Sondag 15 September 2013

Dag van versoening - Yom Kippur

D’Var Torah
Dag van versoening - Yom Kippur


Levitikus {16:1} “En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het; {16:2}  en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel. {16:3}  Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as sondoffer en ‘n ram as brandoffer. {16:4}  Hy moet ‘n heilige linnerok aantrek en ‘n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ‘n linnegordel moet hy hom gord en ‘n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek. {16:5}  En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem. {16:6}  Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen. {16:7}  Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms. {16:8}  En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel. {16:9}  Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei; {16:10}  maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur. ”.

Hierdie is ‘n uiters belangrike Tora-lesing en dit is nie bloot toevalig dat dit oor die dood as sulks handel nie. Yom Kippur handel alles oor die ewige dood, wat, ter inligting van diegene wat nie weet nie, beteken om die ewigheid - van God geskei - in die hel te verkeer. Yom Kippur handel daarenteen ook oor die ewige lewe, wat saam met God in die hemel deurgebring word: vandaar die besondere belang daarvan. In daardie opsig som Yom Kippur dus die behoefte aan verlossing van sonde op en verpersoonlik dit die lewe en werk van ons Messias, Jesus; trouens, die offerande wat op Yom Kippur gebring word, is die enigste offerande - van almal wat dwarsdeur die jaar gewy word - wat vir onopsetlike sonde versoening doen. Dít maak die feit dat Jesus die Messias deur Yom Kippur verteenwoordig word, des te meer begryplik. Kom ons kyk na die betekenisvolle ooreenkoms tussen Yom Kippur en Jesus die Messias, anders as wat hierbo gemeld is betreffende ewige lewe en ewige dood.

Yom Kippur was die enigste dag waarop iemand toegelaat is om die Kadosh Kedoshim (heiligdom) binne te gaan om vir die ganse volk van Israel versoening te doen. Netso moes Jesus die Messias op slegs één spesifieke dag sterf om vir die wêreld versoening te doen - Hy kon dit op geen ander tyd doen nie.

Johannes / Yochanan {7:6} “Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar. {7:7}  Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is. {7:8}  Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.”.

Op Yom Kippur is alleenlik die hoëpriester (Cohen Gadol) toegelaat om die heiligdom binne te gaan om versoening te doen soos eweneens die geval was met Jesus die Messias, ons Hoëpriester.

Hebreërs (Ivrim) {9:11} “Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ”.

Bykomende Bybelse rabbynse onderrig, deel ons mee dat die hoëpriester die lot moes werp om te bepaal watter bok vir die olah-offerande en watter een vir Asásel gebruik sou word. Die betrokke lesing lui soos volg:

“Die Cohen Gadol het sy hande in ‘n klein houtkissie gesteek wat die twee goue looitjies bevat het: één gemerk “vir God” en die ander “vir Asásel”, en dit uitgehaal, één  in elke hand. Hy het dan sy hande in die lug opgesteek om die twee items te vertoon. Daarna het die Cohen Gadol elke lot op die kop van die bok naaste aan daardie hand geplaas en verklaar: “Aan God, ‘n chatot (sonde - ) offerande.”. Die Cohen Gadol het in hierdie verklaring die onnoembare Naam van God gebesig en almal wat daar vergader was, het in antwoord hierop uitgeroep: “Baruch Shem K’vod Malchuto L’Olam Vo’ed (Geseënd is Sy glorieryke Naam vir ewig)” [Mishnah Yoma 37a en 37b] - Vry vertaling.

Dit is ook daarop gewys dat die bok wat “God se bok” genoem is se looitjie toevallig altyd in die Cohen Gadol se regterhand en dié “vir Asásel” in sy linkerhand voorgekom het. Jesus die Messias is natuurlik deur albei bokke verteenwoordig. Die Cohen Gadol het dan die heiligdom binnegaan met die bloed van “God se bok” en dit oor die Kapporet gesprinkel op die Asásel-bok het die sonde van Israel gerus en is dit in die wildernis losgelaat, by ‘n krans afgegooi en het doodgegaan. Insgelyks het Jesus die Messias die sonde van die wêreld op Sy skouers gedra en is buite die mure van Jerusalem geneem en doodgemaak. Boonop, aangaande die bloed, deel die boek Hebreërs ons mee: 

Hebreërs / Ivrim {9:12} “ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.”.

Die konsep van “God se bok”, waar die looitjie in die Cohen Gadol se regterhand voorgekom het, is dit ook betekenisvol in soverre Jesus, met Sy hemelvaart, aan die regterhand van die Vader (YHVH) gaan sit het.

Hebreërs {12:2} “ie oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. ”.

Yom Kippur handel alles oor Jesus; al die feesdae / bepaalde tye (Moedim) het op Jesus die Messias betrekking. Wanneer ons dus ‘n feesdag vier of eerbiedig, vier en eerbiedig ons Jesus die Messias, ons Kapporah.

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou                                                                                                                                                                                                                                                 



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking