D’Var
Torah
Wanneer
jy uitgaan / Ki Tetze
Haftarah:
Jesaja / Yeshayahu 54:1 - 10
Brit
Chadashah: Lukas / Uri 23:1 - 25
Deuteronomium
/ Devarim {22:1} “Jy mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien
ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer
terugbring. {22:2} En as jou broer nie
naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy dit in jou huis neem, en dit
moet by jou wees totdat jou broer dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee.
{22:3} So moet jy ook doen met sy esel,
en so moet jy doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou
broer wegraak, wat hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie.
{22:4} Jy mag die esel van jou broer of
sy bees nie sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet
jy hulle sekerlik ophelp. {22:5} ‘n Vrou
mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want
almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel. {22:6} As jy op pad ‘n voëlnes kry in een of ander
boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die
klein voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die
kleintjies wegneem nie. ”.
Wat ek
uit hierdie week se parasha nagelees en dít wat ek toe geskryf het, is geensins
‘n regstreekse byeenraping uit die bovermelde lesing nie. Ek het hierdie
gedeelte bloot toevallig gekies omrede die onderwerp waaroor ek wou skryf, geen
spesifieke gedeelte van die parasha betref nie, maar eerder op die parasha in
geheel betrekking het. Die eerste wat my bygeval het toe ek die parasha Ke
Tetze deurgelees het, was ‘n Skrifgedeelte uit parasha Va’etchanan:
Deuteronomium
/ Devarim {4:7} “Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos
die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep? {4:8} En watter groot nasie is daar wat sulke
regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle
vandag voorhou? ”.
Die
verse uit parasha Ke Tetze bevat ongetwyfeld regmatige en regverdige lesse,
wette, statute en uitsprake. Wat hier geleer word, sal met die toepassing
daarvan, bydra om die grondslag vir ‘n ware regmatige en eerbare samelewing te
verseker. Bykans elke aspek van ‘n gemeenskaplike sosiale lewe, word deur een
of meer verse van Ke Tetze gedek.
So
byvoorbeeld: Wie in die Bybel het gesê dat vroue gemarginaliseer moet word?
Wel, parasha Ke Tetze bewys dit verkeerd. Die verse van die betrokke parasha
bevat wette en voorskrifte wat die waardigheid en regte van vroue respekteer.
Wie sê dat eienaars toegelaat is om hul slawe wreed te behandel (onthou dat
slawerny in die Bybel meesal in plaas van bankrotskap gegeld het. ‘n Skuldenaar
het hom daarvolgens aan sy skuldeiser verkoop en kon dus sy onbetaalde skuld
afwerk)? Indien ‘n slaaf wreed behandel is en van sy eienaar weggeloop het,
moes die persoon wat aan hom asiel verleen het, hom / haar nie na sy wrede
eienaar terugstuur nie. Daarbenewens word ons in parasha Ke Tetze geleer hoe om
‘n ander persoon se eiendom te behandel wanneer ons vasstel dat dit aan hom
behoort. Ons word geleer hoe om op te tree teenoor iemand wat in nood om hulp
en bystand verkeer. So gaan die lys aan. Die bepalings in hierdie parasha is
magtig, ryk, prakties en netso toepaslik as wat dit duisende jare gelede was –
ons moet dit slegs in ons hedendaagse konteks toepas.
Ek weet
wat jy miskien dink, maar wat van hierdie verse?
Deuteronomium
/ Devarim {21:18} “As iemand ‘n koppige en wederstrewige seun het, wat nie
luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en hulle hom
tugtig, maar hy na hulle nie luister nie, {21:19} dan moet sy vader en sy moeder hom neem en
hom uitbring na die oudstes van sy stad en na die poort van sy woonplek,
{21:20} en hulle moet aan die oudstes
van sy stad sê: Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie
na ons stem nie, hy is ‘n deurbringer en dronkaard. {21:21} Dan moet al die manne van sy stad hom stenig,
dat hy sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei, en die hele
Israel sal dit hoor en vrees. ”.
Ek dink
ons moet eerstens onthou dat, volgens God, halstarrige en opstandige mense
beslis die toorn van God op hulle lewens sal haal en selfs ‘n voortydige dood
deur Sy hand mag oorkom. God se geregtigheid kan nie versag word nie, selfs
indien ons Sy geregtigheid nie uitvoer nie. Net omdat iets ons nie pas nie, ons
byvoorbeeld ons denkwyse asook ons hedendaagse en liberale regstelsel, beteken
dit geensins dat God Sy geregtigheid sal wysig nie. Ek kan julle verseker dat
Hy hoegenaamd nie Sy wyse verander om dit volgens ons manier te doen nie; Hy
doen dit steeds op Sy wyse. God het ons nie nodig om Sy geregtigheid te laat
geld nie. Hy is by magte om dit op Sy eie uit te voer, met of sonder ons. Die
mens se wet temper hoegenaamd nie God se wet nie! Beteken dit dat ons God moet
vrees? Geensins nie – dit beteken dat ons Hom moet gehoorsaam en ons
gehoorsaamheid behoort uit liefde en nie uit vrees vir straf of gevolg te wees
nie. Hoe kan ons God voldoende liefhê om Hom te dien?
God het
ons so lief gehad dat Hy in die vlees na die aarde neergedaal het as Jesus die
Messias om te sterf en vir ons sonde te boet. Ons liefde en aanvaarding van
Jesus die Messias, maak dit dus vir ons moontlik om God só lief te hê as wat Hy
ons liefhet.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking