KiTisa
(Wanneer Jy Verhef)
Eksodus {30:17} “Die Here het vir Moses gesê: {30:18} “Jy moet 'n bronswaskom met 'n bronsvoetstuk maak om in te was. Sit dit tussen die tent van ontmoeting en die altaar neer en gooi water daarin. {30:19} Aäron en sy seuns moet hulle hande en voete daarin was. {30:20} Voordat hulle in die tent van ontmoeting ingaan, moet hulle hulle met die water was sodat hulle nie sterf nie. Voordat hulle na die altaar toe kom vir hulle diens om 'n vuuroffer vir My, die Here, aan die brand te steek, {30:21} moet hulle hulle hande en hulle voete was sodat hulle nie sterf nie. Dit is 'n blywende voorskrif vir hulle en vir hulle nageslagte.””
Dit is die eerste keer ooit dat daar van ‘n mensgemaakte mikvah (indompelings- bad of skottel) melding gemaak word. Die priesters “moes hul hande en voete,” daarin was, wat beteken het dat hulle die water in die skottel gebruik het om hulself te reinig, “dat hulle nie sterf nie”. Wat het die nalaat om met water gereinig te word dan te doen met om te sterwe?
Selfs tot vandag toe is die indompeling in water nog as ‘n rite gebruik met die doel om van wat onheilig is, heilig te maak. Die proses verander of verhoog die status van wie ookal, indompeling ondergaan het. Indompeling in water as opdrag van God, het die mag om te transformeer, om ‘n metamorfose te ondergaan. Voorbeeld: Gedurende Tempeltye en selfs vandag nog onder Ortodokse Joodse sektes, was ‘n vrou, van die begin van haar menstruasie, in ‘n staat van Niddah (vroulike onreinheid). Sy moes van haar man en die samelewing afgesonder word tot na haar tyd en nadat sy in water ingedompel was. Slegs dan kon sy met haar man in huwelikse intimiteit en die samelewing op vrye voet verkeer. Mans wat van Tempeldienste uitgesluit was vanweë sekere tipes rituele besoedeling, kon na indompeling na die Tempel opgaan en betrokke raak by offerandes. Proseliete, as deel van die bekeringsproses, sou die indompelingsbad binnegaan as nie-Jode en uitklim as Jode - iets wat steeds beoefen word in die groter Joodse gemeenskap.
Vir ons om hierdie vereiste van indompeling te verstaan, wens ek graag daarop te wys dat God se gebooie in drie uitdruklike kategorieë verdeel word: Mishpatim (Oordele) wat logiese siviele en morele wette is; Eidutim (Statute) wat rituele wette en rites soos die eerbiediging van die Sabbat, Pesach (Pasga) en die aanbring van ‘n mezuzah op die deurkosyn; Chukkim (Ordinansies) wat spirituele bonatuurlike wette is, wat menslike begrip te bowe gaan. Indompeling in water, val in hierdie kategorie netsoos kosher.
Meer as enige ander gebooie van God, verwesenlik die nakoming van Chukkim, die vernaamste geestelike verandering in ‘n mens. Dit is te wyte aan die feit dat dit streng nagekom word uit gehoorsaamheid aan God met geen menslike begrip nie. Ongeag die feit dat indompeling in water en die vermoë daarvan om ‘n spirituele verandering te weeg te bring, is vir ons ‘n misterie, nogtans kan ons egter sekere insigte bekom oor hoe dit hierdie bonatuurlike, spirituele verandering volbring.
Tora leer ons aangaande die konsep van “ritueel rein” en “ritueel onrein”. Om in ‘n toestand van “ritueel rein” te verkeer, was noodsaaklik gedurende Tempeltye vir ‘n persoon om deel te neem aan die Tempeldienste en -rituele of selfs die Tempelgronde te betree. Argeoloë het groot klip indompelingsbaddens opgegrawe naby die plek waar die antieke Tempel eens gestaan het, wat juis gebruik is vir hierdie doel. Aangesien die Tempel nie meer bestaan nie, is hierdie tipe van indompeling vandag nie langer van toepassing nie; trouens, enige indompeling wat betreffende die konsep van “ritueel rein”, het vandag geen toepassing nie. Waaroor ons vandag die meeste besorg is, is die spirituele status- en assosiasie- verandering wat met die indompeling gepaard gaan. In die Nuwe Testament sien ons dat die indompelings deur Johannes die Doper gedoen is om sy volgelinge te assosieer in afwagting van die komende Messias. Die indompelings deur die Apostels uitgevoer, is gedoen om die spirituele status van hulle volgelinge te verander en hulle dus te assosieer met die dood en opwekking van Jesus die Messias, die Messias wat toe alreeds vir die wêreld se sondes gesterf het. Daarom, deur die water in te gaan vir indompeling was en is ‘n simbool van om saam met Jesus te sterwe en die uitkom uit die water, was en is ‘n simbool van om met Jesus opgewek te word. Ons word nie gered deur die waterindompeling nie! Dit is slegs ‘n uiterlike teken van ‘n nuwe gelowige se innerlike verandering van spirituele status, nadat hy gered is. Jesus die Messias het na die aarde gekom om die prys te betaal vir die sonde van die mensdom, as Here, Redder en God- in- die vlees en die enigste manier wat ‘n mens vergifnis kan ontvang en reiniging van sonde, is deur ‘n mens self met Hom te assosieer
Nou keer ons terug na ons vraag: “Wat het die nalaat om met water gereinig te word, enigsins met die dood te doen?” Om dieselfde rede het die twee seuns van Aäron gesterf deur vreemde vuur in die Tempel in te bring - Aäron en sy seuns kon op geen ander manier wat hulle wou, die Here nader nie. Ten einde in die teenwoordigheid van ‘n Heilige God te kom, moes hulle “ritueel rein” wees en tot ‘n hoër spirituele status verhoog wees, een wat die Here se Chukkim van water-indompeling duidelik vervul het.
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking