Sondag 17 Januarie 2021

Mense-offering

Shemot
(Name)


Eksodus 1:1 – 6:1


Genesis {1:1} “EN dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin: {1:2} Ruben, Símeon, Levi en Juda; {1:3} Íssaskar, Sébulon en Benjamin; {1:4} Dan en Náftali, Gad en Aser. {1:5} En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte. {1:6} Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag.”


Voor hierdie tyd in die geskiedenis, was die kinders van Israel ‘n nomadiese stam wat in Kanaän gewoon het. Jakob en sy seuns was veewagters, hoofsaaklik skaapherders. Die Kanaäniete het geen probleem met hierdie beroep gehad nie, aangesien hulle ook veewagters was. Die Egiptenaars het egter ‘n veragting vir skaapwagters gekoester; hulle het dit beskou as die laagste van beroepe en die gebruik van offerandes verafsku asook die slag en eet van skape. Dit was omrede daar in hulle godehemel ‘n skaapgodheid was, wat hulle aanbid het. Dus was die gebruik van offerande, slag en eet van skaapvleis vir hulle ‘n afskuwelikheid. Om hierdie rede was Israel se aanwesigheid in Egipte ideaal vir God se doeleindes. Hy wou die ondertrouery van Sy verbondsvolk voorkom, iets wat reeds in die tyd van Juda plaasgevind het, toe hy met ‘n Kanaänitiese vrou getrou en kinders gehad het. Indien God die kinders van Israel wou inbou in Sy persoonlike skat, kon hulle nie toegelaat word om deur ander nasies opgeneem te word nie. Daarbenewens wou God hulle vestig en afsonder van die Egiptiese leefstyl en afgodsaanbidding - dit is verseker deur hulle beroep. As skaapwagters, kon Josef hulle vestig en sy herenigde familie in die verste provinsie van Egipte, Gosen, afsonder, Gosen was ‘n vrugbare gebied en geskik vir skaapherders en daar word vermoed dat dit geleë was naby die Kanaänitiese grens, vêr weg van die groot stede van Egipte. Soos ons kan aflei uit die Skrifgedeelte, hierbo aangehaal, was die doelwitte van God geslaagd en die kinders van Israel het so vermeerder dat dit die Egiptenaars bekommer het.


Dit bring my by die punt wat ek graag wil maak. My eggenote en ek is baie betrokke by die beweging “Pro Life” (vir die behoud van lewe) Dit was een van ons gunsteling-bedienings vandat ons mekaar ontmoet het. Om hierdie rede probeer ons steeds om op die hoogte te bly met wat met die “Pro-Life” - beweging in Israel plaasvind. Be’ad Chaim behartig die bediening aldaar.


Ongelukkig is aborsie wettig in Israel. Ofskoon die aantal aborsies sedert 1988 afgeneem het, word daar volgens die Israeli Sentrale Buro van Statistiek, nagenoeg 20 000 aborsies per jaar uitgevoer. Alhoewel aborsies steeds onder die Israeli-reg beperk word, sal dit vermoedelik noukeurig ondersoek word, maar blyk dit reeds dat 32% van alle aborsies suiwer volgens keuse uitgevoer word. Ons siening is dat die enigste regverdigbare rede vir aborsie is wanneer die lewe van die moeder in gevaar gestel word.


Hoe het tye nie verander nie! Duisende jare gelede het die Farao Joodse kinders in die Nylrivier laat gooi as voedsel vir die krokodille; vandag vermoor ons Joodse kinders en word ons seuns en dogters geoffer aan die god van selfbelang. Ons het nie langer ‘n Farao of ‘n Hitler nodig om ons kinders dood te maak nie, ons doen dit self! Waarom? Dit is omdat die grootste deel van Israel hulle God verwerp en ‘n sekulêre gemeenskap geskep het, wat nie die beginsels van die Tora nakom nie.


Toe God die voorouers na Egipte gestuur het, was dit met die doel om ‘n nasie te bou wat die voorskrifte van die Tora sou navolg.


Hy wou Israel weghou van die heidendom en hulle so talryk soos die sterre aan die hemel maak. Die Satan is egter van voorneme om die Joodse volk te elimineer en aborsie is een van sy middele om dit te doen; laat ons saamstaan en sy pogings teenwerk. Ondersteun en bid vir “Pro-Life” - Israel en verleen hulp in hulle poging om Joodse babas te red.    


Kom gou Jesus!


PDF weergawe




 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking