D’Var
Torah
In die
wildernis – Bamidbar
Númeri / Bamidbar {1:47} “Maar die Leviete,
volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie. {1:48} Die HERE het naamlik met Moses gespreek en
gesê: {1:49} Net die stam van Levi moet
jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem
nie; {1:50} maar stel jy die Leviete aan
oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat
daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en
húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan. “
Númeri / Bamidbar {3:9} “En jy moet die Leviete
aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van
Israel. {3:10} Maar Aäron en sy seuns
moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die onbevoegde wat
nader kom, moet gedood word. ”.
Die Leviete (Leviim) was ‘n geseënde en gesalfde
stam. God het hulle uit al die stamme van Israel gekies om Hom te dien deur aan
Aäron (Aharon) en sy seuns van diens te wees. Soos ons kan sien, het God dit
egter duidelik gestel dat hulle hul tot hulle eie verantwoordelikhede sou
beperk en nie begeer of probeer aanmatig om die verantwoordelikhede van Aäron
of sy seuns op hulle te neem nie.
Die Leviete was in drie stamgroepe (“clans”)
verdeel, waarvan elkeen sy eie verantwoordelikhede gehad het; één stamgroep mag
nooit op die ander se verantwoordelikhede uitruil nie. Elkeen s’n was ‘n individuele,
permanente verantwoordelikheid. Die vaders van elke stamgroep sou hulle seuns
onderrig en dus hulle onderskeie take aan hulle oorlewer om sodoende die take
van die betrokke stamgroep van geslag tot geslag te verewig. Dieselfde het ook
vir die gewone Israel gegeld, in soverre dat die vaders altyd hulle seuns húl
ambag geleer het. Ons sien dit ook in die geval van Jesus. Sy stiefvader,
Josef, was ‘n skrynwerker en dus het Hy, met behulp van Josef se
“vakleerlingskapopleiding”, Hom ook as ‘n skrynwerker bekwaam. Tot en met die
middel van die 1900’s, was dit in Noord-Amerika die algemene praktyk en is dit,
trouens, steeds die geval in baie van die ontwikkelende lande van die wêreld.
Baie vanne, veral onder die Jode, dui op die
ambagte wat hulle voorvaders beoefen het, soos byvoorbeeld my van Farber. Dié
van is oorspronklik Duits-Jiddisj en beteken “verwer / verkleurder”, wat di
took met kleur of verwer vereenselwig. Die moontlikheid bestaan dus dat my
voorouers betrokke was by kleur, verf of verkleuring (“dyeing”).
Ek glo dat God volkomenheid van ons verwag: Hy
verlang da tons Hom na die beste van ons vermoë en met al ons krag sal dien.
Watter beter wyse is daar as om in volkome toewyding altyd op dieselfde wyse
diensbaar aan Hom te wees! Herhaling maak ons bedrewe! My eie ondervinding
staaf hierdie waarheid. Wanneer ek iets nuuts doen, is daar altyd ‘n leerkurwe.
Dit kan my enigiets van ‘n week tot ‘n maand neem voordat ek aan ‘n nuwe taak
gewoond raak. Dit verg tyd om iets nuuts aan te leer, maar as ‘m mens dit ten
ene male aangeleer het en beoefen, word dit ‘n tweede natuur. ‘n Taak wat
aanvanklik moeilik en omslagtig was, word deur gereelde herhaling, maklik en
volmaak. Ek is oortuig daarvan da tons almal een of ander tyd in ons lewe dít
wat ek sê, alreeds ondervind het.
Herhaling kan egter problematizes raak en
ongelukkig is dit soos ons menslike natuur is. Ons raak verveeld om dieselfde
ding oor en oor te doen, veral wanneer dit werk betref. Soos ons in ‘n
toekomstige parasha sal merk, is dit presies wat met die Leviete gebeur het.
Indien ons God gaan dien op die wyse waarop Hy verlang om gedien te word, sal
ons aan herhaling móét gewoond raak. Verveeldheid is dus iets wat ons móét te
bowe kom in ons nimmereindigende strewe om ons redding te verwenselik; trouens,
dit beantwoord juis aan die beginsel om aan onsself te sterwe en om vir God te
lewe.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking