Sondag 04 April 2021

Plesier

 Pesach

(Paasfees)


Eksodus 13:17 - 15:26, 33:12 – 34:26 

Numeri 28:19 – 25 

Eségiël 37:1 – 14 

1 Korinthiërs 5:6 – 8 



Eksodus {33:15} “Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. {33:16} Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”


Meeste gelowiges in Jesus die Messias vind dit uiters moeilik om totaal afgesonderde lewens te voer en dit is veral moeilik vir diegene wat in vermoënde sirkels beweeg, wat gewoond geraak het aan die beste dinge wat die wêreld kan bied. Daar is hoegenaamd niks verkeerd om hulself te geniet nie, nie dat hulle sondig is en vanuit hulself nie. Ek is daarvan oortuig dat die Here wil hê dat Sy kinders al die mildadigheid van die aarde, wat Hy vir ons geskep het, moet geniet; ons word trouens, in die Skrif so meegedeel:


Psalm {35:27} “Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word,

laat hulle juig en bly wees,

laat hulle altyd weer sê:

“Die Here is groot.

Hy sorg dat sy dienaar vrede het.””


Dus is hierdie probleem nie al hierdie dinge nie; die probleem is om alles te geniet maar nogtans ‘n volk afgesonder vir die Here te bly. ’n Gelowige moet probeer verhoed om van een vorm van genot tot ‘n volgende volgende vorm van genot te soek en nie vir God nie.


Spreuke {21:17} “Wie plesier voorop stel, word arm; wie lief is vir wyn en lekker kos, word nie ryk nie.”


Soveel soos wat sommige van ons dit sou geniet, kan ons nie soos die res van die wêreld lewe nie en steeds verwag dat die Here MET ONS GAAN nie. Ons móét afgesonderd, verskillend en nog belangriker onderskeibaar wees as verskillend en afgesonderd van die res van die wêreld. Sekere sektes van Judaïsme en die Christendom het hierdie konsep van afgesonderd te wees, tot uiterstes gevoer. Na my mening het hulle te vêr regs gegaan om hulself afgesonderd te laat lyk en lewe. Meeste gelowiges het dit egter tot die ander uiterste gevoer en te vêr links gegaan. Een groep staan uit soos ‘n seer duim terwyl die ander groep saamsmelt in en soos elke ander persoon voorkom, onafskeidbaar van die sekulêre wêreld. Geen van hierdie uiterstes is waartoe die Here Sy volk geroep het nie. Hy verwag dat ons ’n meer nougesette weg volg as die res van die wêreld en dit is die weg wat Hy vir ons gebaan het in sy Tora. Die Tora leer ‘n geredde gemeenskap hoe om ‘n afsonderlike lewe voor God te leef sodat ons deur die wêreld erken kan word as verskillend en deur die Here as behorende aan Hom. Indien ons ‘n Tora-gesentreerde lewe ly, vind die Here guns in ons en Hy GAAN SAAM MET ONS. wat beteken dit? Dit beteken:


Matthéüs {6:31} “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. {6:32} Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. {6:33} Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."


Een van my professore, na jare van Bybelskool, is deur sy kinders versoek (onder invloed van hulle eweknieë) om ‘n dag in “Disney World”, Orlando, Florida deur te bring. Hy wou nie sy kinders laat beïnvloed word deur hulle bloot te stel aan dié kunsmatige temapark, deur die Disney Korporasie geskep nie. Hy wou hulle egter ook nie daarvan ontneem van die opwinding en genot, wat so’n park aan kinders bied te geniet nie. Hy sou instem dat hulle ‘n dag by “Disney World” deurbring, maar hulle nie toelaat om enige vreesaanjaende uitstallings  (met verwysing na heksery) van toordery of geweld te besoek nie. Terwyl hy besef het wat “Disney World” alles behels sou hierdie verbod beslis hul deelname aan die park beperk. Daar was nietemin meer as genoeg uitstallings wat hulle kon besoek asook ritte om te geniet; trouens, veel meer as vir een dag. Daar was egter meer en dit is juis één voorbehoud wat my tot vandag toe beïndruk het. Hy het vir sy kinders gesê alvorens hulle één volle dag van hul lewens aan die genot van wêreldse genietinge afstaan, hulle moes saamstem om één volle dag van hulle lewens aan die Here te wy deur pamflette (traktate) in die strate van Fort Lauderdale uit te deel, wat die reddingsplan verduidelik. Ek het gedink dit was briljant! Indien die betrokke professor sy kinders teen die skadelike plesiere van die die wêreld wou beskerm, sou hy die risiko geloop het om kinders wat ontevrede en gegriefd was groot te maak; kinders wat  uiteindelik moontlik in opstand teen hulle ouers en God kon wees. Dus, in plaas daarvan, het hy hulle die waardevolle les van Matthéüs {6:31-33} geleer.


Gelowiges in Jesus kan gaan fliek, maar ons moet ons nie blootstel aan gruwel, geweld, slegte taal of seksuele inhoud nie. Ons kan uiteet by restaurante, maar ons kan nie iets anders eet wat die Here nie voedsel noem nie. Ja, ons kan feitlik byna alles van die dinge in die wêreld wat God geskape het, geniet maar ons kan dit slegs doen binne die grense van Sy Woord en Sy bybelse opdragte. Die apostel Paulus het dit gestel: 


1 Korinthiërs {10:23} “Daar is mense wat sê:

“Alles is geoorloof.”

Ja, maar nie alles is heilsaam nie.

“Alles is geoorloof,” sê hulle.

Ja, maar alles is nie opbouend nie.”


Hoe kan ‘n gelowige in Jesus die Messias deur die wëreld erken word om verskillend te wees? Is dit deur geen dinge van die wêreld te doen nie? Behoort ons eienaardig te lyk of in ‘n kommune te woon? Nee, God het die wêreld geskape vir ons om te bewoon en geniet. Ons hoef slegs anders te wees deur ‘n verskillende leefwyse te handhaaf: God se Woord!


Voordat Moses die woorde neergeskryf het waarna ek hierbo verwys het uit hierdie Parasha, het die kinders van Israel oorringe gedra, gedans, gesing, op instrumente gespeel en gedrink. Die Here het egter geen probleem gevind met enige van hierdie dinge nie: Dit was slegs na die afgodiese gebeurtenis, toe hulle hul oorringe afgehaal het om ‘n Goue Kalf te vorm en gedans, gesing en voor die afbeelding gespeel het, dat Sy toorn teen hulle ontstaan het. Die kinders van Israel het die Tora ontheilig en dit is wat hulle in plaas van afgesonderd, net soos die res van die heidense wêreld gemaak het - nie onderskeibaar was nie. Moet nie dat dit met julle gebeur nie.


Kom gou Jesus!

PDF weergawe



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking