Saterdag 16 Januarie 2016

'n Verharde Hart

Bo
(Gaan)

Eksodus / Shemot {10:1} "Verder het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig, {10:2} en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is."

Het jy al ooit iemand met ‘n verharde hart teëgekom? Ek het egter heel dikwels met mense met verharde harte te doen. Ek kon kwaad word; ek kon wraaksugtig voel omdat hulle my werklik groot hartseer aandoen, maar nadat ek vandeesweek se Skrifgedeelte gelees het, het my droefheid en kommer verander in hoop en bemoediging. Ek sal dit egter weldra verder verduidelik.

Op hierdie juiste tydstip, terwyl ek besig is om te skrywe, is Israel verwikkel in ‘n oorlog teen Hamas. Ek sê spesifiek Hamas, omdat ek glo, Israel niks teen die “Palestynse” volk het nie; trouens daar is tien duisende “Palestyne” wat in Israel woon, werk en vooruitstrewend is. Hierdie is nie ‘n oorlog teen ‘n volk, of ‘n etniese groep of gemik teen ‘n godsdiens nie. Dit is ‘n stryd teen ‘n bekende terroristegroep wat, ofskoon Hamas gekose verteenwoordigers in die regering van Gasa het, totale beheer oor die parlement van Gasa geneem het, deur ‘n gewapende greep. Dit is ‘n terroristegroep wat nog nooit sy eie wapenstilstand-ooreenkoms met Israel nagekom het nie en doelbewus daarop uit is om sowel Israel as Judaїsme in die wêreld totaal te vernietig en elimineer. Dit is ook ‘n groep wat bande het met die terroriste, wat verantwoordelik was vir die dood van meer as 3000 onskuldige mense, vrouens en kinders ingesluit, met die stralers wat in die die “Twin Towers”, New York vasgevlieg het. Hulle prys selfs die gebeurtenis! Dit is ‘n groep wat deels daarvoor verantwoordelik is dat elke wetsgehoorsame burger, dwarsoor die wêreld, onderwerp word aan deursoekings en inspeksies, wanneer hulle per vliegtuig reis.

Dit is onstellend om te verneem dat Moslems – gewone burgers en nie terroriste nie – oor die wêreld heen sinagoges ontsier, brandbomme op Joodse aanbiddingsplekke gooi, Jode aanrand en haat – en lasterlike plakkate tydens hul pro-Gasa demonstrasies vertoon, omdat dit nie ‘n oorlog teen húlle is nie. Trouens, dit is ‘n oorlog wat vir hulle op die lange duur gaan begunstig.

Ek koester egter geen haat teen die Moslems nie maar dit is werklik onverstaanbaar dat hulle hierdie oorlog in ‘n godsdienstige stryd verander het, waardeur hul haat teen Jode wêreldwyd, gemik is. Dit is ‘n oorlog teen terroriste, wat nie huiwer om onskuldige mense as skilde en pionne te gebruik ten einde hul doel te bereik nie.

Hoe het dit alles dan betrekking op ons weeklikse oordenking? Dit het alles daarmee te doen omdat hierdie oordenking juis oor hartsverharding handel! Die sekuriteitsraad van die Verenigde Volkere het onlangs ‘n bindende resolusie aanvaar, wat die onmiddelike beëindiging van die oorlog in Gasa beveel. Israel sou natuurlik, ten einde sy internasional reputasie en geloofwaardigheid te handhaaf, daardie resolusie moes respekteer. Hamas daarenteen het aangekondig dat hul weier om buitelandse waarnemers op hul grondgebied toe te laat en, omdat hulle nie aan die VN – resolusie deelgeneem het nie, hulle gevolglik nie die betrokke resolusie sal gestand doen nie en dus duur die konflik voort. Het God die harte van die Hamasleierskap verhard om Israel in staat te stel om te voltooi wat hulle begin het, of soos in die voorafgaande verse, het Hy hulle harte verhard sodat ons “kan weet dat Ek die Here is”? Dit bring my by ‘n verdere saak.

Hebreërs {4:16} ”…Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie.”

Hierdie vers herhinner selfs vir ons dat ook ons harte kan verhard. Dit sou ‘n skande wees indien God, vanweë julle verharding van hart, julle sou gebruik om Sy heerlikheid aan ander te toon, soos wat Hy die Farao gebruik het!


Kom gou Jesus!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking