Saterdag 16 Mei 2020

Berou | Die Gevolge, Toe en Nou

Behar - BeChukotai
(Op die Berg - In My Verorderinge)


Levítikus 25:1-27:34

Jeremia 16:19-17:14

Matthéüs 22:1-14


Behar - Op die Berg
Berou

Levitikus {25:17} "Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God. {25:35} En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos ’n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe. {25:36} Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe. {25:42} Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ’n mens ’n slaaf verkoop nie. {25:43} Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees."

Ek het onlangs in Parasha Kedoshim die vergelyking getref tussen die vrees vir God en die vrees vir ons ouers. Vir vandeesweek se insiggewende lesing oor Parasha Behar, wil ek graag verduidelik waaroor die Here spreek, wanneer Hy ons driemaal vermaan “vrees julle God”.


Dit is vir my onnodig om te verduidelik waarom ons verkeersboetes moet betaal vir oortredings soos byvoorbeeld parkering op ‘n “geen parkering” area of oorskryding van ‘n spoedbeperking. Ons het daardeur die wet oortree, wat tot ‘n boete lei. Baie mense meen dat hulle daarmee kan wegkom deur te parkeer waar hulle ookal wil of met ‘n spoedoortreding, omdat daar geen verkeersbeampte in sig is, wat ‘n boetekaartjie kan uitreik nie. Dit is waarom spoedbeperkings oortree en dus die wet oortree word, omdat hulle meen dat hulle nie uitgevang sal word nie; niemand dink ooit daaraan dat hulle betrap sal word nie. Kom ons kyk daarna: in ons samelewing van vandag, is ‘n skelm nie ‘n skelm totdat hy skuldig bevind word nie. Dit herinner my aan die voormalige Amerikaanse president Nixon, wat hierdie alledaagse bewering gemaak het: “Ek is nie ‘n skelm nie”. Die feit was dat hy inderdaad ‘n skelm was omdat hy skuldig bevind is en die prys wat hy betaal het, was om in vernedering die presidentskap neer te lê.


Op dieselfde wyse, wanneer God ons beveel om Sy gebooie te gehoorsaam, weet Hy dat die meeste van ons sal probeer om daarmee weg te kom deur dié opdrag te verontagsaam omdat ons meen dat ons nie uitgevang sal word nie. Eweneens, indien meeste van ons dink dat ons nie uitgevang sal word vir ‘n spoedoortreding of ongemagtige parkering nie omdat daar geen verkeersbeampte te sien was nie, dat ons die saak met God sal vryspring omdat ons meen dat Hy nie bewus daarvan is nie. Indien ons diegene wat ons nie kan sien gehoorsaam nie, maar weet dat ons dopgehou word - soos deur verkeerbeamptes - dan sal ons God vir Wie ons nie kan sien en meen dat Hy ons nie dophou nie, nie gehoorsaam nie


God is egter nie soos die wetstoepassingsbeampte, prokureur of regter nie. Hy is alwetend, alomteenwoordig en almagtig. Niks kan vir Hom verberg word nie, niks kan Hom mislei en daar is nêrens waar ons van Hom kan wegkruip nie. Die gevolge van ons oortredings teen Hom kan skielik of jare daarna geskied, maar ongetwyfeld sal dit toegepas word; ons sal nooit met ons sondes kan wegkom nie. Dit is trouens, baie moontlik dat die swaarkry wat ons tans in ons lewens ervaar, gevolge is van sondes gepleeg, selfs terwyl ons reeds gelowiges was, van weke, maande of selfs jare gelede. Juis daarom word ons herhaaldelik sowel in die Geskrifte as in hierdie Parasha gemaan om “jou GOD te vrees”

Ek vertrou dat die Hernieude Verbond verduidelik wat ek probeer sê. Jesus het gesê:

Lukas {12:4} "EN Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; {12:5} maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!"


BeChukotai - In My Verorderinge
Die Gevolge, Toe en Nou

Dit het my droewig gestem nadat ek die eerste deel van Oordenking: "In My Verordeninge" deurgelees het, dié deel waar God die kinders van Israel gewaarsku het oor die gevolge indien hulle sou verkies om Sy gebooie te veronagsaam en teenstrydig met Hom te wandel. Dit was selfs meer ontstellend toe ek gelees het hoedat Hy hulle toenemend sal straf vir hul ongehoorsaamheid. Die eerste deel van hul straf sou Sy weerhouding van reën in die reënseisoen wees. Dit is treurig omdat hierdie kastyding sowel as die ander deur God genoem, inderdaad plaasgevind het vóór asook tydens die Assiriese en Babiloniese invalle en ballingskap van Israel.

God, in Sy goedheid en genade, het die kinders van Israel teruggebring. Weereens was hulle in die land, wat aan hulle voorvaders beloof is; hulle is egter nie teruggebring vanweë hul gehoorsaamheid aan God nie, maar wel op grond van God se verbond.

Levítikus {26:44} “Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ‘n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God. {26:45} Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ‘n God te wees. Ek is die HERE.”

Wat my nou kwel, is dat Israel weer in presies dieselfde toestand verkeer as waarin hulle vóór Assiriese en Babiloniese invalle was. Trouens, die land en sy volk word gekenmerk deur afgodediens, sekularisme, godsdienstige tradisies van mense en, natuurlik, ongehoorsaamheid. Dit is dus geen wonder nie dat God, oor die afgelope vyf jaar die reën tydens die reënseisoen teruggehou het. Vandag is watervlakke in Israel kritiek; waterbesparings, wetgewing word toegepas en verder deur plaaslike bekende persoonlikhede op televisie aangemoedig. Is dit egter die enigste straf wat hedendaagse Israel ondergaan het? Het hulle nie gely en ly hulle nie ook steeds onder die volgende straf nie:


Levítikus {26:14} "Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; {26:15} en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek {26:16} dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet."

Terreur is tans algemeen in Israel, nou selfs erger as ooit met hul vyande se nuutste missielvermoëns. Wat van hierdie volgende en - ondervind moderne Israel dit nie ook nie?

Levítikus {26:17} “En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.” 

Die afgelope oorlog teen Hizbullah was 'n duidelike voorbeeld hiervan. So ook, ofskoon Israel nie voor Hamas gevlug het tydens die Gaza-opstand nie, het dit beslis nie in sukses en oorwinning geëindig nie. Wat kan ons verwag om volgende in Israel te gebeur? Indien ons die verloop volg, soos in "Oordenking: In My Vorderinge" uiteengesit, dink ek ons kan die volgende te wagte wees:

Levítikus {26:24} “sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes. {26:25} En Ek sal ‘n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.” 

Ons kan verwag dat Israel deur sy vyande aangeval kan word. Dit is my gebed dat dit nooit sal plaasvind nie, alhoewel alles - tot 'n mens se onsteltenis - wel daarop dui. Daar is egter een ding wat ek moet byvoeg, voordat ek hierdie kommentaar afsluit. Die wyse waarop God Israel straf, is netsoos Hy ons straf, deur verergering daarvan, terwyl ons tog die geleentheid gegun word om tot Hom terug te keer en berou te hê. Indien jy dus nodig het om tot God terug te keer en berou het, moet dan asseblief nie versuim om dit te doen nie.

Kom gou Jesus!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking