D’Var
Torah
En hy
het nadergekom – Vayigash
Genesis /Bereshit {44:18} “Toe kom Juda nader na
hom en sê: Ag, my heer, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my
heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met
Farao. {44:19} My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle 'n vader of
broer? {44:20} En ons het my heer geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is
'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen
oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief. {44:21} Toe het u aan u
dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig. {44:22} En
ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy
vader sal sterwe as hy hom verlaat.”.
Ons het
al almal die uitdrukking gehoor: “Die grootste verhaal wat ooit vertel is”,
maar ek meen dat hierdie verhaal “Die grootste liefdesverhaal is wat ooit
vertel is.”. Jakob (Ya’acov) se kinders, wat hy by sy vrouens, anders as Ragel
(Rivka), gehad het, was so bewus van hulle vader se liefde vir Ragel, dat hulle
besef het dat hy sou sterwe as hy Benjamin (Benyamin) moes verloor.
Jakob
was bedrieg om te glo dat Josef (Yoseph) dood is, dat hy deur ‘n wilde dier
doodgemaak is. Indien Jakob dus ook vir Benjamin moes verloor het, sou dit hom
sonder ‘n lewende herinnering aan sy geliefde Ragel gelaat het. Ons weet almal
dat Jakob vir veertien jaar moes werk om Ragel te verkry, maar vanweë sy liefde
vir haar, het dié tyd geblyk om verby te vlieg. Hoe het hy sy geliefde vrou nie
gemis nie! Soveel so dat hy Benjamin nie kon laat gaan nie, vir ingeval enige
onheil ook oor hom sou kom.
Dit is
nie ongewoon nie vir ‘n egpaar wat lank getroud en deur ‘n verhouding van ware
liefde gebind was, dat, wanneer een te sterwe kom, die agtergeblewene kort
daarna ook sterf. Oënskynlik het Jakob dieselfde band en liefdesverhouding met
Ragel gehad. Ek glo dat hy dus net vir Benjamin, die laaste oorblywende seun
van hom en Ragel, nog bly leef het. Wat hierdie verhaal nog ryker aan inhoud
maak, is dat sy ander seuns daarvan bewus was.
Die
seuns het besef dat wat hulle aan Josef gedoen het, verkeerd was en hulle nie
geweet wat van hom geword het nie. Al wat hulle geweet het, was dat hy dood is
en juis daarom is hulle oorweldig deur skuldgevoel en berou. ‘n Aansienlike
verandering het egter in hulle lewens plaasgevind. Hulle wat lewenslank op
Josef jaloers was en verbitterd gevoel het omdat hulle vader hom altyd
voorgetrek het, verander skielik van gesindheid en raak bedagsaam, besorg en
vol deernis, ten einde nie enige verdere skuldgevoel te verduur deur hulle
vader se lewe in gevaar te stel nie.
Numeri / Bamidbar {32:23} “Maar as julle nie so
doen nie, kyk, dan sondig julle teen die HERE, en weet dan dat julle sonde
julle sal uitvind.”.
Daar is
nêrens waar ons kan wegkruip, niks wat ons kan doen, geen leuen wat ons kan
vertel nie wat kan verhoed dat ons sonde uiteindelik blootgelê word nie.
Jeremia / Yirmeyahu {23:23} “Is Ek 'n God van
naby, spreek die HERE, en nie 'n God van ver nie?”.
Dit is
absoluut nutteloos vir ons om ons sonde te probeer wegsteek of toesmeer. Net
soos God elke omstandigheid in die lewens van hierdie tien broers beskik het om
hulle sonde te openbaar en tot berou te bring, so sal Hy ook met ons handel!
Dit is dus vir ons beter om so gou doenlik ons sonde te bely en berou te betoon
as om te versuim totdat God ons konfronteer en ons sonde openbaar, soos wat Hy
met Josef se broers gedoen het. Dis altyd beter om nederig te wees in plaas
daarvan om verneder te word.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking