Saterdag 20 April 2013

Is jy bereid om jou lewe te verwed?

D’Var Torah 
Na die dood – Heiliges – Acharai Mot – Kedoshim 




Levítikus / Vayikra {18:6} “Lev 18:6 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE. {18:7} Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. {18:8} Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader. {18:9} Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie. {18:10} Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte. {18:11} Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie. {18:12} Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant. {18:13} Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant. {18:14} Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante. {18:15} Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. {18:16} Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer. {18:17} Jy mag die skaamte van ‘n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit. {18:18} Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie. {18:19} Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie. {18:20} En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie. {18:21} En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE. {18:22} Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel. {18:23} En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging. {18:24} Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.”. 

Die Skrifgedeelte wat ek hierdie week aanhaal, is betreklik lank, maar ek vind dit noodsaaklik vir ons om te lees: trouens, om die Skrifgedeeltes wat volg, ook te lees, is ewe belangrik. Wat is dan so betekenisvol? God verstrek aan ons Sy norme van moraliteit. Sekere dinge wat ons hier lees, mag vergesog voorkom: ‘n persoon wat geslagsgemeenskap met ‘n dier het, hoe onsinnig! Die feit is egter dat alles wat ons hier lees, is nie so vergesog of dwaas nie. Ongelukkig is ek bewus van die gemelde afskuwelikhede wat vandag nog in ons samelewing plaasvind. Die mensdom wat met mekaar geslagsgemeenskap het, is egter die minste van wat God ‘n afskuwelikheid noem. 

Kom ons wees eerlik, in soverre dat alles wat in die Skrif hierbo gemeld word, selfs vandag nog plaasvind. Onstellend is die feit dat baie van hierdie gruwels selfs deur regerings en godsdienstige leiers gepleeg word terwyl ons samelewing dit meeste van die tyd aanvaarbaar vind. Erger nog, is dat ons regering die aanvaarbaarheid van sommige van hierdie euwels wettig. Dit is inderdaad verontrustend, om die volgende rede: 

Levítikus / Vayikra {18:24} “Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf. {18:25} So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug. ”. 

Toe God Israel veroordeel en uit die Beloofde Land verban het, het Hy nie ‘n volk regverdiger as hulle gebruik om dit te doen nie – Hy het volkere baie sondiger as hulle gebruik: Asirië en Babilon. 

Daar is tans veel boser nasies wat ons bestaan in veragting bring en ons met ondergang bedreig: Noord-Korea en Iran, om slegs twee van vele te meld. Ons hier in die Weste geniet sulke wonderlike vryheid maar indien God dieselfde is as gister, vandag en vir ewig, verkeer ons as nasie in gevaar om oorweldig te word deur hulle wat sondiger is as ons. Ons het onsself te veel vryhede met óns vryheid veroorloof en sodoende God se gebooie verydel ten gunste van ons eie immorele begeertes. 

Die feit is dat wat ons ookal mag beskou as aanvaarbaar, is in die oë van God ‘n afskuwelikheid. Die vraag ontstaan dus: Is jy bereid om jou lewe en vryheid te verwed op wie reg is? 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking