✦

Almal Wie God Vrees en Doen Wat Reg is, is Welkom

Shemini
(Agste)


Levitikus / VaYikra {11:1} “En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê: Lev 11:2  Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is. {11:12}  Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou dit mag julle eet. {11:4}  Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; {11:5} en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; {11:6} en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; {11:7} ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle. {11:8}  Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie onrein is hulle vir julle. {11:9}  Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet. {11:10}  Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is ‘n gruwel is dit vir julle. {11:11}  Ja, ‘n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ‘n gruwel hou. {11:12}  Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie ‘n gruwel is dit vir julle. {11:13}  En die volgende moet julle van die voëls vir ‘n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, ‘n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; {11:14}  en die kuikendief en die valk volgens sy soorte; {11:15}  elke kraai volgens sy soorte; {11:16}  en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte; {11:17} en die steenuil en die visvanger en die steunuil; {11:18} en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël; {11:19} en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep hoep en die vlermuis. {11:20}  Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop ‘n gruwel is hulle vir julle.”

Soos julle in hierdie week se Parasha gelees het, onderrig God ons oor wat vir ons eetbare voedsel is en wat nie. Hy sonder spesifiek uit daardie diere, visse, voëls en insekte, dié wat geëet en wat nie geëet mag word nie deur die mens – in die besonder enige persoon wat in Jesus die Messias glo. Die hedendaagse geldigheid van hierdie lys word egter deur sommige mense bevraagteken. Hulle verklaar basies dat op grond van die Hernieude Verbond (Brit Chadasha), ons nie langer deur hierdie voorskrifte van die Tora gebind word nie. Één Skrifgedeelte wat hulle as bewys aanvoer is die volgende:

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:11} “hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. {10:12}  Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. {10:13}  Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! {10:14}  En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. {10:15}  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. {10:16}  En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.”

Die feit is dat hierdie gedeelte van die Skrif geensins betrekking het op kosher (geskikte / gepaste) – voedsel of die herroeping van die voedselwette nie – presies dié wat in vandeesweek se parasha beskryf word. Indien ‘n mens die konteks van hierdie gedeelte noukeurig nagaan, blyk dit duidelik dat die visioen wat aan Petrus (Kefa) geopenbaar is, betrekking gehad het op wat in ‘n ander deel van die land besig was om te gebeur.

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:1} “En daar was in Cesaréa ‘n man met die naam van Cornelius, ‘n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. {10:2}  Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. {10:3} Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius! {10:4}  En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom. {10:5}  Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word. {10:6}  Hy is tuis by ‘n sekere Simon, ‘n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.”

Hieruit blyk dit dat Petrus aan ‘n Romeinse kaptein, voorgestel sou word, wat binnekort gered moes word. Volgens die Judaïsme van destyds, het Jode geen omgang met nie-Jode gehad nie – allermins om hul huise te betree! Dit is, trouens, nogsteeds die praktyk onder sekere ultra-ortodokse sektes van Judaïsme. Derhalwe het God aan Petrus getoon dat hy nie slegs Jode tot redding moes bring nie, maar wel ook nie-Jode. God was besig om uit twee nasies, één nuwe mens te maak. Deur sy visioen van die neerdalende laken, het God aan Petrus geopenbaar, dat Hy besig was om diegene wat voorheen deur die Jode as onrein beskou is, te red en daardeur sekere mense van die nasies te reinig. Petrus moes dus nie langer nie-Joodse gelowiges as onrein beskou en hulle daardeur uitsluit van gemeenskap met ander Messiaanse Joodse gelowiges nie. Petrus het uiteindelik tot die besef gekom dat sy visioen nie op voedsel betrekking gehad het nie, maar wel op redding van nie-Jode. Dit blyk duidelik wanneer ons lees wat Petrus aan die die Romeinse kaptein gesê het toe hy sy huis binnegegaan het.

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:28} “en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie. ” {10:29}  Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.”

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:34} “En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, {10:35}  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.”

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2012-04-15


Dien Hom Met Opregtheid en Waarheid

Shemini
(Agste)


Levitikus/ Vayakira {9:23} “Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn {9:24}  vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.”

Levitikus/ Vayakira {10:1} “En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. {10:2}  Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.”

Dit was vir my interessant dat beide hierdie Skrifgedeeltes verwys na vuur wat vanuit die hemel gekom het. Ofskoon albei vure van die aangesig van God afgekom het, het dit met ‘n heel verskillende doel gebeur. In beide gevalle was dit ‘n verterende vuur – die één het egter die korban (naderkomsoffer) op die altaar verteer en lewe meegebring terwyl die ander vuur die seuns van Aäron verteer en dus die dood meegebring het.

Die Hebreeuse woord vir vuur is “Aish” en daarvan word die woorde “Ish” (as ēēsh uitgespreek) en vir vrou “Isha” (as ēēsha uitgespreek) afgelei. Die feit dat die woorde vir man en vrou van die woord vir vuur afgelei is, dui vir ons aan dat die vuur van God binne-in ons moet wees.

Die rabbi’s glo dat elke mens met die vonk van God in hulle geskep is. Hierdie vonk of essensie van God moet aangesteek / ontbrand word, vir ons om waarlik te lewe. Ek is van mening dat dit juis dít was wat Paulus bedoel het toe hy geskryf het:

Romeine / Romim {12:1} “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.”

Die korban moes altyd op die altaar geplaas word, waar dit deur die vuur van God verteer sou word. Dit was dan juis dáár waar sondevergifnis plaasgevind het. Vandag egter, moet ons by die kruis bly, waar die vuur van God die sonde in ons binneste sal verteer – ten einde daagliks aan onsself te sterf en daagliks tot eer van die Messias, Jesus, te lewe. By baie mense bestaan daar ‘n wanvertolking van die woorde van Johannes die Doper toe hy gesê het:

Lukas / Uri {3:16} “antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”

Christene van die Pinkster-denominansies vertolk hierdie Skrifgedeelte asof God hulle gaan vul, nie slegs met die Heilige Gees nie maar ook met die vuur (=krag) van die Heilige Gees. Ofskoon dit blykbaar aansluit by hulle “brandende”– teologiese oortuigings, is dit hoegenaamd nie wat met hierdie vers bedoel word nie. Die werklike betekenis hiervan gaan terug na die Tora, besonderlik die verse hierbo aangehaal. Die vuur van God daal neer van die hemel om een van twee dinge te doen en dit is óns keuse wat dit vir ons sal doen. Indien ons onsself as lewende korbanot (offers) wy, dan sal ons aan onsself sterwe en vir Jesus die Messias lewe. Indien ons verkies om ons eie gang te gaan en nie die gebooie van God te gehoorsaam nie, sal die vuur uit die hemel in oordeel neerdaal en ons lewens verteer.

Josua / Yehoshua {24:14} “Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE. {24:15}  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.”

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2012-04-15


Almal Wie God Vrees en Doen Wat Reg is, is Welkom

Shemini
(Agste)



Levitikus / VaYikra {11:1} “En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê: Lev 11:2  Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is. {11:12}  Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou dit mag julle eet. {11:4}  Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; {11:5}  en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; {11:6}  en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle; {11:7}  ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle. {11:8}  Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie onrein is hulle vir julle. {11:9}  Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet. {11:10}  Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is ‘n gruwel is dit vir julle. {11:11}  Ja, ‘n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ‘n gruwel hou. {11:12}  Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie ‘n gruwel is dit vir julle. {11:13}  En die volgende moet julle van die voëls vir ‘n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, ‘n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; {11:14}  en die kuikendief en die valk volgens sy soorte; {11:15}  elke kraai volgens sy soorte; {11:16}  en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte; {11:17}  en die steenuil en die visvanger en die steunuil; {11:18}  en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël; {11:19}  en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep hoep en die vlermuis. {11:20}  Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop ‘n gruwel is hulle vir julle.”

Soos julle in hierdie week se Parasha gelees het, onderrig God ons oor wat vir ons eetbare voedsel is en wat nie. Hy sonder spesifiek uit daardie diere, visse, voëls en insekte, dié wat geëet en wat nie geëet mag word nie deur die mens – in die besonder enige persoon wat in Jesus die Messias glo. Die hedendaagse geldigheid van hierdie lys word egter deur sommige mense bevraagteken. Hulle verklaar basies dat op grond van die Hernieude Verbond (Brit Chadasha), ons nie langer deur hierdie voorskrifte van die Tora gebind word nie. Één Skrifgedeelte wat hulle as bewys aanvoer is die volgende:

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:11} “hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. {10:12}  Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. {10:13}  Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! {10:14}  En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. {10:15}  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. {10:16}  En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.”

Die feit is dat hierdie gedeelte van die Skrif geensins betrekking het op kosher (geskikte / gepaste) – voedsel of die herroeping van die voedselwette nie – presies dié wat in vandeesweek se parasha beskryf word. Indien ‘n mens die konteks van hierdie gedeelte noukeurig nagaan, blyk dit duidelik dat die visioen wat aan Petrus (Kefa) geopenbaar is, betrekking gehad het op wat in ‘n ander deel van die land besig was om te gebeur.

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:1} “En daar was in Cesaréa ‘n man met die naam van Cornelius, ‘n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. {10:2}  Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. {10:3} Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius! {10:4}  En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom. {10:5}  Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word. {10:6}  Hy is tuis by ‘n sekere Simon, ‘n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.”

Hieruit blyk dit dat Petrus aan ‘n Romeinse kaptein, voorgestel sou word, wat binnekort gered moes word. Volgens die Judaïsme van destyds, het Jode geen omgang met nie-Jode gehad nie – allermins om hul huise te betree! Dit is, trouens, nogsteeds die praktyk onder sekere ultra-ortodokse sektes van Judaïsme. Derhalwe het God aan Petrus getoon dat hy nie slegs Jode tot redding moes bring nie, maar wel ook nie-Jode. God was besig om uit twee nasies, één nuwe mens te maak. Deur sy visioen van die neerdalende laken, het God aan Petrus geopenbaar, dat Hy besig was om diegene wat voorheen deur die Jode as onrein beskou is, te red en daardeur sekere mense van die nasies te reinig. Petrus moes dus nie langer nie-Joodse gelowiges as onrein beskou en hulle daardeur uitsluit van gemeenskap met ander Messiaanse Joodse gelowiges nie. Petrus het uiteindelik tot die besef gekom dat sy visioen nie op voedsel betrekking gehad het nie, maar wel op redding van nie-Jode. Dit blyk duidelik wanneer ons lees wat Petrus aan die die Romeinse kaptein gesê het toe hy sy huis binnegegaan het.

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:28} “en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie. ” {10:29}  Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.”

Handelinge / Ma’asai Talmidim {10:34} “En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, {10:35}  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.”

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2011-03-26

Barmhartigheid eerder as offerande

D’Var Torah
Agste – Shemini


Levitikus / Vayikra {10:16} “En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Eleásar en Itamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê: {10:17}  Waarom het julle die sondoffer nie op ‘n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE. {10:18}  Kyk, die bloed daarvan is nie binne in die heiligdom gebring nie. Julle moes dit sekerlik in die heiligdom geëet het soos ek beveel het. {10:19}  Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van die HERE? {10:20}  Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë. ”.

Wat vir my besonder interessant was van hierdie Skrifgedeelte, is Aäron en Moses se houding met betrekking tot die situasie. Deur dié Skrifgedeelte gee Moses, die, wetgewer, ons ‘n kykie van ‘n ander sy van karakter in soverre hy Aäron toornig teregwys omdat hy God se opdragte nie noukeurig nagekom het nie. Hy was immers wel bewus daarvan dat Aäron sopas sy twee seuns verloor het. Hy het gedink dat sy broer totaal gevoelloos was? Aäron het natuurlik gerou oor sy verlies en was moontlik ontsteld daaroor teenoor God. Nogtans lyk dit asof Moses dit nie in oorweging geneem het nie. Hy was immers taakgeorienteerd en duidelik ‘n streng nakomer van reels, wat dit syns insiens nodig geag het om nie sy emosies te toon nie, maar met die bepaalde taak voort te gaan, ongeag enige versagtende omstandighede. Ek dink Moses het die volgende feit nie in gedagte gehou nie:
Hosea / Hoshea {6:6} “Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. ”.

Jesus die Messias het dit duidelik uiteengesit en die Skrif bevestig toe Hy gesê het:

Matthéüs / Mattityahu {12:7} “Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie; ”.

As gelowiges in Jesus die Messias, moet ons onthou dat indien ons barmhartigheid verlang, ons ook barmhartigheid moet betoon. Ongeag of daar versagtende omstandighede mag wees, is dit onmoontlik om altyd met reëls te volstaan.

Ons kry ook ‘n kykie in die karakter van Aäron. Hy was in rou gedompel en dit was vir hom dus onmoontlik om met ‘n “skoon” hart voor die Here sy ampsdiens te verrig. Hy kon seker deur al die mosies gegaan en voorgegee het dat alles in orde was maar hy wou dit nie doen nie! Hy was geensins van plan om skynheilig te wees nie! Hy was dus nie van plan om sy priesterlike take met ‘n swaar gemoed uit te voer nie.

Psalms / Mizmor {100:2} “Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.”.

God verlang nie dat ons skynheilig moet wees nie. Indien ons besluit om Hom te dien, behoort ons dit met ons hele hart en aandag te doen want as ons gedagtes in beslag geneem word deur wêreldse dinge of ons eie omstandighede, is dit onmoontlik om met blydskap voor Hom te kom. Aäron het gevolglik reg opgetree deur nie van die offerande te eet nie. In die omstandighede waarin hy verkeer het asook sy gemoedstoestand, sou dit hom nie rein gemaak het nie maar wel skynheilig.

Openbaring / Hitgalut {3:15} “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! ”.

Wanneer ons as gelowiges die Here dien, mag ons nie halfhartig wees nie – dit sal geen doel dien nie. Ons is nie beveel om die Here met droefheid te dien nie maar eerder met blydskap.

Ten slotte, toon hierdie gedeelte aan ons die karakter van God. In die finale instansie het Hy Aäron se verduideliking aanvaar en dít is van die allergrootste belang in die wêreld vir ons. Dit bewys ons diens aan God kan nie volgens streng en vaste godsdienstige reëls geskied nie maar wel deur ‘n persoonlike verhouding. Dit sou nutteloos wees indien ons ‘n gebod, wat Hy gegee het, gehoorsaam slegs omdat Hy dit gegee het. Ons behoort Sy gebooie te gehoorsaam omdat ons Hom liefhet en begeer om Hom te behaag en volg, soos Hy ons versoek het om te doen.

Jesus die Messias het, trouens gesê:

Johannes / Yochanan {14:15} “As julle My liefhet, bewaar my gebooie. ”.


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou