D’Var
Tora
Jetro –
Yitro
Matthéüs / Mattityahu {18:7} “Daarop gaan Moses
uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na
mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan. {18:8} Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat
die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al
die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos
het. {18:9} En Jetro het hom verheug oor
al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van
die Egiptenaars verlos het. {18:10}
Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand
van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van
die Egiptenaars uit verlos het. {18:11}
Nou weet ek dat die HERE groter is as al die gode, naamlik in die saak
waarin hulle vermetel was teen hulle. ”.
Iets van besondere belang het hier plaasgevind. Moses het sy getuienis
met sy skoonvader gedeel en dit wat hy hom vertel het, het ‘n positiewe
uitwerking op sy lewe gehad, in soverre dat Jetro God verheerlik en erken het
dat Hy groter as al die gode was. Dit was alles op grond van wat Moses met hom
gedeel het.
Ek vertrou dat dit aan ons die belangrikheid van ons getuienisse toon.
Meeste mense deel slegs die moeilike tye wat hulle in hul lewens ondervind het.
Hulle ontbied hul rabbi en vriende, stuur e-posse aan almal wat hulle ken en
versoek hulle om te bid vir hulle in hul besondere nood. Ek ontvang e-posse van
mense wat versoek dat daar op ‘n gereelde grondslag vir hulle gebid word en
omdat niks daarmee verkeerd is nie, bid ek wel vir hulle, maar ontvang selde
opvolg e-posse om verslag te doen oor die resultate en doeltreffendheid van al
die gebede.
Ek bid graag vir mense – dit is werklik ‘n seën. Ek weet dat wanneer ek
vir iemand anders se nood bid, God my gebede vir my behoeftes sal verhoor. Ek
is oortuig daarvan dat Hy my gebede sal verhoor op grond van Sy liefdevolle
goedheid en genade, maar bo alles volgens Sy wil. Om te verneem van al die
droefheid, siektes en probleme wat mense in hulle lewens ervaar, is egter nie
juis opheffend en bemoedigend nie.
Die teenoorgestelde is die geval wanneer ek getuienisse oor
lofprysing-verslae ontvang. Wanneer ek verneem hoedat God iemand seën of genees
het van ‘n kwaal of siekte of hoe Hy hulle op ‘n besondere wyse geseën het,
hulle beskerm, vir hulle voorsien of vir hulle ‘n wonderwerk laat plaasvind
het, ervaar ek algehele opheffing en bemoediging. Net soos Jetro, seën ek God
(Ad-nai) vir wat Hy gedoen het en verheug ek my oor die persone wat hulle
getuienisse deel.
Die feit is om te verneem hoedat God in ander mense werk en hulle seën,
bemoedig my in my gebede en in my verwagtinge van die Here. Ek wéét dat wat Hy
vir ander doen, Hy ook vir my sal doen. Selfs al het ek nog nie my persoonlike
deurbraak of wonderwerk ervaar nie, word ek steeds geïnspireer deur wat Hy vir
ander gedoen het en dit ondersteun my in my geloof.
‘n Positiewe getuienis is ook van groot waarde in evangelisasie –
byvoorbeeld Jetro se reaksie op Moses se getuienis.
Eksodus / Shemot {18:11} “Nou weet ek dat die
HERE groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was
teen hulle. ”.
Ons leef in ‘n wêreld sonder hoop. Die aansporings woord vandag is:
“Leef vir die oomblik” en omdat soveel mense hierdie houding inneem, is daar
geen positiewe uitsig op die toekoms nie. Hoe bemoedigend moet ‘n positiewe
getuienis van watter groot dinge God in jou lewe verrig nie vir iemand wees wat
die Here nie ken nie. Moontlik kan dit sulke mense aanspoor om hulle Heer en
Redder netso goed te ken.
As gelowiges in Jesus die Messias, ondervind almal van ons wonderwerke –
sommige gering, ander groot – in ons lewens. God werk konstant in ons lewens;
waarom dan nie met ander deel wat Hy in jóú lewe doen en hulle bemoedig met wat
Hy vir jóú doen, Hy ook vir hulle kan doen nie?
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking