D’Var
Torah
Deuteronomium / Devarim {1:3} “Dit is die woorde
waarmee Moses die hele Israel toegespreek het oos van die Jordaan in die
woestyn, in die Vlakte teenoor Suf, tussen Paran en Tofel en Laban en Háserot
en Di-Sahab. {1:2} Elf dae is die pad
van Horeb af na die gebergte Seïr tot by Kades-Barnéa. {1:3} En in die veertigste jaar, in die elfde maand,
op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net
soos die HERE ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het; ”.
Het julle al ooit die gesegde gehoor: “Diegene
wat nie uit die verlede leer nie, is bestem om dit te herhaal?” Dit was
skynbaar ‘n beginsel deur God ingestel hier in Deuteronomium. Hoe weet ons dit?
Dit was God wat Moses beveel het om aan hierdie nuwe geslag van die kinders van
Israel ‘n grondige en volledige geskiedenisles voor te hou, met die verwagting
dat hulle daaruit sou leer. Die les was gegrond op die omswerwinge, prestasies
en foute van die geslag wat Egipte eerste verlaat het. Hierdie nuwe geslag moes
noodwendig elke onaangename besonderheid van hulle ouers se tekortkominge
verneem sodat hulle dit nie self sou herhaal nie.
Baie van ons neem te veel van wie ons is, waar
ons is en hoe ons hier beland het as vanselfsprekend aan. Daar is egter ‘n
aansienlike gedeelte van die geskiedenis geleë agter wat elkeen van ons gebring
het tot op die punt waar ons nou is asook kennis dat die geskiedenis bygedra
het om ‘n herhaling van dieselfde foute te voorkom. Dit is dus ‘n goeie idee
vir elkeen van ons om van ons familiegeskiedenis kennis te dra en veral die
besonderhede van vorige geslagte om te verhoed dat ons nie hulle foute herhaal
nie. Daarbenewens sal ons, bewus van ons voorgeslagte se verlede, beter
toegerus wees om onsself gedeeltelik te bevry van die “bagasie” wat ons saamdra
in ons nuwe lewe as gelowiges in Jesus die Messias. Ek glo dat vele van die
probleme wat gelowiges in hulle lewens ervaar, aan hulle famiiegeskiedenis te
wyte is. Sommiges verwys daarna as geslagsvervloekinge maar ek beskou dit bloot
as “bagasie” wat ons uit ons ou lewe na ons nuwe lewe saamdra en ons dit beslis
moet “aflaai” indien ons geheel-en-al vry wil wees.
Ons is almal bewus van die feit dat ons ons
ouers se gene dra. Dit is die rede warom ons soms soos hulle lyk en heel
dikwels ook soos hulle optree; trouens, ons ouers was ook die draers van húlle
ouers se gene en so het dit volgens geslagslyn verloop. Netso openbaar ons ook
sommige van ons ouers se geestelike eienskappe. Derhalwe verteenwoordig ons nie
slegs ons voorouers fisies nie maar ook spiritueel.
Eksodus / Shemot {34:7} “wat die
goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde
vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die
vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die
vierde geslag. ”.
Watter voorbeelde van oorerwing van voorgeslagte
kan genoem word? Woede, seksuele perversie, egbreuk, heksery, angs om maar net
‘n paar te noem. Alhoewel ons van Bo “Weergebore” is deur die aanvaarding van
Jesus die Messias as ons Here en Redder, word ons vernuwe al behou ons ons ou
natuur en vleeslike self. Dit is alles dinge uit óns verlede van ons voorouers.
Juis daarom worstel gelowiges dikwels met hulle geloof; ofskoon hulle
wedergebore is, het hulle nooit hul vlees gekruisig nie, maar aan húlself
gesterwe.
1 Korinthiërs / Korintim Alef {9:27} “Maar ek
kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander
gepreek het, self verwerplik sou wees nie.”.
Paulus (Shaul) het ook met sy verlede en
“bagasie” geworstel in sy nuwe lewe as gelowige, maar geensins toegelaat dat
dit sy nuwe lewe beïnvloed nie. Hy het homself gedissiplineer om die verlede
met gepaardgaande versoekings om te sondig, te weerstaan, soos hy dit gestel
het:
Filippense / Pilifim {3:14} “Maar een ding: ek
vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die
doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. ”.
Ons kan van ons ou bagasie ontslae raak maar
soos ons uit die bovermelde Skrifgedeeltes sien, sal dit beslis ‘n daadwerklike
poging van ons vereis. Die probleem is egter dat nie elke gelowige bereid is om
hierdie noodsaaklike poging aan te wend nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking