VaEra
(En Ek het Verskyn)
Wat sal die satan doen om God te probeer teenwerk!
Eksodus / Shemot (6:1) “Verder het God met Moses gespreek en
vir hom gesê: Ek is die HERE. {6:3} (6:2) En Ek het aan Abraham, aan Isak en
aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie
aan hulle bekend gemaak nie. {6:4} (6:3) Ook het Ek my verbond met hulle
opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap
waarin hulle vertoef het; {6:5} (6:4) en Ék het ook gehoor die gekerm van
die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek
het aan my verbond gedink. {6:6} (6:5) Daarom, sê aan die kinders van
Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die
Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur
‘n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; {6:7} (6:6) en Ek sal julle
as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE
julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. {6:8} (6:7) En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand
opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit
aan julle as ‘n besitting gee, Ek, die HERE.”
Alhoewel God aan Abraham, Isak en Jakob verskyn het en Sy
verbond met hulle aangegaan het, om vir hulle die land Kanaän te gee, vertel
hierdie Skrifgedeelte ons dat, tot-en-met hul dood, hulle altyd as vreemdelinge
in die land gewoon het. Dit het nooit in daardie tyd aan hulle behoort nie.
Maar, volgens ons oordenking van hierdie week, sou dit alles nog verander. Uit
die Skrifgedeelte wat hierbo aangehaal word, sien ons dat die beloftes van God
aan die voorvaders van Israel nou in vervulling sou gaan met die verlossing van
die kinders van Israel uit die wrede slawerny onder die Egiptenaars. Wat slegs
‘n belofte aan die voorvaders was, sou nou ‘n werklikheid word.
Hierdie realiteit sou so betekenisvol wees dat God van nou
af in die Tora na Homself verwys, en selfs in die res van die Hebreeuse
Geskrifte, as die God wat die kinders van Israel uit Egipte gelei het.
Ons is egter bewus daarvan dat eeue verloop het tussen die
tyd van die belofte en die tyd van die vervulling van die belofte. Dit is slegs
maar nog ‘n voorbeeld van hoedat God dinge volgens Sy tydsberekening, en nie
volgens ons s’n nie, doen. Maar dit is nie die punt wat ek in vandeesweek se
oordenking wil maak nie. Hier volg wat ek graag wil bespreek.
Eksodus / Shemot {8:25} “Toe laat Farao Moses en Aäron
roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land. {8:26} Maar Moses
antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God
offer, is ‘n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ‘n gruwel is vir die
Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie? {8:27} Laat
ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan
offer soos Hy ons sal beveel.”
Wat ek besonder interessant in hierdie Skrifgedeelte gevind
het, is dat dit voorkom asof die Egiptenaars nie net die oppas van vee as ‘n
veragtelike beroep beskou het nie, maar ook lammers, die diere wat die kinders
van Israel aan die Here sou offer, vir hulle ‘n afskuwelikheid was. Ek kan dit
nie met sekerheid sê nie, maar dit wil ook voorkom asof die Egiptenaars nie
lamsvleis geëet het nie. Wat is so ongewoon daaraan? Dink ‘n bietjie hieroor
na: Die volk wat die kinders van Israel in slawerny gehou het, juis hulle wat
beveel het dat alle Joodse seuns (God se eersgeborenes [Eksodus {4:22} “Dan
moet jy vir Farao sê: ‘So spreek die Here’: ‘My eersgebore seun is Israel”])
doodgemaaak moes word, het vee-oppas en die offer daarvan verafsku.
Onnodig om te sê, dat ek dit om die volgende rede, baie
eienaardig gevind het: Die lammers wat aan die Here geoffer is, volgens God se
eie opdrag, het altyd gedui op-en was, trouens, ‘n sinnebeeld van Jesus die
Messias, wat Self as die “Lam van God” bekendgestaan het.
Johannes (Yochanan) {1:29}…."Die volgende dag sien
Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde
van die wêreld wegneem!"
Farao se haat en vrees vir die Joodse volk was baie
ooglopend. Toon God hier aan ons, vanuit ‘n ander hoek, hoe die satan besig was
om God se uiteindelike openbaring van die ware Offerlam, Jesus die Messias,
teen te werk? Het God dit gedoen deur aan ons die Egiptenaars se afsku aan ‘n
lam en die beroep van vee oppas uit te wys? Die feit dat Moses ‘n sinnebeeld
van Jesus die Messias was, bewys dit selfs nog meer.
Kom gou Jesus!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking