Dinsdag 11 Februarie 2014

Die altaar vir verbrande offerandes (Mitzbayach) en Jesus die Messias

D’Var  Torah
En Hy het versamel – Vayakhel


Eksodus / Shemot {38:1} “Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte. {38:2}  En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek. {38:3}  Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak. {38:4}  Ook het hy vir die altaar ‘n traliewerk gemaak, ‘n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar. {38:5}  En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute. {38:6}  En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.”.

Die tempel in sy geheel is ‘n beeld van Jesus die Messias. Ek het die altaar vir verbrande offerande uitgesonder om vir julle te verduidelik – sonder enige besondere rede, as wat dit my aandag getrek het.

Die betrokke altaar is ‘n beeld van Jesus die Messias aan die teregstellingspaal (kruis) terwyl die horings van die altaar God se mag en God se genade simboliseer. In die Skrif vind ons dat wanneer iemand sy hande op die altaarhorings lê, so’n persoon beveilig en begenadig is.

1 Konings / Malachim Alef {1:50} “Maar Adónia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou. {1:51}  Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adónia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.”
.
Baie mense glo foutiewelik dat die Hebreeuse Skrifte (Tanach) betrekking het op God se oordeel, terwyl die Hernieude Verbond (Brit Chadasha) op God se genade betrekking het. Hier, met die doel en betekenis van die altaarhorings, sien ons dat dit inderdaad nie waar is nie, want die genade van God het in die Hebreeuse Skrifte begin en is eenvoudig in die Hernieude Verbond voortgesit.

Horings is die vernaamste aanvals- en verdedigingswapens aan diere wat God aan hulle voorsien het, maar wanneer in die Skrif daarna verwys word, word dit aangewend as ‘n sinnebeeld van God se krag.

Psalm / Mizmot {18:2} “Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.”.

Dit is die rede waarom die bloed van die dier wat geoffer is, op die altaarhorings aangebring moes word. Dit is juis deur die bloed en vanweë die krag en genade van God, dat ons gered word.

Die uiteenlopende offers wat op die altaar aangebied is, verteenwoordig die verskillende aspekte van Jesus die Messias se sterwe aan die kruis; trouens, in daardie opsig het God niks buite rekening gelaat nie. In hulle eenvoudigste vorm, is dit die volgende:
Die (Chatat) sonde-offer – ‘n algemene offerande vir die sonde van die kinders van Israel, wat ‘n allesomvattende offer vir vrymaking was. Die doel en effek van die sonde-offer is verduidelik as synde die vergifnis van sonde (Levitikus / Vayikra {12:8}).

Die oortredingsoffer – wat betrekking gehad het op ‘n mens se sonde teen sy naaste, dit wil sê anders as die sonde-offer wat betrekking op ‘n mens se sonde teen God was. Basies, het die oortredingsoffer, sonde in verband met die menslike afdwaling van God se weg behels.

Die Olah- (verbrandings-) offerande – was ‘n offerande van algehele toewyding van die mens aan God. Dit het aan ‘n mens formeel toegang tot die teenwordigheid van God verleen. Anders as die ander offerandes, is die dier – behalwe vir die vel – geheel–en-al deur vuur op die altaar verteer. Hierdie offerande het die mens se totale oorgawe aan God gesimboliseer.

Die graanoffer – dit het God as ons Bron erken. Dit het erkenning aan die soewereiniteit van God en Sy mildadigheid – deur al Sy seëninge vir voorsiening – oor ons, verleen.

Die vredesofferande – die vrede is geskenk uit dankbaarheid vir die vrede van God – nie noodwendig slegs vrede onder die ampsdraers nie maar algehele vrede, wat terloops die eindresultaat van al die ander offers is.

Jesus verteenwoordig hierdie offers altesaam en dit het Hy gedoen deur homself as die finale offerande aan te bied. Deur Sy sterwe ten enemale aan die kruis. Maar net soos die offers op sigself nie effektief was tensy dit gepaard gegaan het met ‘n berouvolle hart en geloof in Gods Woord nie, so ook is ons aanvaarding van Jesus die Messias as óns finale offer, ook oneffektief tensy dit met ‘n berouvolle hart en geloof in die Woord van God gepaardgaan.

Psalm / Mizmot {51:16} “Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. {51:17} Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! ”.

Indien jy in Jesus die Messias glo, gaan dit met berou in jou hart en geloof in Gods Woord gepaard in jou aanvaarding van Jesus die Messias as jou Here en Redder?


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking