Chayei Sarah
(Sara Het Gelewe)
Genesis / Bereshit {23:7} "Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het; {23:8} en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by Efron, die seun van Sohar, {23:9} dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek ’n graf onder julle mag besit. {23:10} En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het: {23:11} Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode. {23:12} Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig {23:13} en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe."
Ek is daarvan oortuig dat ons almal al die gesegde gehoor het:”Jy mag niks ontvang vir niks” en dit wil voorkom asof Abraham met dié uitdrukking bekend was. Hy het waarskynlik besef dat alles teen ‘n prys kom en al het dit miskien gunstig geklink, “Ontvang jy niks vir niks”. Om hierdie rede, glo ek, het hy daarop aangedring om Efron te betaal vir die plek om Sara te begrawe. Moontlik het hy vermoed dat om dit vry te ontvang, daar iets verborge ter sprake sou wees. Soos ons weet, was dit nie die eerste keer dat Abraham geweier het om iets vir niks te ontvang nie.
Genesis / Bereshit {14:21} "En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.{14:22} Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde, {14:23} dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak. {14:24} Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem."
In hierdie geval het Abram - soos hy vroeër bekend gestaan het - in werklikheid dít verdien waarvoor hy geveg en as oorlogsbuit gewen het. Selfs toe, wou Abram niks vir niks ontvang nie. Interessant genoeg is dit ‘n baie goeie beginsel en iets wat ons almal behoort na te streef omdat die realiteit is dat ons niks vir niks ontvang nie, of ontvang ons wel iets?
Efesiërs / Efesos {2:8} "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; {2:9} nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."
Ons is almal terdeë bewus dat redding ‘n vrye gawe is, ons verdien dit nie en ons hoef niks te doen om dit te verkry nie (anders as om dit vry van God te ontvang nie). Is daar egter selfs aan die vrye gawe van redding enige voorwaardes verbonde? Kan ons die gesegde van “jy ontvang niks vir niks” op die beginsel van redding toepas? Dit mag jou verbaas om te verneem: Ja,ons kan! Redding is slegs die eerste stap in ons persoonlike verhouding met God en natuurlik die mees belangrike stap, maar dit eindig nie daar nie. Die apostel Paulus deel ons soos volg mee:
Fillipense / Pilifim {2:12} "Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;"
Daar is ‘n aantal vereistes nadat ons die vrye gawe van redding van die Here ontvang het; daaronder is om te sterf aan die self en die juk van Jesus die Messias op ons te neem. Indien ons ooit daarin wil slaag om ons eie redding uit te werk met vrees en bewing, dan is dit noodsaaklik om aan die self te sterf. Om aan die self te sterf, behels dat ons persoonlike behoeftes en vleeslike begeertes opsy geskuif word en ons lewens leef wat geheel-en-al onderworpe is aan die behoeftes van Jesus die Messias. Dit sal insluit om ‘n God-gesentreerde lewe te lei, met ander woorde, om God altyd eerste te plaas: vóór familie, vriende, werk, sport, en besittings.
Matthéüs / Mattityahu {11:29} "Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; {11:30} want my juk is sag en my las is lig."
Wat het Jesus bedoel met hierdie stelling? Ek glo dat Hy met die “ligte juk”, na die Tora verwys het. My rede hiervoor is tweeledig. Eerstens sê Jesus:
Johannes / Yochanan {14:15} "As julle My liefhet, bewaar my gebooie."
Soos ons weet, is Jesus die Messias God in die vlees. As sulks sal Sy gebooie Tora wees. Om hierdie feit verder te boekstaaf, sê Jesus vir ons:
Matthéüs / Mattityahu {22:37} "En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. {22:38} Dit is die eerste en groot gebod. {22:39} En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."
Deur dit te sê, het Jesus daarna verwys deur die hele Tora te vereer. Die eerste gebod wat hy vermeld het, omvat al die onderrig van die Tora, in besonder die mens se verhouding tot God. Die tweede gebod, wat Hy vermeld het, dek al die Tora - onderrig in besonder die mens se verhouding tot sy naaste. Deur hierdie twee gebooie uit te lig, het Jesus ons beveel om die hele Tora te onderhou. Die juk waarna Jesus in Matthéüs {11:20} verwys,verwys ook na die Tora. Hieruit kan ons dus afsluit met:
Deuteronomium / Devarim {30:10} "as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel. {30:11} Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. {30:12} Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? {30:13} Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? {30:14} Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen."
Gevolgtrekking: God se karakter word deur Sy Tora aan ons openbaar en as gelowiges in Jesus die Messias behoort ons daarna te streef om soos Hy te word; Sy karakter aan te neem. Die enigste manier om dit te doen, is om Hom daadwerklik in ons lewens in te sluit, wat beteken dat die Tora op ons harte (Jeremia {31:33}) geskryf moet wees. Daarom kom redding - al is dit ’n vrye gawe - met verantwoordelikhede! Wanneer ons eenmaal gered is, word van ons verwag om ons redding uit te leef deur die daadwerklike insluiting van die Tora in ons lewens asook deur die juk van Jesus te aanvaar, wat ook die Tora is. Ongelukkig het Judaïsme die Tora ’n swaar las gemaak en het die Christendom dit grotendeels verwerp vanweë misverstand en misinterpretasie; indien die Tora egter behoorlik toegepas word, sal dit ‘n ligte juk wees, soos wat Jesus gesê het, dit sou wees.
Kom gou Jesus!

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking