D’Var Torah
Gaan jy heen – Lech Lecha
Genesis / Bereshit {12:10} “En daar was
hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as
vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
{12:11} En toe hy op die punt staan om
Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ‘n
vrou is mooi van aansien. {12:12} As die
Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou en hulle sal my doodmaak
en jou laat lewe. {12:13} Sê tog jy is
my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil
in die lewe kan bly. ”.
Agterna beskou is dit 20 / 20! Ons besef nou die gevolge van Abram se
tog na Egipte (Mitzrayim); dit is dus maklik vir ons om te sê dat indien óns in
Abram se situasie verkeer het, sou ons gebly en nie die land Kanaän verlaat het
nie. As Abram wel sou gebly het, sou daar geen Hagar gewees het nie, geen
Ismael, gevolglik geen Arabiese volk en dus ook geen Palestyne nie. Ons was egter
nie daar nie, met die gevolg dat ons nie werklik weet wat óns onder dieselfde
omstandighede sou gedoen het nie.
Ons moet onthou dat daar destyds geen fabrieke was nie en voedsel is nie
uit ander lande ingevoer soos die geval, trouens, vandag is nie (Kanada word in
die winter voorsien van vars vrugte en groente uit tropiese lande vanoor die
hele wêreld). In Abram se tyd was die mense afhanklik van hulle vee vir
oorlewing. ‘n Hongersnood, wat gewoonlik ontstaan het as gevolg van ‘n gebrek
aan reën, sou hulle ekonomie en hulle vee van honger laat omkom het. Die wete
dat daar volop weiding en voldoende voedsel in Egipte was, sou ‘n reis daarheen
besonder aanloklik gemaak het. Ons kan sekerlik ‘n vergelyking tref tussen wat
Abram destyds gedoen het en die migrasie wat plaasgevind het en, trouens,
steeds plaasvind in sowel Kanada as die Verenigde State, van mense wat werk
soek.
Daar bestaan egter geen “wat as” of “as dit ek was” wat God betref nie
nie. God het in Sy oppermag vir Abram uit sy huis en van sy familie af na die
land Kanaän laat trek. Dit was immers God wat die reën in Kanaän weerhou het,
wat tot hongesnood gelei het en dit was sonder twyfel Hy wat Abram laat besluit
het om tydelik na Egipte te trek. God is in algehele beheer van die menslike
geskiedenis. – daar is hoegenaamd niks wat op die gebied van die geskiedenis
gebeur, wat Hy nie beskik en orkestreer nie! Indien Abram die land Kanaän
verlaat het om na Egipte te gaan, was dit omdat God hom daarheen wou laat gaan,
Dit was ook geen toeval dat Abram Hagar bekom het en Ismael vir hom gebore is
nie, van wie die Arabiese nasies afgestam het: God het dit alles beskik vir één
uitsluitlike doel: om die mensdom na Homself terug te bring.
Ek besef dat daar onbeskryflike boosheid vandag in die wêreld heers en
ons sien soveel klaarblyklik hulpelose onskuldige mense wat doodgemaak word.
Dit laat ‘n mens onwillekeurig vra: “Waar is God dan te midde hiervan, waarom
laat Hy toe dat al hierdie dinge gebeur?” Ons moet egter onthou dat God, in die
tyd van Noag, alles wat asem gehaal het, deur ‘n vloed uitgewis het. Hy het
niks ontsien nie – selfs nie eers pasgebore babas nie. Slegs ses regverdige
volwassenes is in die ark toegelaat, tesame met duisende diere, voëls en
insekte en dit is omrede:
Hábakuk
/ Havakkuk {1:12} “Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my
Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot ‘n strafoordeel het U hom bestel en,
o Rots, tot ‘n tugroede het U hom bestem! {1:13} U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te
sien en die onreg nie kan aanskou nie—waarom aanskou U die trouelose, swyg U
wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy? ”.
Ons kan nooit die waarom en waarvoor van God se besluite begryp nie maar
kan verstaan dat wat Hy ookal doen, uiteindelik sal eindig in die redding van
die regverdige en die eliminasie van alles wat goddeloos is. Ons
verantwoordelikheid ten opsigte van hierdie dinge is om seker te maak dat ons
een van die regverdiges is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking