Re’eh
(Kyk)
Deurteronomium {14:21} "Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ’n uitlander verkoop; want jy is ’n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie."
Parasha Re’eh onderrig ons oor wat die Here as kosher of geoorloof ag vir Sy heilige, of afgesondere volk om te eet. Ek sou gedink het dat hierdie lys van eetbare en oneetbare voedselsoorte op elkeen van toepassing sou wees. Soos ons egter in die bovermelde Skrifgedeelte wat ek aangehaal het, kan sien, is dit beslis nie die geval nie. Besoekers of vreemdelinge kon trouens enigiets eet, wat hulle wou en selfs wat ookal oneetbaar geag is vir ‘n lid van die kinders van Israel, kon as voedsel aan ‘n besoeker of vreemdeling verkoop word.
‘n Besoeker en ‘n vreemdeling is enigeen wat wat nie deel van die nasie van Israel is nie, oftewel enigeen wat nie as ‘n kind van God beskou is nie - met ander woorde heidene. Dit sou onder die kategorie resorteer van enigeen wat nie die God van Abraham, Isak en Jakob aanbid nie - of hulle nou binne of buite Israel gewoon het.
‘n Vreemdeling, waarna hier verwys word, is ‘n uitlander, iemand uit ‘n ander land, wat nie deel van die nasie van Israel is nie; hulle woon nie in Israel nie of besoek Israel nie. Besoekers daarenteen is ook uitlanders, maar kan binne een of twee kategorieë val: ‘n besoeker kan óf ‘n inwonende uitlander wees - iemand wat onder die kinders van Israel woon, maar nog nie deel van die kinders van Israel is nie óf iemand wat deur Israel reis, moontlik met die doel om sake te doen. Dit is in teenstelling met ‘n “vreemdeling”, in Hebreeus bekend as ‘n “Ger”. ‘n Ger is ‘n inwonende uitlander, wat deel van die kinders van Israel geword het. Hulle het by Israel aangesluit en aanbid die God van Abraham, Isak en Jakob. Dit is aangaande hierdie mense (meervoud “Gerim”) wat die Here sê:
Eksodus {12:49} "Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef."
Ten einde die Brit Chadasha (Hernieude Verbond) te verstaan, is ‘n “Ger”:
Efesiërs {2:11} "GELIEFDES, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; {2:12} en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. {2:13} Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here — of dit die koning is as opperheer, {2:14} of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys."
(besoekers/vreemdelinge)..........(Gerim gemaak). (woorde tussen hakies, ter verduideling bygevoeg)
‘n “Ger” is dus enige nie-Joodse gelowige in Jesus die Messias. In die lig hiervan, kan ons nou begryp waarom Shaliach Kefa (apostel Petrus) hierdie verklaring verstrek:
1 Petrus {2:9} "Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, {2:10} julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is."
(heilig/afgesonderd) (heidene) (Gerim) (woorde tussen hakies, ter verduideliking bygevoeg)
Julle hoef nie noodwendig Joods te wees om deel van die Here se uitverkore volk te wees nie. Daar word slegs van julle verwag om in Jesus die Messias te glo. Wat ek egter wil hê wat ons moet sien en verstaan in Parasha Re’eh, is dat as die Here se uitverkore volk - gelowige Jode of nie - Jode ons almal spesiaal is in die Here se oë, dat ons EEN NUWE MENS is. Besoekers en vreemdelinge kan doen wat hulle wil, veral om te eet wat hulle wil, maar ons as weergebore gelowiges in die Messias Jesus, mag dít nie doen nie.
Nou ontstaan die vraag: “Word dit van weergebore Christene vereis om God se voedingsvoorskrifte na te kom? Ja, dit word wel van hulle vereis omdat Jesus nooit die voedingsvoorskrifte - soos in die Tora uiteengesit, verander het nie.
Matthéüs {5:18} "Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie."
In die lig hiervan, moet elke Skrifgedeelte wat moontlik mag voorstel dat Jesus die voedingsvoorskrifte in die Hernieude Verbond gewysig het, moet in die regte konteks gelees word, byvoorbeeld:
Markus {7:18} "En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, {7:19} omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?"
Benewens dat die laaste sin van hierdie gedeelte tussen hakies ter verduideliking is, beteken dit dat daar nie geglo word dat dit in die oorspronklike manuskrip voorkom nie; Jesus het nie hier oor die voedsel gepraat nie. Hy het verwys na die Fariseërs se vereiste handewas vóór ete.Hy het gesê dat ‘n mens nie besoedel kan word deur met ongewaste hande voedsel te eet nie. Netso die Skrifgedeelte in Handelinge {11:5 - 18}, wat deur baie mense aangehaal word as ‘n bewysteks wat nie kosher nakom nie, maar wanneer dit binne die konteks gelees word hoegenaamd niks te doen het met voedsel nie. Hierdie Skrifgedeeltes verwys na Jesus, wat aan Petrus (Kefa) die sleutels van die Koningkryk gee. Ons sien die vervulling hiervan in Handelinge as Petrus die ingang na die Koningkryk vir die nie-Jode (Cornelius en sy huismense) oopsluit.
Elke Skrifgedeelte in die Bybel wat deur Christene gebruik word ter ontkenning van die vereiste aan hulle om die kosher-gebruik te onderhou, kan van die hand gewys word deur één woord “voedsel”. Jesus was in hierdie opsig ‘n nougesette Jood, al die apostels was net sulke nougesette Jode en dus moet elke Skrifgedeelte wat na voedsel verwys, in die Bybelse konteks van wat voedsel was, gelees word. Vir ons, word kannibalisme, nie as voedsel geag nie, maar vir die skrywers van die Hernieude Verbond was enigiets buiten God se lys van wat voedsel is - soos in Levitikus {11:1 - 23} en Deuteronomium {14:3 - 21} uiteengesit - nie deur hulle as voedsel beskou nie. Wanneer hulle dus na voedsel verwys het, was dit altyd binne die konteks van God se lys van voedsel vir Sy wedergebore kinders.
Is julle nog steeds nie oortuig nie? Hieronder volg twee Skrifgedeeltes wat verwys na die eet van onrein diere - beide is profesieë van die eindtyd en één is uit die Hernieude Verbond:
Jesaja {66:17} "Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise — almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die HERE."
Openbaring {18:1} "EN ná hierdie dinge het ek ’n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. {18:2} En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,"
Aangesien die laaste gedeelte van hierdie Skrifgedeelte “‘n versamelplek vir elke onrein en haatlike diere” nie in meeste Engelse vertalings van die Bybel voorkom nie, is die oorspronklike Griekse vertaling geraadpleeg. Die vertaling daarvan uit Grieks in Engels, is deur Rabbi Jack, soos volg:
καὶ ἔκραξεν ἐν ἰσχυρᾷ φωνῇ λέγων, ἔπεσεν, ἔπεσεν βαβυλὼν ἡ μεγάλη, καὶ ἐγένετο κατοικητήριον δαιμονίων καὶ φυλακὴ παντὸς πνεύματος ἀκαθάρτου καὶ φυλακὴ παντὸς ὀρνέου ἀκαθάρτου [καὶ φυλακὴ παντὸς θηρίου ἀκαθάρτου] καὶ μεμισημένου,
………………….
“and he hath concealed in a mighty voice, saying, Thou hast done great, and hast been a dwelling of demons, and a prisoner of all the spirit of uncleanness, and a prisoner of all the unclean servant, and of a prisoner of all the unclean beast.”
Ek dink dit behoort vir almal duidelik te wees dat in die eindtye God steeds sal onderskei tussen rein en onrein diere en tussen diegene wat dit eet en dié wat dit nie eet nie!
Kom gou Jesus!

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking