Maandag 17 Februarie 2014

Geseënd om gered te wees

D’Var Torah
Berekenings / Pekude


Eksodus / Shemot {38:21}  “Dit is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.”.

Soos wat ‘n mens verder in hierdie Skrifgedeelte lees, besef jy dat die kosteberekening, wat verstrek word, beperk is. Nie alles wat vir die konstruksie van die tabernakel (Mishkan) gebruik is, was bereken nie – dit wil sê, al die onverwerkte materiaal, wat in die oprigting daarvan gebruik is. Ons het ‘n gedetaileerde berekening van die gewig van die goud, silwer en koper wat benodig is, maar geen presiese hoeveelhede van hout, edelgesteentes of weefstof word verstrek nie. Ek glo nie dit was te wyte aan ‘n oorsig aan die kant van God of Moses nie. Ek twyfel ook nie daaraan dat hierdie Skrifgedeelte bedoel is om ‘n werklike oudit van die boeke te wees nie. Na aanleiding va die lysting van die goud, silwer en koper, lei ek af dat God slegs die mees kosbare verbruiksartikels opgenoem het, want soos vandag, was dit ook in Moses se tyd waardevolle metale.

Neem byvoorbeeld die goud; bykans 1,930 pond goud was in die konstruksie van die tempel gebruik. Daar is sestien onse in ‘n pond wat sout uitreken op 30,880 onse goud. Met inagneming van die huidige Amerikaanse prys van goud van ongeveer $1,260 per ons, sou dit beteken dat $ 38,908,800 Amerikaanse waarde van goud vir die tempel gebruik is. ‘n Mens mag wel sê dat die goudwaarde tóé aansienlik minder was, as wat dit nou is, maar dit moet in gedagte gehou word dat alles relatief is en dat dit gevolglik vir hulle net so ‘n astronomiese bedrag was, as wat dit nou vir ons is. Indien die waarde van die silwer en koper hierby ingereken word, is ‘n geweldige groot bedrag in die tempel belê. Wat egter interessant is, is dat elke ons goud, silwer en koper vrywilliglik deur die Egiptenaars aan die kinders van Israel gegee is, vóór hulle vertrek uit Egipte. Die Egiptenaars is nie deur die Hebreërs geplunder soos ‘n vyand in oorlog geplunder word nie. God het dit op die harte van die Egiptenaars gelê om dit te oorhandig en die kinders van Israel om dit te vra.

Eksodus / Shemot {11:2} “Sê tog voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis. {11:3}  En die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.”.

Dit herinner my aan ‘n profesie van duisende jare tevore deur die profeet Jesaja:

Jesaja / Yesayahu {61:1} “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; {61:2}  om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; {61:3}  om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking. {61:4}  En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag. {61:5}  Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees. {61:6}  Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem. ”.

Benewens die profesie in dié verband, het hy ook geskrywe:

Jesaja / Yesayahu {60:5} “Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.  {60:11} En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog. ”.

Voorwaar wonderlike profesieë! Die feit is egter dat dit wel gebeur en reeds gebeur het sedert die totstandkoming van die staat Israel. Die Joodse volk wat oor die wêreld heen versprei is en voorspeod geniet het in die lande waarin God hulle gevestig het, stuur die rykdom van volkere na die land. Met die toenemende vervolging en anti-Semitisme dwarsoor die wêreld, immigreer Jode na Israel en bring die rykdom van volkere saam met hulle. Evangeliese Christene, veral uit die Verenigde State, het dit op hulle geneem om Israel finansieel te ondersteun. Ek weet van ‘n Joodse bediening in Israel wat feitlik geheel-en-al deur Christene ondersteun word tot die jaarlikse bedrag  $ 55 miljoen.

Dit hou nooit op om my te verstom hoedat ons God te werk gaan nie! Hy is dieselfde: gister, vandag en tot in alle ewigheid. Ek is só geseënd  om wedergebore en gered te wees!

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking