Dinsdag 17 Junie 2014

God ontmasker die bedrieërs

D’Var Torah
Korag / Korach


Númeri / Bamidbar {16:5} “en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.”.

My eggenote en ek is tans in ons 19de jaar van bediening hier by die Gemeente Melech Yisrael. Gedurende hierdie tyd het ons vele mense sien kom en gaan, met die gevolg dat ons dikwels gevoel het asof dit bloot ‘n treinstasie was waardeur mense onderweg na ander Messiaans-Joodse gemeentes beweeg het. Die feit is, trouens, dat daar in heelwat nuwer gemeentes mense is wat voorheen hier aanbid het maar om een of ander rede vertrek het. Ons is egter seker dat elkeen wat na Melech Yisrael gekom en vir ‘n bepaalde tyd gebly het, ons telkens meegedeel het hoedat hulle ons gevind het en die seën wat hulle ervaar het om eindelik so geestelike tuiste te vind.

Die rede waarom ek hierna verwys, is omdat my eggenote en ek oor die jare heen ‘n patroon en wyse gevind het om die egtheid van mense se harte teenoor God en ons te ontbloot. Soos reeds gesê, kom elkeen met opgewondenheid en groot verwagtings hier aan en solank hulle nie moeilikheidmakers blyk te wees nie, verwelkom ons hulle met ope arms. ‘n Verskynsel wat ons nog altyd by sulke nuwe aankomelinge ervaar het, is hulle toewyding aan God, toewyding aan die bywoning by die kehila, getrouheid met hulle tiendes en diens. Ons, daarenteen, volstaan met die Bybelse riglyn:

1 Timótheus / Timoteos Alef {5:22} “Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.”.

Die toepassing van hierdie riglyn was vir ons nog altyd baie doeltreffend in soverre dat ons enigiets van ses maande tot twee jaar wag voordat ‘n nuwe lidmaat by ‘n bediening hier by die kehila betrek word. Die duur van die wagperiode word bepaal deur die tipe bediening waarby so ’n persoon betrek sal word. Indien daar dus enige teenstrydigheid in die persoon se lewe is, sal dit teen daardie tyd reeds geblyk het. In die geval van sommige mense mag dit moontlik langer neem as met ander maar volgens ons Skrifgedeelte uit parasha Korag, trek God die opregte aanbidders nader aan Hom en verwerp Hy diegene wat hulle eie agendas het.

Dit gebeur tog soms dat sommige mense selfs ná die tweejaar-wagperiode ons bedrieg. Ons het egter één onfeilbare metode gevind deur noukeurig te let op die betroubaarheid, getrouheid en toewyding van ‘n persoon wanneer hy in ‘n bediening geplaas word. Ons het ondervind dat sodra ‘n persoon werklik in ‘n bediening geplaas word, hy óf faal en begin terugsak. Interessant genoeg is wanneer iemand homself in die terugsakkingsproses bevind, hy nooit die fout by homself soek nie maar altyd by ons.

Was dit nie ook die fout met Korag en sy groep nie? God het aan hulle, as Leviete, ‘n verhewe posisie onder die kinders van Israel verleen, maar in hierdie gesagsposisie, wat ‘n mens sou verwag dat hulle meer lojaal en toegewyd in hulle diens aan God en Moses moes wees, het hulle begin terugsak en rebelleer. Interessant genoeg het ook hulle nie hulself blameer nie, maar die blaam op ander geplaas.

Númeri / Bamidbar {16:3} “En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE? ”.

Korag en sy groep het ‘n spirituele vervlakking ondergaan en dit blyk asof dit ontstaan het deurdat hulle hulsef in ‘n leierskapsposisie bevind het; ‘n effek van leierskap, soortgelyk aan wat ons hier by Melech Yisrael ondervind nadat iemand in ‘n leierskapsposisie geplaas is.

Mense is geneig om twee uiteenlopende gesigte voor te hou: één wat hulle graag wil hê jy moet sien maar ‘n ander wat metterheid deur hulself openbaar word. Is ons nie geseënd dat God diegene wat Hy uitverkies na Hom toe trek en die bedrieërs verwerp en onthul nie!


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking