Vrydag 09 Mei 2014

Doen dit aan hulleself

D’Var Torah
My Verordeninge / Bechukotai
Doen dit aan hulleself


Levitikus / Vayikra {26:14} “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; {26:15}  en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek {26:16}  dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. {26:19} En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. {26:21}  En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes. {26:27}  As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit, {26:28}  sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes. ”.

Hoe kan iemand so aanmatigend wees om te dink dat hy / sy met enigiets kan wegkom wat hulle teen God en Sy gebooie pleeg? Tog is daar talle mense wat dit doen! Ongelukkig weet ek van mense wat vanweë hulle ongehoorsaamheid verskriklik ly onder die hand van God. Mense wat dink dat hulle niks verkeerds gedoen het nie en trouens onder die valse indruk verkeer dat hulle goeie mense is; nietemin ly hulle, nie vanweë die goeie wat hulle gedoen het nie, maar vanweë dít wat verkeerd was.

Baie van hierdie mense erken dat hulle nie kon aanvaar of glo aan ‘n God wat sulke verskriklike dinge aan hulle gedoen het nie en kla daaroor by Hom of ontken selfs dat Hy bestaan. Hulle beweer: “Hoe kan ek aan God glo wat sulke verskriklike dinge aan my doen?” Die feit is egter dat dit nie God is wat dit aan hulle doen nie, maar hulle wat dit aan hulleself doen! Indien hulle net sou tyd inruim om die Woord van God – die Tora – te lees, sou hulle tot die besef kom dat God nie willekeurig kwade dade pleeg nie – Hy doen dit wel in reaksie op ‘n persoon se ongehoorsaamheid aan Sy gebooie (mitzvot).

Dieselfde persone wat kla oor wat God hulle aandoen, is juis diegene wat nooit Sy Woord lees nie. Hulle besef dus nie dat die Skepper van die heelal, almagtig en alwetend is nie, dat Hy nie bespot of ondervra kan word nie en dat Hy kwaad met kwaad en goed met goed sal vergeld. Omdat hulle nie Sy Woord lees nie, besef hulle gevolglik nie wat God as goed of wat Hy as kwaad reken nie. Wanneer iemand hulle daaroor waarsku, steur hulle hulself bloot nie daaraan nie.

Dit bring my by die betrokke vers wat ek hierbo aangehaal het {26:19} “En ek sal julle sterke trots verbreek…”.

Hierdie vers bevat die kern van dié persone se problem: die trots wat hulle in hul eie krag het. Hulle verkeer onder die indruk dat hulle onafhanklik van God kan lewe, dat hulle hul eie lewe na willekeur kan voer, dat hulle hule eie reëls kan bepaal en ofskoon hulle besef dat hulle onderhewig aan die betrokke nasie se wetlike stelsel is, voel hulle geensins verantwoordelik aan dié God wat alle volkere en alles verder wat bestaan, geskep het nie. Gevolglik onteer hulle Sy Sabat, verontagsaam Sy wette met betrekking tot wat hulle mag eet of nie eet nie, skinder, lieg, verkul en doen verder alles wat met die Woord van God teenstrydig is. Dan han hulle kwansuis nie verstaan waarom hulle lewens gebuk gaan onder sorge en verdriet nie…

Ek het by geleentheid ‘n grap gehoor, wat ek graag met julle wil deel: “n Groep wetenskaplikes het aangekondig dat hulle ‘n baie belangrike wetenskaplike deurbraak bereik het. Hulle het die geheim van skepping uitgevind en ‘n dier uit die grond van die aarde geskep. Synde ateïste, het hulle dus die geldigheid van ‘n skepper uitgedaag en besluit om aan die ganse wêreld te bewys dat daar geen God was nie omdat wetenskap nou kon skep. Ter voorbereiding van hulle demonstrasie, het hulle ‘n hoop grond (“dirt”) bymekaar gemaak en aangekondig dat hulle ‘n koei gaan skep. Skielik, te midde van hulle demonstrasie, het ‘n luide stem vanuit die hemel geklink en God het gesê: “Gebruik julle die grond!”.

Vandeesweek se parasha behoort as ‘n oproep te dien aan almal wat hierdie uiteensetting (drash) lees. Indien julle God se verordeninge eerbiedig en Hom vereer, sal julle geseën word, maar as julle dit nie gehoorsaam nie, PASOP!!!

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking