Maandag 24 Februarie 2014

As Jesus God is

D’Var Torah
En Hy het geroep – Vayikra


Levítikus / Vayikra {4:27} “En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word; {4:28}  of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het; {4:29}  en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer. {4:30}  Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; {4:31}  en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word. {4:32}  Maar ingeval hy ‘n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ‘n ooi wees sonder gebrek wat hy bring; {4:33}  en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag. {4:34}  Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; {4:35}  en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. ”.

Ek dink hierdie Skrifgedeelte is baie duidelik. Daar bestaan geen twyfel nie dat indien iemand sondig deur ongehoorsaamheid aan enige van die gebooie van die Here, dan is hulle in Sy oë skuldig en moet berou betoon en vervolgens boete doen deur die bring van ‘n offer ten einde vergifinis te ontvang. Dit is egter interessant dat die kerk oor die algemeen hierdie Skrifgedeelte weerspreek deur te beweer dat daar met die Tora weggedoen is. Ek vind dit moeilik om te aanvaar en wonder selfs hoe redelike, intelligente Christene wat die Bybel lees, dit kan glo!

Meeste kerkbywonende Christene glo dat Jesus inderdaad God is, wat Homself in die vlees gemanifesteer het om vir die sonde van die wêreld te boet. Ek aanvaar ook dus geredelik dat die ingewikkelde stelsel van diere-offers as versoening vir sonde nie langer is nie. Jesus, wat die plek van diere ingeneem het, het Self ons soenoffer geword. Deur Hom en Sy dood aan die kruis, het ons vergifnis ontvang, op voorwaarde egter dat ons berou het en om vergifnis bid. Ons (die kerk en ekself) stem in daardie opsig ooreen. Ofskoon die proses om vergifnis van sonde verander het – van diere tot Jesus – is daar niks wat aandui dat dít wat God as sonde ag, verander of mee weggedoen is nie. Laat my toe om te verduidelik.

Indien die Christelike kerk geredelik aanvaar dat Jesus God is, hoe bring hulle hierdie Skrifgedeeltes in ooreenstemming met mekaar?

Jakobus / Ya’acov {1:17} “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. ”.

Duidelik bevestig Jakobus hier dat die Vader (God) nooit verander nie. Ons lees verder:

Hebreërs / Ivrim {13:8} “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”.

Hierdie Skrifgedeelte sou nie moeilik wees om te aanvaar nie aangesien Jesus God is en Hy, soos die Vader, nooit sal verander. In daardie opsig, terwyl Jesus dus God in die vlees gemanifesteer is, sou dieselfde gebooie wat van die Vader kom, ook Sy gebooie wees, korrek? Dit sou beteken dat toe Jesus die volgende gesê het, Hy na die Tora (die Wet van God) verwys het.

Johannes / Yochanan {15:10} “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.”.

Die Vader se gebooie is natuurlik die Tora, want welke ander gebooie is van God afkomstig? Daarbenewens is daar in die Skrif hoegenaamd geen bewys wat daarop dui dat Jesus enige van die Tora gebooie oortree het nie; trouens, Hy het vir ons gesê:

Matthéüs / Mattityahu {5:18} “Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. ”.

Sonder twyfel kon Jesus dit sê omdat Hý die Een was wat die Tora voorsien het. Boonop, waarna Hy verwys wanneer Hy sê: “… totdat alles gebeur het …”. – dus die totstandkoming van die nuwe hemel en nuwe aarde.

Openbaring / Hitgalut {21:1} “En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. {21:2}  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. {21:3}  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. {21:4}  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. {21:5}  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. {21:6}  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.”.

Die feit dat Jesus verwys het na die tyd van die nuwe hemel en nuwe aarde, word deur hierdie Skrifgedeelte bevestig:

Openbaring / Hitgalut {21:22} “En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.”.

Studeer dus om jouself as goedgekeur te toon. Amen


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking