Levitikus {1:1} “Die Here het vir Moses geroep en uit die tent van ontmoeting vir hom gesê: {1:2} “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil aanbied, kan hy dit aanbied uit sy beeste of uit sy kleinvee. {1:3} As dit 'n brandoffer uit die beeste is, bied die man 'n bul aan sonder liggaamsgebrek. Hy bied dit aan by die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die Here aanneemlik sal wees.””
Nadat ek vandeesweek se Parasha gelees het, en al die offerandes wat vereis word om ‘n persoon se regte verhouding met God te herstel, is ek opnuut dankbaar vir dit wat Jesus die Messias (Yeshua Ha Mashiach) vir my gedoen het. Veronderstel dat ek die diere moes koop as korbanot (meervoud van korban) (versoening) en dit moes besorg by die Bet Ha Migdash (Tempel) om daardeur te poog om in ‘n regte verhouding met die Here te verkeer. Trouens, deur al die sonde wat ek pleeg, bewustelik sowel as onbewustelik met wat ek sê, waarna ek luister, waarna ek kyk en wat ek elke dag dink, weet ek nie wat eerste sou gebeur het nie, deurdat ek finansieel probleme mag ondervind en of die wêreld kon leegloop van “skoon” diere vir my om te offer. Dan sou dit boonop die gereelde heen-en-weer reise vanaf my huis in Jerusalem meebring. Dit sou alles nodig gewees het, al het die Tempel nog bestaan en Jesus die Messias nog nie gekom het nie. Indien ons al ons sondes - wat ons as gelowiges doelbewus sowel as onbewustelik pleeg deur wat ons sê, hoor en aan dink vir net een dag, sou die aantal sondes verstommend wees. As elkeen van ons daarbenewens die toepaslike offerande vir elke sonde moes bring, sou die spesies bokke en lammers ongetwyfeld die lys van uitgestorwe diere haal! Soms dink ek, neem ons dít wat die Here vir ons gedoen het, vêr te ligtelik op, want soos ons volgens die Skrif besef, sondig ons almal en skiet ons almal tekort aan die heerlikheid van God!
Prediker {7:20} “Daar is geen mens op aarde regverdig nie, niemand wat net goed doen en nie sondig nie.”
Ons word ook volgens die Skrif beveel dat die korbanot (versoeningsoffers) nêrens anders as in die Tempel in Jerusalem geoffer moes word nie. Indien Jesus (God in die vlees) nooit gekom het om eenmalig te sterwe vir die sonde van die wêreld nie, diegene uit die diaspora, gereeld heen en weer na Israel sou moes reis - ‘n verdere uitgawe!
Deuteronomium {12:13} “Moenie julle brandoffers sommer op enige plek offer wat vir julle goed lyk nie. {12:14} Julle mag dit net offer op die plek wat die Here sal kies in die gebied van een van die stamme. Daar moet julle julle brandoffers offer en daar moet julle alles doen wat ek julle beveel het.”
Ons kan dus verstaan dat Jesus se sterwe vir die sonde van die wêreld, geen geringe aangeleentheid was nie. Die storting van Sy bloed vervang die noodsaaklikheid dat voëls, bulle skape en bokke se bloed as versoening vir ons sondes gestort word.
Levitikus {17:11} “Omdat die lewe van 'n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Omdat bloed versoening bring deur die lewe wat daarin is,”
Wat bedoel God as Hy sê: ”......die bloed bewerk versoening vir die lewe.” Ek glo Hy bedoel “‘n lewe vir die lewe”. Die loon van die sonde is die dood: iets moes in ons plek sterf om versoening vir ons sondes te bewerkstellig. Vóór die koms van Jesus, moes diere ons plek ingeneem het. Ons was skuldig, maar hulle het die boete betaal. Met die koms van Jesus het dit alles verander.
Levitikus {17:10} “Omdat die lewe van 'n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Omdat bloed versoening bring deur die lewe wat daarin is,”
Waarom was God so onversetlik dat Sy volk nie bloed eet nie? Jesus (God in die gestalte van ‘n mens) het na die aarde toe gekom om te sterwe en het Sy bloed vir die sonde van die wêreld gestort. Hy het aan die Here se straf vir sonde wat die dood is, voldoen en tot vandag nog voldoen Hy steeds daaraan. Daarom is daar nie langer enige behoefte aan iemand om ‘n korban (versoeningsoffer) na die Tempel in Jerusalem te bring nie - dit bestaan nie langer nie en was ook vir meer as tweeduisend jaar nie meer nodig nie.
Indien jy egter nie ‘n gelowige is nie en hierdie Parasha lees, weet dit: Jesus die Messias het vir jou sondes gesterf. Hy is jou versoening, netsoos myne. Die enigste verskil tussen jou en en my is dat ek in Hom glo en aanvaar het dat deur Sy dood aan die kruis, Hy vir my sondes versoen het. As jy Hom nie as jou Heer en Redder aanvaar het nie, dan het Sy bloed nie vir jou sondes versoen nie en is jy steeds skuldig en onder ‘n doodvonnis van God. Jy kan dit nóú verander en vergifnis ontvang. Jy kan dit nou aanvaar en vergewe word. Vra net vir Jesus die Messias om jou Heer en Redder van jou lewe te wees en Hy sal dit vir jou doen wat Hy ook vir my gedoen het.
Ongelukkig word daar ‘n valse leerstelling deur die Satan versprei dat Jesus as die Messias gekom het, maar Hy is nóg God nóg die Vader. Hulle logika mag reg klink, maar is dit nie die wyse waarop die Satan te werk gaan nie? Hulle gebruik rabbiniese leerstellings en die verdraaiing van die Skrif om mense wat swak is van begrip, om húlle gif te glo. Dit is beslis nie waar nie! Jesus het self bely dat Hy en die Vader Een is. Johannes {10:30}. Hy het ook gesê: “As julle My sien, het julle die Vader gesien”. Moet nie hierdie bedrieglike valse verkondigers glo nie: hulle leerstelling is ‘n vorm van menslike offerande. Ofskoon hulle beweer dat Jesus die Messias van God gekom het en daarom ‘n spesiale mens is, is dit nogtans ‘n menslike offerande, ‘n leerstelling waarmee die Satan die mense deur eeue heen mislei het om te beoefen, skynbaar nog tot vandag toe!
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking