Pesach
(Paasfees)
Eksodus {13:21} "En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek."
Die wolkkolom en die vuurkolom is die eerste karakter van die Ruach HaKodesh (Heilige Gees) wat in die Skrif voorkom. Onthou die Bnei Yisrael (Kinders van Israel) was redelik onlangs bevry deur die bloed van die Pasgalam. Hulle het dus hulle vertroue in daardie bloed gestel om hulle te red van die angel van die dood en in geloof die bloed ook aan die deurkosyne van hulle huise aangewend. Hulle geloof het hulle gered en hulle is bevry van die demoniese gode van Egipte (Mitzrajim) om die Een Ware God, Skepper van die hemel en aarde, te dien. Vanaf daardie oomblik, was die Heilige Gees by hulle, om hulle te lei, as Gids te dien en hulle te beskerm; soos wat Hy met ons gelowiges in Jesus die Messias is. God het hulle verlos en toe het Hy neergedaal om tussen hulle te woon. Dit was egter nie van toe af alles maanskyn en rose vir Israel nie!
Toe God met die kruisiging van die Messias, die voorhangsel in die Bet Ha Mikdash (Tempel) middeldeur geskeur het, het Hy die weg vir ons gebaan om in Sy teenwoordigheid te kan kom. Ek dink graag soos volg hieraan: God het gesmag na gemeenskap met Sy skepping, die voorhangsel wat ons geskei het, middeldeur geskeur, uitgegaan om ons te ontmoet waar ons ookal was. Sommige gelowiges dink dat aangesien hulle deur God gered is, kan hulle nou onbesorgd lewe, sonder teenspoed of swaarkry; trouens, daar is predikers wat selfs hierdie leuen verkondig. Dit is die demoniese leerstelling van “aanvaar Jesus as julle Here en alles sal daarna goedgaan in julle lewe”. Dit is die “noem-dit-en eis dit”- leerstelling en dit is juis wat ek “demonies” noem. As julle dít glo, sal dit julle weer verslaaf aan die vorige Egiptiese leermeesters. Ongeag watter beproewing ons oorval, as ons reeds bevry is, leer die Skrif ons:
Romeine {8:28 - 29}
{8:28} "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is." ... En wat is daardie bedoeling? Dit word vir ons gesê in die volgende vers;
{8:29} "Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;" ... Om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun…
Ons sou nooit so’n belofte nodig gehad het indien ons vir onsself slegs die goeie geeis het nie.
God kon die kinders van Israel oor die Rietsee gelei het en wel buite die bereik van die Egiptenaars, op die eerste dag wat hulle Egipte verlaat het; nogtans het Hy hierdie weg gekies omdat die ander roete nie tot heerlikheid van Sy naam sou gewees nie. Al ons beproewings is geleenthede; geleenthede om ons geloof te versterk en in God te glo; geleenthede om onsself aan Sy wil te onderwerp en Sy reddende hand aan die werk sien in ons lewens; geleenthede vir ons om Sy heerlikheid te aanskou.
Elkeen van die kinders van Israel het veilig deur die see getrek, nie een het verlore geraak nie; al wat hulle moes doen, was om nie terug te draai nie. Dit is ons erfenis as Gelowiges; dit is die historiese voorbeeld van ons algehele en ewige bevryding in Hom; aan Hom. Wat die vyand betref het God hulle verwar, hulle krag ontneem en hulle sluheid en wapentoerusting tot niet gemaak, totdat Israel hul vyand totaal vernietig gesien het tot in ewigheid. God het Sy heerlikheid gevestig vir al die nasies wat hierdie dinge later sou verneem, terwyl Israel gesing en gejuig het oor hulle redding aan die anderkant van die see, en so sal dit vir ons wees, indien ons nie terugdraai nie.
Geeneen kan sonder geloof tot God kom nie. Niemand sal op hulle eie meriete of op eie krag in Sy hemelse woning kan ingaan nie. Sy verlossing is vir diegene wat glo in die gestorte bloed van Sy Pasgalam. Daar is vele verskillende gelowe in die wêreld. Baie van hulle maak selfs aanspraak daarop om “Gelowiges” te wees, wat nie redding deur geloof in die bloed van die Messias (God in die vlees) glo nie; God sê egter: Wanneer Ek die bloed sien, sal Ek oor julle gaan. As Gelowiges, kan julle gerus wees en as soekers, moet julle glo dat die enigste manier waarop julle God en die hemel sal sien, is deur middel van die kruis. Enigeen wat op ‘n ander manier probeer om daar te kom, sal weggespoel word deur ‘n see van ewigheid sonder hoop, sonder rus, sonder God, maar oor die een wat sy vertroue in die bloed van die Paaslam gestel het, hang die ewige belofte:
Eksodus {14:14} "Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees."
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking