Alles aangaande die Tabernakel, deur Moses in die wildernis opgerig, verteenwoordig en dui op Jesus die Messias: elke kleur - blou, purper en rooi, elke metaal - brons, silwer en goud regdeur tot op die linne wat gebruik is vir die kledingstukke van die priesters was alles simbole van Hom. Silwer Sy verlossing, brons Sy oordeel, linne Sy geregtigheid en goud Sy heerlikheid en heiligheid. Ek wens graag vandag my kommentaar te fokus op God se heerlikheid.
Eksodus {40:33} “Daarna het hy die voorhof rondom die tabernakel en die altaar opgerig en die afskorting voor die ingang van die voorhof gehang. So het Moses sy werk afgehandel. {40:34} 'n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. {40:35} Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.”
Ek dink dit is belangrik vir ons om kennis te neem dat die heerlikheid van die Here nie op die Tabernakel gerus het voordat al die konstruksiewerk afgehandel was en deur Moses goedgekeur is nie. Die taak is aan hom opgedra om te verseker dat alles gedoen was presies soos die Here beveel het.
Eksodus {39:42} “Die Israeliete het alles gemaak net soos die Here vir Moses beveel het. {39:43} Moses het al die werk geïnspekteer en gesien dat dit gemaak is soos die Here beveel het. Toe het Moses die vakmanne gelukgewens en bedank.”
Wat kan ons hiervan saamneem van alles wat aan ons hier vertel is en dit op onsself toepas: die realiteit van ons wêreld? In ons snelle lewenstempo en immer veranderende wêreld, raak ons soms so verstrengel om alles gedoen te kry dat ons die feit dat God aan ons ‘n handleiding gegee het, ‘n instruksie-boek vir die lewe, die Bybel (Bible: Basic Instructions Before Leaving Earth), verwaarloos het. Alles wat ons benodig om ‘n lewe wat God behaag te voer, is in hierdie handleiding ingesluit. Ons word selfs voorbeelde van mense wat aan ons die resultate toon van diegene wat Sy instruksies gevolg het en hulle wat nie daarin geslaag het nie. Niks word aan toeval oorgelaat nie, niks word aan ons begrip of verbeelding oorgelaat nie - slegs eenvoudige instruksies om dit te doen, “presies soos die Here beveel het.”
In verse 34 en 35 hierbo, word ons vertel dat toe al die werk voltooi, goedgekeur, en nagegaan was….”die heerlikheid van die Here die Tabernakel gevul het.” In Eksodus 32:18 word God deur Moses gevra: “… toon aan my U heerlikheid.” Elke gelowige behoort hierdie woorde op hul lippe te hê. Die heerlikheid van God bestaan uit drie dele. Eerstens is dit die manifestasie van die teenwoordigheid van God; tweedens is dit die manifestasie van die krag van God en derdens is dit die manifestasie van die goedheid van God. Moses het geweier om sy reis met die kinders van Israel voort te sit sonder dat God se heerlikheid met hulle sou wees omdat hy besef het dat hy niks kon vermag sonder dat die teenwoordigheid, krag en goedheid van God met hom sal wees nie. Hy het dit van God gevra omdat hy nog nooit die heerlikheid van God aanskou het voordat hy dit gesien het met die brandende bos by die Rietsee en toe God manna uit die hemel gegee het, om slegs enkele bewyse te noem. Moses het dus nie hierdie versoek aan God gerig omdat hy nog nooit Sy heerlikheid gesien het nie. Hy het die versoek gerig omdat hy besef het dat hy niks kon verrig sonder die teenwoordigheid van God se heerlikheid in sy lewe nie - dit geld vir ons ook.
Die heerlikheid van God het nie neergedaal en die Tempel gevul totdat dit opgerig is presies soos die Here beveel het nie. Gelowige, jy sal nie in staat wees om jou doel te verwesenlik of God se roeping in jou lewe te vervul sonder God se heerlikheid, teenwoordigheid, krag en goedheid in jou lewe nie! Aanvaar asseblief my raad dat God se heerlikheid, teenwoordigheid, krag en goedheid jou nie sal vul indien jou Tabernakel, jou lewe nie gebou, opgerig en aan die presiese vereistes voldoen soos wat die Here in Sy Bybel beveel het nie.
Kom gou Jesus!

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking