Saterdag 03 November 2012

God Weet Wanneer Jy Lieg

3 November 2012 
D’Var Torah 
En Hy Het Verskyn – Vayera 


Genesis / Bereshit {18:13} “Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het? {18:14} Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê. {18:15} Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie-want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.”. 

Wanneer lieg ‘n mens? Hier word vertel dat Sara gelieg het omdat sy bang was. Dit is beslis een van die redes waarom mense dit doen. Ander redes is om hulle aansien te behou, hulle teen gevaar te beskerm, ‘n tipe voorsprong of voordeel te verkry, vir finansiële gewin, die oorhand te bekom, ander te beïndruk, iemand anders te beskerm, hulself te verontskuldig, ens. Hierdie is slegs sommige redes waarom mense lieg, maar daar is natuurlik talle ander ook. In die Skrif, word die ware rede vir leuens egter verstrek: 

Johannes / Yochanan {8:44} “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.”. 

Mense lieg dus omdat die satan hulle vader is. Maar vanselfsprekend waar! Die feit is dat almal een of ander tyd lieg, selfs ook diegene wat wedergebore gelowiges in Jesus die Messias is en ons almal het verskonings vir leuens. Sara s’n was omdat sy bang was. Het julle geweet dat om te oordryf ‘n leuen is? Ofskoon dit die mees algemene van alle leuens is, oordryf gelowiges tog sonder om te blik of te bloos. 

Dit is vir my interessant dat ons, as ouers, ons kinders geensins hoef te leer hoe om te lieg nie. 

Psalm / Tehillim {58:3} “Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.”. 

Die mees betreurenswaardige feit is, dat ons sondig en vanaf geboorte leuenaaars is! Jesus die Messias het gekom om ons van sulke sondigheid te verlos maar baie van ons, wat wedergebore gelowiges is maak ons nogtans aan leuens skuldig. Bedoel dit dan dat ons kinders van die duiwel is? Ons vlees is wel! Wanneer ons ons bekeer, is ons wedergebore uit die Gees – ons vlees verander geensins nie en behou die ou sondige gewoontes. Dit is dus ‘n ononderbroke stryd tussen ons gees en vlees. 

Dit is juis hier waar die volgende Skrifgedeelte van toepassing is: 

Fillipense / Pilifim {2:12} “Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;”. 

Verlossing hou nie by wedergeboorte op nie – ons moet ons eie verlossing uitwerk deur die eliminasie van vleeslike sonde. Ons moet ons vlees onderwerp aan ons gees en dus met alle leuenagtigheid wegdoen. 

Romeine / Romim {6:11} “Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.”. 

Ek is oortuig daarvan dat Sara ‘n duur prys vir haar leuen betaal het. Sy het aan haar vlees toegegee en gevolglik toegelaat dat die duiwel deur haar praat. Moontlik was dit die rede waarom die duiwel haar kon beïnvloed om haar slavin aan haar man te gee sodat sy vir hom ‘n kind kon baar. 

Dink ‘n oomblik daaroor na welke gevolge moontlik aan jou leuens toegeskryf kan word. God wéét wanneer jy lieg! “’Maar Hy sê :’ Nee, maar jy het gelag.’”

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking