Saterdag 20 Junie 2020

Vertroue

Shelach
(Ondersoek Jouself)

Numeri {13:1} "EN die HERE het met Moses gespreek en gesê: {13:2} Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen ’n owerste onder hulle. {13:3} En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE — hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel. {13:4} En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur. {13:5} Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori. {13:6} Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefúnne. {13:7} Van die stam van Íssaskar: Jígeal, die seun van Josef. {13:8} Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van Nun. {13:9} Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu. {13:10} Van die stam van Sébulon: Gáddiël, die seun van Sodi. {13:11} Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi. {13:12} Van die stam van Dan: Ámmiël, die seun van Gemálli. {13:17} En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte. {13:18} En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is; {13:19} en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings; {13:20} ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe."

Nadat ek hierdie Skrifgedeelte gelees het, was dit duidelik dat die Here hierdie “verspieding van die land”- aspek as ‘n toets vir Israel opgestel het. Lees weer wat Moses van hulle gevra het: “....hoe die land is waar hulle woon, of dit goed of sleg is….”. Die Here het Moses versoek om ‘n leier uit elke stam te stuur en te kyk of die land wat Hy aan hulle gee goed of sleg was! As dít nie ‘n toets was nie, weet ek nie wat dit was nie. Waarom sien ek dit wel as ‘n toets, op grond van wat die Here vir Moses gesê het en voorheen ook vir die kinders van Israel van wanneer Hy sou kom om hulle te verlos uit die land van Egipte.

Eksodus {3:8} "Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ’n goeie en wye land, na ’n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete."

So het die Here voorheen vir Moses en die kinders van Israel gesê, dat die land wat Hy aan hulle sou gee, ‘n land wat van melk en heuning oorloop, wat vir my beteken het, ‘n goeie land. Waarom sou Hy dan vir hulle sê om te gaan en die land te verken en sien “of die land goed of sleg was”, as dit nie ‘n toets was nie, wat dan? 

Ek weet nie van julle nie, maar hierdie Skrifgedeeltes is vir my werklik ‘n aanmoediging. Die Here het al soveel “beloofde land” -tipe beloftes aan my gedoen, tog vind ek myself om keer op keer te gaan en die land te verspied, voordat ek iets ontvang het. Sommige van julle mag miskien sê: “waarvan praat hy?” Laat my toe om aan julle ‘n voorbeeld te verstrek van wat ek bedoel. Toe ek pas ‘n gelowige (weergebore) geword het, is ek genooi om by die gemeente se evangeliespan aan te sluit. Ek was vreemd en het nog nie in die openbaar met vreemdelinge oor Jesus gepraat nie - dit was nogal iets om oor angstig te raak, maar ek het egter ingestem op voorwaarde dat ek slegs as ‘n waarnemer dit kon bywoon en as’t ware “die land verspied”. Ons het na die parkeerruimte van ‘n groot departementele besigheid in ons gemeenskap gegaan, waar ek die verskillende mense uit ‘n uiteenlopende alledaagse lewe gesien het: Jode, Moslems, Hispaniole, Amerikane uit Afrika, toe vrees my beetgepak het. Ek het gevoel dat dit iets was wat ek net nie kan doen nie: om na iemand - ‘n totale vreemdeling - te stap en oor die Joodse Messias met hulle te praat. Alle soort negatiewe scenarios het deur my verstand gegaan; soos Moslems, wat moontlik te vinde sou wees vir ‘n Christelik-georienteerde evangelie, maar nimmer te nooit ‘n Joodse Messias sou aanvaar nie. Maar soos dit gebeur, het die Here voorheen met my gepraat om die samelewing te betree om my geloof te deel - dus het ek besef dat ek terwille van Hom dáár was, maar nogtans was ek steeds beangs. Ek kon dus teruggegaan het met ‘n ongunstig verslag en geweier het om verder met die evangeliesasie- groep saam te werk. Of ek kon kies om te glo en die Here te vertrou om die “meganika” uit te werk om hierdie samelewing vir die Messias te bereik, ongeag wat ek gesien en ervaar het en ongeag die feit dat ons Messiaanse Jode met ‘n Messiaanse tipe Evangelie is.

Die feit is dat dat elkeen van ons gereeld voor soortgelyke toetse te staan kom soos die een wat die Here die kinders van Israel opgelê het. As gelowiges in Jesus die Messias, lees ons God se beloftes in die Bybel en glo ons God se beloftes, maar wanneer ons op die proef gestel word , sien ons in plaas van die oorwinning wat die Here ons belowe het, die reuse in die land?

Die lewe sou soveel eenvoudiger gewees het vir hierdie geslag van Israel indien hulle slegs God vertrou het, toe Hy gesê het dat die land wat Hy hulle gee, ‘n goeie land was. Toe Moses hulle gestuur het om “die land te verspied,” kon hulle slegs gesê het: “Dit is nie nodig vir ons om te doen, wat jy, Moses versoek het nie. Die Here het alreeds vir ons gesê dat die land ‘n goeie land is en gesê dat Hy dit aan ons sal gee as besitting. Wat God gesê het, is vir ons voldoende: ons is gereed om te gaan en die land nou in besit te neem.”

Die lewe kan en sal ook vir ons soveel eenvoudiger wees, indien ons net dieselfde sê en doen, wanneer ons deur die Here op die proef gestel word. 

Kom gou Jesus!
                                                


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking