D’Var
Torah
…En ek
het gepleit / Va’etchanan
Deuteronomium / Devarim {3:7} “Want watter groot nasie het gode wat vir
hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?
{4:8} En watter groot nasie is daar wat
sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek
julle vandag voorhou? {4:9} Neem jou net
in ag en wees terdeë op jou hoede, dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë
gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie;
en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak:”.
Ek het onlangs gekyk na ‘n dokumentêre program oor die totstandkoming
van die staat Israel, wat in 1945 plaasgevind het. Daarin is werklike
uittreksels, sowel klank as video-opnames vertoon van David Ben Gurion, Israel
se eerste Minister, waarin hy die skamele weermag en patriotte wat vir hulle
jong tuisland veg, gelei en aangemoedig het.
Hulle het geveg teen hordes Arabiese volkere, wat hulle aangeval en
omsingel het. Dit het geblyk om ‘n onmoontlike situasie te wees. Ten spyte van
hulle geringe getalle, swak opleiding, indien enige, en gebrek aan wapens en
geskikte gevorderde wapentuig, het hulle die vyand egter wonderbaarlik verslaan
en daarin geslaag om hulle sodoende weereens te vestig as ‘n Joodse staat, te
midde van omringende vyandiggesinde volkere wat vasbeslote op hulle
vernietiging ingestel was. Alleenlik God kon hulle van so ’n oorwinning
verseker.
Dit was soos in Bybelse tye toe Israel, met die hulp van God se
leërmagte, twee-en driemaal groter en sterker as hulleself, verslaan het.
Deuteronomium / Devarim {3:7} “Want watter groot nasie het gode wat vir
hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep? ”.
Ons God is ‘n ontsagwekkende God. Hy is naby Sy volk en beskerm Sy land.
Ek is gereeld in verbinding met vriende in Israel en verneem gevolglik
van dinge wat dáár gebeur, wat nie aan die Westerse nuusmedia bekendgemaak word
nie. So is ek byvoorbeeld meegedeel van ‘n aanvallende missiel vanaf Hamas wat
direk op die sentrale treinstasie van Tel Aviv geprojekteer was. Dit is ‘n
digbevolkte en besige area met omringende groot kantoorblokke asook ‘n groot,
moderne inkopiesentrum, wat altyd vol kopers is en passasiers wat na en vanaf
die treinstasie beweeg. Die Israeliese weermag het ‘n “Iron Dome”-missiel
afgevuur om die betrokke teiken vanuit die lug te tref maar dit het sy teiken
gemis – iets wat hoogs uitsonderlik gebeur. ‘n Tweede missiel is onmiddelik
daarna afgevuur, wat ook op onverklaarbare wyse nie die teiken getref het nie
en selfs met ‘n derde missiel het dieselfde gebeur. Daar is sonder versuim ‘n
bevel uitgereik om die bogemelde area te ontruim en noodvoertuie asook dokters
en ander mediese personeel op ‘n gereedheidsgrondslag te hou vir die
behandeling van beseerdes. Daar was geen twyfel dat ‘n missiel sou tref en
ongeëwenaarde lewensverlies en skade kon veroorsaak nie. Skielik is daar
gerapporteer dat ‘n hewige sterk wind ontstaan het en die omvang daarvan
teweeggebring het dat die missielbaan in so ’n mate gewysig is dat dit
skadeloos oor die kus beweeg en in die see gestort het. Die vraag ontstaan dus:
was dit toeval of ‘n wonderwerk? Veel meer sulke voorvalle het tydens die
huidige oorlog met Gasa gebeur; trouens, so dikwels dat dit hoegenaamd nie aan
blote toeval gewyt kan word nie – dit is voorwaar wonderwerke!
Hamas en die ander Arabiere nasies kan beslis nie wen nie – hulle sal
nooit oorwin nie. Nie op grond daarvan dat hulle nou teen ‘n beter toegeruste,
beter opgeleide mag veg nie, maar omdat hulle die stryd teen die God van Israel
voer en Hy die land nie aan húlle belowe het nie – Hy het dit aan die kinders
van Israel belowe en:
Deuteronomium {3:7} “Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so
naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep? ”.
Wees dus vol moed, julle wat deel is van – en ingesluit is onder God se
volk – beide Jode en nie-Jode – omrede julle ‘n ontsagwekkende God dien en deel
is van ‘n volk vir wie Hy sorg, in so ’n mate dat julle ook met vertroue kan
sê:
Deuteronomium {3:7} “Want watter groot nasie het
gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom
aanroep? ”.
Congregation Melech Yisrael alle
regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking