Saterdag 17 April 2021

Besnydenis & Reinheid

 Tazria/Metzora


Tazria

(Rituele Reinheid En Onreinheid)


Levitikus 12:1-13:59 

2 Konings 4:42 – 5:19, 7:3 – 20

Esegiël 45:16-46:18 

Matthéüs 8:1-4

Romeine 6:9 – 23


Besnydenis of Brit Milah, soos dit in Hebreeus bekendstaan, was aan die kinders van Israel gegee as ‘n teken van die verbond wat God met Abraham aangegaan het. Feitlik alle Christene vereenselwig hulle met Abraham, maar baie verwerp egter die besnydenis. Ek gaan nie uitwy waaroor of nie, alle gelowiges besny behoort te word aldan nie, maar ek wil graag verduidelik hoedat die term besnydenis, soos in die Boek Galasiërs gebruik, al misverstaan is. Daarom wil ek graag daardie misverstand in my kommentaar op Parasha Tazria uit die weg ruim.


Gedurende die tyd van die Apostel Paulus, was daar ‘n algemene leer onder sommige Joodse gelowiges in Messias Jesus, veral dié van die Jerusalem-gemeente, dat enige nie-Jood wat ‘n ware gelowige in Messias Jesus wou word, eers ‘n proseliet van Judaïsme moes word. Hierdie gelowiges vereenselwig bekering met besnydenis, soos dit vandag nog in Judaïsme die geval is. Paulus het nie met hulle saamgestem nie en vir die rekord, ek ook nie. Dit is hierdie valse leer, komende van dié faksie van die Joodse gelowiges van Jerusalem, wat Paulus geïnspireer het om hierdie Skrifgedeelte te skrywe.


Galasiërs {5:6} “In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.”


Dit is op grond van hierdie gedeelte dat die baie pastore die lering verkondig dat besnydenis nie langer nodig is nie. Hulle beweer dat daarmee weggedoen is met die totstandkoming van die Nuwe Testament, verwysende na die gedeelte hierbo aangehaal. Hulle gaan selfs sover as om te beweer dat Christene bevry is van die Wet. Ek verskil daarmee en wil graag hierdie misverstand regstel deur die wyse te verduidelik waarop Paulus die woord besnydenis dwarsdeur die Boek Galasïers gebruik.


Besnydenis was en is steeds ‘n belangrike vereiste vir bekering tot Judaïsme (die geloof) Dit is die rede waarom hierdie faksie van Joodse gelowiges van Jerusalem die nuwe nie-Joodse gelowiges in Galasië geleer het dat hulle besny moes word voordat hulle ten volle geïnkorporeer kon word in die gemeente van Messiaanse gelowiges. Wat hulle beweer het, was dat onbesnede gelowiges (mense van ander nasies), tot Judaïsme bekeer moes word alvorens hulle as Messiaanse Jode erken word. Soos ek gesê het, het hulle bekering vereenselwig met die reg van besnydenis. Vir hulle was besnydenis ‘n vereiste vir redding; Paulus het dit weerlê. Redding is ‘n vrye gawe van God en is nie voorgeskryf op grond van werke nie - dit is wat Paulus in Galasiërs 5:6 verklaar. Geen nie-Joodse gelowiges of Joodse gelowiges word gered deur besnydenis nie, soos die faksie uit Jerusalem bepleit nie. Eerder, soos Paulus dit stel, het die redding gekom deur “.....maar geloof wat deur liefde werk.” Ek hou van die wyse waarop Tim Hegg dit stel. "The conclusion, therefore, is that Paul is not talking about circumcision at all in his epistle to the Galatians. He is using the word circumcision as a synonym for conversion to the religion of Judaism. Paul is saying that a non-Jewish Believer in the Messiah Yeshua does not have to convert to Judaism in order to be saved and become a full participant in the covenants God has made with Israel. However, the covenant of

circumcision still stands, but as a sign, and not as a requirement of salvation in Messiah Yeshua."



Metzora

(Iemand wat ly aan Tzara’at (Leprose))


Levitikus 14:1 – 15:33

2 Konings 7:3 – 20

Matthéüs 23:16 – 24:2, 30 – 31


Ek vind twee parallelle uit hierdie Skrifgedeelte, wat vandag op ons van toepassing kan wees.


Melaatses was uitgeworpenes en gereken om nie net onrein te wees nie; melaatsheid was ook beskou as ‘n teken wat sonde verteenwoordig. Die eerste parallel is dus gebaseer op die feit dat dit die sonde verteenwoordig en so’n persoon kon dus nie ‘n heilige kamp binnegaan nie. Die parallel is dus dat ons ook nie die Koninkryk van die Hemel (God se Heilige Kamp) kan binnegaan met sonde in ons lewens nie. Soos ‘n melaatse, sou ons as onrein beskou word, melaats en uitgesluit uit die Koninkryk van die Hemel. Volgens die tweede parallel sien ons dat die priester die kamp moes verlaat om die melaatse rein te verklaar. Op dieselfde wyse moes Messias Jesus, ons Hoëpriester, die Hemelse Kamp verlaat en na die aarde toe kom om ons te bevry van ons sondes deur die storting van Sy bloed aan die kruis teneinde ons as rein te verklaar.


Waarom Jesus nie toelaat om nou in jou lewe te kom sodat Hy jou rein kan verklaar nie? Vra Hom eenvoudig om dit te doen en Hy sal dit doen.

       

Kom gou Jesus!

PDF weergawe



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking