou God dit slegs mondeling aan Moses oorgedra het en hom dit nie laat neerskryf nie! Die formule sou dan deur die eeue mondeling deur die priesters oorgedra word ten einde hoofsaaklik te verseker dat dit nooit nagemaak word nie. Dit is egter nie die geval nie. Hier is die formule duidelik neergeskryf vir enigeen om dit te vervaardig – soos wat ‘n resep vandag vryelik uit ‘n tydskrif afgeskryf kan word.

Hierdie feit maak my baie skepties oor die bestaan van ‘n Mondelinge Tora. Ek impliseer egter hoegenaamd nie dat die versameling van wat vandag as die Talmud bekendstaan, bedrieglik of oneg is nie. Die Talmud bevat baie goeie en bruikbare inligting vir die gelowige in Jesus die Messias. Die grootste daarvan is egter nie eg nie, verwarrend en in sommige gevalle irrasionele gosdienstige tradisies – die tipe waarteen Jesus die Messias gepreek het. Dit is dus my mening dat die Talmud nie as ‘n waardevolle bron vir gelowiges in Jesus die Messias sou dien nie.

Ons weet ook  - aldus die profeet Eségiël – dat ‘n volle funksionerende tempel gedurende die duisendjarige Ryk (die Messias-ryk) gebou sal word. Die salfolie as sulks sal dus weer nodig wees vir die priesters om in die tempel te mag dien. Aangesien iets soos ‘n Mondelinge Tora nie bestaan het nie, het God sekergemaak dat die formule deur Moses neergeskryf word vir die gebruik deur toekomstige geslagte priesters, terwyl die reproduksie daarvan vir enige ander doel verbied is. Die Bybel bevat ‘n kategorie ordinansies, wat “chukkim” genoem word. Chukkim is bonatuurlike beginsels. Dit is Goddelike dekrete, waarvoor die menslike verstand nie by magte is om ‘n rede vir die bestaan daarvan te verstrek nie. Chukkim gaan die menslike verstand en begrip daarvan geheel-en-al te bowe. As gevolg hiervan, oor die kwessie van gehoorsaamheid, verpersoonlik gehoorsaamheid aan die chukkim, die allerbeste en suiwerste weg van aansluiting by God. Dus, onbelemmer deur die beperkinge van die menslike verstand, word hierdie ordinansies vir één rede en één rede alleenlik toegepas: omdat God so gespreek het! ‘n Voorbeeld hiervan is die Kosher (kosher beteken behoorlike of regmatige) – voedselvereistes. Die onthouding van sekere voedselsoorte soos varkvleis of kreef, maak nie sin nie aangesien dit deur ander kulture geëet word, met oënskynlik geen of geringe nadelige gevolge. Toegewyde gelowiges egter, wat die kosher-wette onderhou, kom dit streng na omdat God so gesê het – streng op grond van gehoorsaamheid.

Net soos God die eet van nie-kosher-voedsel verbied het, het Hy ook die namaak van die salfolie-formule, uitsluitlik bedoel vir die gebruik deur die priesters, verbied. Hierdie ordinansie ressorteer dus onder die kategorie van die chukkim. Diegene wat hierdie ordinansies eerbiedig, sal baat deur hulle gehoorsaamheid net soos iemand wat slegs kosher-voedsel eet.

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2012-03-04


Die Mikvah – Die Kern van ‘n Bybelse Samelewing

KiTisa
(Wanneer Jy Verhef)


Eksodus / Shemot {30:17} “En die HERE het met Moses gespreek en gesê: {30:18}  Jy moet ook ‘n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin, {30:19}  dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was. {30:20}  As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ‘n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek. {30:21}  Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.”

Dit is die eerste aangetekende verwysing ooit na ‘n mensgemaakte waskom (mikvah). Die priesters moes hulle hande en voete daaruit was, wat beteken dat hulle die water in die waskom gebruik het om hulself te reinig. Die rede waarom God hulle beveel het om hulself daaruit te reinig, is “… sodat hulle nie sterwe nie;”. Die vraag ontstaan nou egter: wat sou die verband dan wees tussen versuim om met water gereinig te word en om te sterwe?

In talle opsigte is die indoop (t’vilah) in water, die drumpel van onderskeid tussen die onheilige en heilige – maar selfs meer as dit. Die blote indoop in ‘n mikvah, dui op ‘n statusverandering of méér korrek ‘n verandering van aansien. Die ongeëwenaarde werking daarvan lê in die mag van transformasie, die vermoë om ‘n metamorfose te weeg te bring. Byvoorbeeld: vanaf die aanvang van haar menstruasie, is ‘n vrou geag om in ‘n staat van uitsluiting (Nidda) te verkeer. Sy is van haar man afgesonder tot na afloop van haar menstruasie en totdat sy in ‘n mikvah gereinig is. Slegs dan is sy tot geslagsgemeenskap met haar man herenig. In tempeltye is mans en vrouens, wat vanweë rituele verontreiniging van dienslewering uitgelsuit is, ná t’vilah, toegelaat om die tempelberg op te gaan, die huis van God binne te gaan en self by die wydingsofferande betrokke te raak. Nog meer dramaties, kon ‘n proseliet, wat in die mikvah as ‘n nie-Jood gereinig is, as ‘n Jood uit die water kom.

Die gebooie van God word in drie onderskeie kategorieë verdeel:

Strawwe (Mishpatim) – Wette wat die siviele en morele lewe beheer. Dit is logies, geredelik verstaanbaar en algemeen as deurslaggewend en tot handhawing van ‘n gesonde samelewing geag. Voorbeelde van die mishpatim is die veroordeling met betrekking tot moord, diefstal en egbreuk.

Statute (Eidut) – Rituele en rites, wat beste beskryf kan word as bewyslewering. Hierdie kategorie behels die vele godsdienstige handelinge, wat Jode herinner aan historiese gebeure in hulle geskiedenis en dien as erkenning van die vernaamste instellings (gebruike) van die Joodse geloof. Voorbeelde hiervan is die onderhouding van die Sabbat, die vier van Paasfees (Pesach) en die aanbring van ‘n mezuzah aan die deurkosyn.

Ordonansies (Chukkim) – Bonatuurlike beginsels. Dit behels Goddelike verorderinge wat die menslike verstand nie by magte is om te oordeel nie. Chukkim gaan alle beskrywing deur mense intellek en begrip te bowe. Dit is juis onder hierdie kategorie waarin t‘vilah in ‘n mikvah ressorteer, tesame met ander instellings soos die Kosher-wette (Kashrut) en die Rooi Verskalf. Chukkim mitzvot word beskou as die vernaamste, aangesien dit die siel op sy diepste vlak beïnvloed. Onbelemmerd deur die beperkings van die menslike verstand, word hierdie ordonansies om slegs één rede beoefen – gehoorsaamheid aan God se Woord. Eenvoudig gestel, ons onderhou hierdie mitzvot slegs omdat God dit so beveel  het.

Ongeag die feit dat t’vilah in ‘n mikvah vir ons as ‘n misterie voorkom, kan ons nietemin sekere insigte verkry wat ons behulpsaam kan wees om tot ‘n beperkte begrip van die dimensies en implikasies van die t’vilah binne óns t’vilah-ervaring te verkry.

Die konsep van ritueel rein (tamei) en ritueel onrein (tahor), soos in die Torah beveel en in tempeltye toegepas is het geen vergelyking of gelykwaarde in hierdie postmoderne eeu nie. Moontlik is die rede waarom dit vir die hedendaagse Westerse begrip moeilik is om by die begrip aanklank te vind en dit as toepaslik te beskou. In antieke tye, was tamei en tahor van die uiterste belang – dit was die bepalende faktore in ‘n samelewing wat rondom die tempel en gepaardgaande stelsels van offerandes gesentreer het. Die aansien van ‘n persoon – of hy/sy rein of onrein was – was die kern van die Bybelse samelewing. Dit het ‘n persoon se betrokkenheid in alle aspekte van, nie slegs die rituele lewe nie maar inderdaad ook die lewe self, dikteer en beheer. Daar was talryke tipes van onreinheid wat op ‘n persoon se rol in sowel die samelewing as tempeldiens betrekking gehad het. Ofskoon die onreinheid ‘n verskeidenhied reinigingsprosesse behels het, was t’vilah in die mikvah die hoogtepunt van reiniging in elke geval. Selfs vir ‘n persoon wat ritueel rein was, was die proses van verheffing ‘n hoër vlak van geestelike betrokkenheid of heiligheid, deur t’vilah in ‘n mikvah ‘n vereiste. As sulks, was die instelling van t’vilah van die deurslaggewende betekenis in die lewe van enigeen wat in die tempel (Biet HaMikdash) diens verrig het. In ‘n rituele samelewing, wat in ‘n toestand van tahor verkeer het, sou toegang tot die tempel onmoontlik gewees het en korbanot-offerandes dus geheel-en-al nie aangebied kon word nie.

Ons keer dus nou terug tot ons vraag: “Wat sou die verband dan wees tussen versuim om met water gereinig te word en om te sterwe?” Op dieselfde wyse sou die inbring van vreemde vuur in die tempel, tot die dood van Aäron se seuns gelei het – dit geld vir enigiemand anders en dit is vir ons die antwoord. Aäron en sy seuns sou God hoegenaamd nie op sommer enige wyse kon nader nie. Ten einde in Sy teenwoordigheid te kom, moes hulle gereinig wees en verhef gewees het tot ‘n hoër geestelike aansien, wat oënskynlik uitsluitlik deur God se Chukkim van reiniging met water, vervul kon word.


Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2011-02-19

God het alles gedoen

D’var Torah 
Wanneer jy neem – Ki Tisa 

1 Korinthiërs / Korintim Aleph 8:4 – 13

Eksodus / Shemot {32:2} “Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. {32:4} En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.”. 

Dit sou onbegryplik wees om te glo dat so ’n iets ooit vandag kon gebeur het: dat iemand die God van hemel en aarde vir ‘n afgod verruil, maar dit is tog so! Dit kom nie slegs voor onder afgodsdienende heidene of gewone sekulêre mense op straat nie, maar ook onder gelowiges in Jesus die Messias. Ek sal dit netnou verduidelik maar laat ons hierdie verskynsel van nader beskou en sien hoedat dit betrekking het op wat mense vandag doen. 

Die kinders van Israel het so pas die vernaamste gebeurtenis in die hele geskiedenis beleef. God het hulle uit honderde jare se slawerny in Egipte verlos met ‘n uigestrekte arm en magtige tekens en wonders. Hulle het hulle folteraars in die Rietsee sien verdrink terwyl húlle ongehinderd op droë grond daardeur gestap het. Hulle het ervaar hoedat water van bitter na soet verander en voedsel – manna – uit die hemel vir hulle voorsien word. Hierdie mense het alle rede gehad om te glo dat daar ‘n God is en Hy onafhanklik van hulle en ter wille van hulle optree. 

Die kinders van Israel het hoegenaamd niks gedoen om die uittog te bewerkstellig nie; hulle redding van die farao se leër, hulle behoefte aan drinkwater en voedsel is alles deur God voorsien – God het alles gedoen! Maar getrou aan die menslike natuur, hulle trots, móés hulle die eer daarvoor vir hulself toe-eien, móés hulle ‘n afbeelding van ‘n goue kalf vorm eiehandig gemaak en elke wonderwerk, wat plaasgevind het, daaraan toeskryf: aan iets wat HULLE gemaak het. Ongelukkig bestaan hierdie selfde menslike natuur vandag nog. 

Ons het al almal die uitdrukking “iemand wat homself opgewerk het” gehoor. Dit beskryf ‘n persoon wat niks gehad het nie en óf deur harde werk óf skranderheid, homself verhef het om welgesteld te raak. Hierdie uitdrukking is so algemeen omdat ons menslike natuur ons laat glo dat ons oor ons eie lot beskik, dus dwing ons trots ons om al die eer vir ons welslae vir onsself toe te eien. Ek is oortuig daarvan dat ons almal sulke mense teëgekom het, wat spog oor wat hulle al bereik het. 

Ek het by geleentheid ‘n egpaar hoor stry oor geld. Die eggenoot het na aanleiding van sy vrou se verwyte dat hy nie voldoende vir haar sorg nie, kwaai daarop gewys het dat slegs hý gewerk en alles waaroor die gesin beskik voorsien het. Dit, het hy gesê was veel meer as in die geval van meeste ander mense. Hy het aanhoudend daarop aangedring hoedat hý dit behartig en sy niks bygedra het tot wat hulle besit het nie. 

Die feit is egter dat as dit nie vir God was nie, kon ons niks gedoen, verkry of besit het nie. Alles wat ons is en alles wat wat ons het, is deur God voorsien – ons het gevolglik hoegenaamd géén rede om te spog of op iets trots te wees nie! 

Ongelukkig is sulke trots nie net tot ongelowiges beperk nie! Die menslike natuur kry die oorhand oor selfs die beste van diegene wat verklaar dat hulle in ‘n persoonlike verhouding met God verkeer. In die lig hiervan, meen ek dat ons almal hierdie waarskuwing van God ter harte moet neem: 

Deuteronomium / Devarim {8:10} “en jy sal eet en versadig word en die HERE jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het. { 8:11} Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie; {8:12} sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, {8:13} en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder— {8:14} en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; {8:15} wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ‘n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; {8:16} wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen— {8:17} en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. {8:18} Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.”. 

Ek dink dat hierdie Skrifgedeelte alles saamvat! 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Nakoming van Hierdie Ordinansies

4 Maart 2012 
D’Var Torah 
Wanneer Jy Neem / Ki Tisa 


Eksodus {30:22} “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {30:23} En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes {30:24} en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en ‘n hin olyfolie; {30:25} en maak daarvan heilige salfolie, ‘n salfmengsel soos ‘n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees. {30:26} Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis {30:27} en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar {30:28} en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk. {30:29} So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig. {30:30} Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien. {30:31} En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ‘n heilige salfolie wees in julle geslagte. {30:32} Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees. {30:33} Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ‘n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. ”. 

God wou nie dat iemand die salfolie, wat deur die priesters gebruik is, reproduseer nie. Die voorgeskrewe formule daarvan was vir hulle uitsluitlike gebruik in hulle diens voor Hom. God was so onversetlik hieroor dat ongehoorsaamheid hieraan die straf van uitroeing uit Sy volk (met ander woorde ekskommunikasie of steniging) sou behels. Die vraag is nou: Ongetwyfeld ken God ons deur-en-deur en besef Hy dat ons in die versoeking kan kom om die olie te reproduseer, indien ons geweet het hoedat dit gemaak moes word. Waarom sou hy dit gedoen het? Eerstens, die feit dat die formule neergeskryf is, weerlê die bestaan van ‘n Mondelinge Tora. Indien God slegs verlang het dat die salfolie vir die uitsluitlike gebruik deur die priesters moes wees en as daar so ’n iets soos ‘n Mondelinge Tora bestaan het, dan sou God dit slegs mondeling aan Moses oorgedra het en hom dit nie laat neerskryf nie! Die formule sou dan deur die eeue mondeling deur die priesters oorgedra word ten einde hoofsaaklik te verseker dat dit nooit nagemaak word nie. Dit is egter nie die geval nie. Hier is die formule duidelik neergeskryf vir enigeen om dit te vervaardig – soos wat ‘n resep vandag vryelik uit ‘n tydskrif afgeskryf kan word. Hierdie feit maak my baie skepties oor die bestaan van ‘n Mondelinge Tora. Ek impliseer egter hoegenaamd nie dat die versameling van wat vandag as die Talmud bekendstaan, bedrieglik of oneg is nie. Die Talmud bevat baie goeie en bruikbare inligting vir die gelowige in Jesus die Messias. Die grootste daarvan is egter nie eg nie, verwarrend en in sommige gevalle irrasionele gosdienstige tradisies – die tipe waarteen Jesus die Messias gepreek het. Dit is dus my mening dat die Talmud nie as ‘n waardevolle bron vir gelowiges in Jesus die Messias sou dien nie. 

Ons weet ook - aldus die profeet Eségiël – dat ‘n volle funksionerende tempel gedurende die duisendjarige Ryk (die Messias-ryk) gebou sal word. Die salfolie as sulks sal dus weer nodig wees vir die priesters om in die tempel te mag dien. Aangesien iets soos ‘n Mondelinge Tora nie bestaan het nie, het God sekergemaak dat die formule deur Moses neergeskryf word vir die gebruik deur toekomstige geslagte priesters, terwyl die reproduksie daarvan vir enige ander doel verbied is. Die Bybel bevat ‘n kategorie ordinansies, wat “chukkim” genoem word. Chukkim is bonatuurlike beginsels. Dit is Goddelike dekrete, waarvoor die menslike verstand nie by magte is om ‘n rede vir die bestaan daarvan te verstrek nie. Chukkim gaan die menslike verstand en begrip daarvan geheel-en-al te bowe. As gevolg hiervan, oor die kwessie van gehoorsaamheid, verpersoonlik gehoorsaamheid aan die chukkim, die allerbeste en suiwerste weg van aansluiting by God. Dus, onbelemmer deur die beperkinge van die menslike verstand, word hierdie ordinansies vir één rede en één rede alleenlik toegepas: omdat God so gespreek het! ‘n Voorbeeld hiervan is die Kosher (kosher beteken behoorlike of regmatige) – voedselvereistes. Die onthouding van sekere voedselsoorte soos varkvleis of kreef, maak nie sin nie aangesien dit deur ander kulture geëet word, met oënskynlik geen of geringe nadelige gevolge. Toegewyde gelowiges egter, wat die kosher-wette onderhou, kom dit streng na omdat God so gesê het – streng op grond van gehoorsaamheid. 

Net soos God die eet van nie-kosher-voedsel verbied het, het Hy ook die namaak van die salfolie-formule, uitsluitlik bedoel vir die gebruik deur die priesters, verbied. Hierdie ordinansie ressorteer dus onder die kategorie van die chukkim. Diegene wat hierdie ordinansies eerbiedig, sal baat deur hulle gehoorsaamheid net soos iemand wat slegs kosher-voedsel eet. 


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou