Sondag 14 April 2013

Handhaaf ‘n Tora-perspektief

D’var Torah 
Spreek – Emor 

Matthéüs / Mattityahu 5:43 – 48

Levítikus / Vayikra {21:17}” Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie. {21:18} Want niemand aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: ‘n blinde of ‘n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie ‘n liggaamsdeel te lank is, {21:19} of iemand wat ‘n been of ‘n arm gebreek het, {21:20} of wat ‘n boggel het of uitgeteer is of ‘n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ‘n gebreklike skaamdeel het. {21:21} Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie. {21:22} Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet; {21:23} maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig. {21:24} En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.”. 

Daar is baie gebooie in die Tora wat tempel-afhanklik is, dit wil sê, wat afhang van ‘n funksionerende tempel in Jerusalem, ten einde van toepassing te wees. Wat ons hierbo lees, is slegs één van sulke gebooie. Dit is ‘n geldige gebod en is steeds deel van die Tora, maar kan egter nie vandag meer streng toegepas word nie. 

Daar is talle sulke wette in lande oor die wêreld heen. In Toronto, Kanada, is daar wette op boek wat nog op perde en koetse van toepassing is, maar op die hedendaagse strate, gevul met motors, geld hierdie wette nie langer nie. Sou die inwoners van Toronto egter ooit terugkeer na die gebruik van perde en koetse, sal die wette wat daarop van toepassing was, wéér geld en dus afdwingbaar wees. Dieselfde geld ten opsigte van hierdie en ander Tora-gebooie wat tempel-afhanklik is. Gevolglik is nie al die gebooie in die Tora vervat, vandag toepaslik nie. 

Ek kan my net voorstel hoedat die menseregte-aktiviste – wat gelyke toegang en gelyke regte eis – sou protesteer. Die feit is dat dit nie soseer oor gelykheid gaan nie – dit gaan oor ‘n soewereine God wat wette neerlê aangaande wie Hom mag nader om Hom in die tempel te dien en wie daartoe verbied word. Indien die betrokke aktiviste dus hierdie gebod bevraagteken, bevraagteken hulle inderwaarheid opperheerskappy van God om reëls en regulasies neer te lê wat die wêreld, wat Hy geskep het, te regeer; trouens, ek kan sonder twyfel sê dat diegene wat hierdie gebod bevraagteken, in werklikheid besig sou wees om die ware bestaan van God in twyfel te trek. Dit is die probleem met ons huidige liberale samelewing: die Bybel en die gebooie wat daarin vervat is, word bevraagteken en onder die skyn van gelyke regte, word die Tora van God ongeldig verklaar en die bestaan van God as’t ware ontken. 

Ons samelewing het nie soseer ‘n vuurwapen- of misdaadprobleem nie – ons het inderdaad ‘n God-probleem. Ons verkose amptenare het God, by wyse van wetgewing uit ons skole, uit die regering, uit ons howe en basies uit die land geban, met die gevolg dat ons nou die wrange vrugte van ‘n godlose samelewing pluk. 

Ongelukkig, is daar géén hoop op verbetering nie. 

Sodra ons die oppermag van God, om reëls en regulasies, wat Hy nodig ag, bevraagteken, stel ons ons lewens bloot aan ongehoorsaamheid. Die Bybel is ‘n boek wat ons sonder die geringste bevraagtekening móét aanvaar. Onthou: ons is die skepsels en Hy is die Skepper. Indien ons met hierdie perspektief volstaan, sal dit in ons lewens goed gaan. 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking