Noag – Noach
Genesis / Bereshit {6:13} “En God sê vir Noag:
Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur
hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
{6:14} Maak vir jou ‘n ark van
goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik
bestryk. {6:15} Só moet jy dit maak: drie
honderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.
{6:16} ‘n Opening moet jy aan die ark
maak; en op die maat van ‘n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur
van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met ‘n onderste, tweede en derde
verdieping maak. {6:17} Want kyk, Ék
bring ‘n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees
waar ‘n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe. ”.
Ek meen
dat baie mense deur die voorbeeld van gebeure wat in die eindtyd sal plaasvind,
verwar word. Ek kan egter geensins beweer dat my begrip daarvan korrek en
finaal is nie, want soos alle ander mense moet ek die Skrif na die beste van my
vermoë volgens die Skrif vertolk.
In
vandeesweek se parasha lees ons dat vanweë die geweld en korrupsie op aarde in
Noag se tyd, God besluit het om alle vlees deur ‘n vloed te verdelg. Noag en sy
onmiddelike gesin was die enigste mense wat toegelaat is om te oorleef. Ofskoon
God gewalg is deur die geweld wat op aarde plaasgevind het, was Hy nog nie
klaar met die mensdom nie: die satan se invloed oor die mensdom moes
geëlimineer word en net soos God die demoniese gode van Egipte (Mitzrayim) in
die oë van die wêreld oorwin het, moes Hy die satan verslaan en verneder ten
einde vir die ganse mensdom redding te verseker. Die vloed het sy taak volbring
in Noag se tyd en alle vlees wat op aarde oorgebly het, het gesterf. Toe die
waters egter gesak het, is die ark oopgemaak en die oorlewende mense en diere
het uitgegaan om die aarde te vul. Dit was op daardie tydstip wat God die
volgende belofte gemaak het:
Genesis / Bereshit {9:11} “En Ek rig my verbond
met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei
sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
{9:12} En God het gesê: Dit is die teken
van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by
julle is, vir ewige geslagte: {9:13} my
boog gee Ek in die wolke; dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en
die aarde. {9:14} As Ek dan wolke oor
die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke, {9:15} dan sal Ek dink aan my verbond wat daar
bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die
waters sal nie meer ‘n vloed word om alle vlees te verdelg nie. ”.
Hierbenewens
het God ook belowe om nooit weer alle vlees van die aangesig van die aarde te
verdelg nie.
Genesis / Bereshit {8:21} “En die HERE het die
lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder
nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens
se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens
tref soos Ek gedoen het nie. {8:22} Van
nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en
winter, dag en nag nie ophou nie.”.
Die
sleutelwoorde hier is: “Van nou af…”
Wanneer
Jesus na die aarde terugkeer en onder ons kom woon, sal die mense, as vlees en
been, steeds die aarde bewoon. Gelowiges in Jesus die Messias, wat vóór Jesus
se wederkoms, gelowig geword het, sal selfs indien hulle alreeds gesterf het,
opgewek word en sowel die dode in Jesus die Messias as diegene wat dan nog
gelewe het, sal verheerlikte liggame ontvang – baie soos wat Jesus met Sy
opstanding gehad het.
1 Johannes / Yochanan Alef {3:2} “Geliefdes, nou
is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar
ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien
soos Hy is. ”.
Ná die
duisendjarige ryk van die Messias op aarde, sal die satan, wat in die hel
weggesluit is, weereens vrygelaat word om die nasies te verlei.
Openbaring / Hitgalut {20:3} “en hom in die
afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie
meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n
kort tydjie ontbind word. ”.
Geweld
sal weereens die aarde vervloek soos wat die satan en sy demone oor die aarde
losgelaat word, totdat God die aarde veroordeel deur Sy verterende vuur.
Hebreërs / Ivrim {12:29} “Want onse God is ‘n
verterende vuur. ”.
Openbaring / Hitgalut {20:14} “En die dood en
die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
{20:15} En as dit bevind is dat iemand
nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur
gewerp. ”.
Dit is
dan wanneer God alle dinge tot hulle Adam-en-Eva (Chava) toestand, dit is vóór
die val, sal herstel toe daar geen sonde was nie, die mens nie van vlees en
been was nie en die Tuin van Eden (Gan Eden) herstel sal word.
Openbaring / Hitgalut {21:1} “En ek het ‘n nuwe
hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het
verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. ”.
Vanaf
hierdie tyd en tot in ewigheid sal die mens oor slegs verheerlikte liggame
beskik en die aarde sal nie langer deur sonde geteister word nie.
1 Korinthiërs / Korintim Alef {15:50} “Maar dit
verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe
nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. ”.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking