D’Var
Torah
Offerande
– Terumah
Eksodus / Shemot {25:8} “Ook moet hulle vir My
‘n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. {25:9} Volgens alles wat Ek jou laat sien—die
voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort—so
moet julle dit maak. ”.
Voordat
ek ‘n Messiaanse Rabbi geword en terwyl ek daarvoor studeer het, was ek ‘n
algemene boukontrakteur. As sulks het ek kontrakte aanvaar om huise te bou
asook ander geboue vir verskeie eienaars. Gewoonlik het die eienaar dan ‘n
argitek aangewys, wat die planne volgens die eienaar se persoonlike voorkeur en
behoefte moes opstel. Vanselfsprekend sou die argitek seker maak dat alles in
ooreenstemming met plaaslike- en staatsvereistes voldoen. Alvorens ek ‘n
kontrak om te bou, aanvaar het, het ek die planne noukeurig bestudeer en dan ‘n
prys, gegrond op die argiteksontwerp en spesifikasies, bereken. Dikwels, met
die argitek op die bouterein, is ek ook gehuur vir die vervaardiging van
presies gespesifiseerde komponente vir die gebou, byvoorbeeld vensters, deure,
vloeroppervlaktes en sekere afwerkings wat uitgevoer moes word. As kontrakteur,
was dit my verantwoordelikheid om alles wat deur die argitek gespesifiseer is,
noukeurig uit te voer. Indien ek dit sou nagelaat het, was ek verplig om wat
ookal foutief geïnstalleer was, te verwyder en op my eie koste met die regte
item te vervang. Soms was ‘n produk deur die argitek gespesifiseer nie
beskikbaar nie of het die afleweringsdatum vanaf die vervaardiger ‘n vertraging
van die projek veroorsaak. Dan moes ek na die argitek teruggaan en in die
teenwoordigheid van die eienaar, ‘n alternatiewe produk oorweeg of ‘n kompromie
aangaan. Boonop omdat nie alle argitekte altyd oor die nodige ondervinding
beskik nie, sou ek toevallig tydens die konstruksie ‘n teenstrydigheid in die
planne agterkom – iets wat op papier moontlik was maar nie in die praktyk nie.
Hieroor sou ek ook weer die argitek en eienaar moes raadpleeg om die nodige
veranderings aan te bring. Ongeag die omstandighede, was één ding wat ek nie
kon waag nie, om enigsins van die planne af te wyk, alvorens die argitek en
eienaar vooraf geraadpleeg is nie. Die voltooide gebou moes presies ooreenstem
met die ontwerp en presies funksioneer soos wat die argitek en eienaar dit
voorgestel het.
In die
geval van die tempel, was God sowel die argitek as eienaar. Ek kan dus ten
volle begryp dat Moses God se planne tot in die fynste besonderhede moes nakom,
sonder om enigsins daarvan af te wyk. Die voltooide tempel moes presies lyk en
funksioneer soos wat God dit ontwerp het. Nie eers ‘n enkele kleur kon vervang
word nie. Die rede hiervoor was dat alles betreffende die tempel, Jesus die
Messias verteenwoordig het.
Hebreërs / Ivrim {12:12} “die oog gevestig op
Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof …”.
Op grond
van hierdie Skrifgedeelte, aanvaar ek dat God sowel die argitek as bouer
(algemene kontrakteur) van ons geloof is. As sulks het Hy ons lewens tot in die
fynste besonderheid ontwerp en presies gespesifiseer wat sal of sal nie in ons
konstruksie (wat Hy ons sal bou om te wees) gebruik word nie. Hy het ons
ontwerp en gebou tot wat ons eindelik sal word.
Jesaja / Yeshayahu {64:8} “Maar nou, HERE, U is
ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk
van u hand. ”.
Jy mag
miskien onder die indruk verkeer dat dit slegs van toepassing is op diegene wat
Jesus die Messias as hulle Here en Redder aanvaar het, maar dit is nie die
geval nie. Dit geld ten opsigte van elke mens, soos uit hierdie Skrifgedeelte
blyk:
Romeine / Romim {9:21} “Of het die pottebakker
nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die
ander tot oneer te maak nie? ”.
God maak
sommige mense eerbaar en ander nie. Dit is moeilik om te verstaan en selfs
moeiliker om te aanvaar dat ons volgens God se besluit sal word presies soos
wat Hy ons ontwerp het om te wees: gered of ongered, goed of sleg. Omdat ons
boonop nie aan onsself behoort nie maar teen ‘n prys deur die bloed van Jesus
die Messias losgekoop is, het ons hoegenaamd geen seggenskap in die uitkoms
nie. Ons het egter ‘n God wat ons met ewige liefde liefhet, ‘n God wat vir ons
gesê het:
Jeremia / Yirmeyahu {29:11} “Want Ék weet watter
gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie
van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. ”.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking