Bo
(Gaan)
1 Johannes {2:18} “KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.”
1 Johannes {4:3} “en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.”
In hierdie twee Skrif-gedeeltes, waarsku die apostel Johannes ons aangaande die gees van die antichris; trouens, ons word gewaarsku dat hierdie gees alreeds in die wêreld aan die werk is. Die gees van die antichris, waarna Johannes verwys, is nie ‘n persoon nie, maar ‘n werklike demoniese gees, wat Jesus as God asook die bestaan van die Vader ontken
2 Johannes {1:7} “Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.”
Hierdie gees was in die wêreld aan die werk sedert Lucifer se val uit die hemel en was duidelik reeds aktief gedurende die tyd toe Johannes sy Briewe geskryf het. Ons gaan sien dat dit ook reeds aktief was in Egipte toe Moses met die Farao onderhandel het oor die vrylating van die kinders van Israel; dit is steeds aktief misleidend aan die werk tot vandag toe. Dit is ‘n bedrieglike gees, ‘n gees vol leuens en ‘n beheersugtig, soos wat ons daaroor in hierdie Parasha lees.
Eksodus {10:7} “Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons 'n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die Here hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie? {10:8} Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien die Here julle God. Wie is dit eintlik wat wil gaan?”
Eksodus {18:10} “Daarop sê Jetro: Geseënd is die Here wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het. {18:11} Nou weet ek dat die Here groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.”
Eksodus {10:24} “Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien die Here; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.”
In hierdie drie Skrifgedeeltes kan ons duidelik die beheersugtige aard van die gees van die antichris sien. Ons kan sien hoeveel dit probeer het om beheer oor Moses en die kinders van Israel uit te oefen deur die ontkenning van die opperste gesag van die God van Israel en die kinders van Israel en deur wat dit gesê het: “Julle kan gaan gaan, maar nie julle kinders nie” en toe “Julle en julle kinders kan gaan, maar nie julle vee nie”. Dit was dieselfde gees wat in die Soviet Rusland gewerk het en is dieselfde gees wat nou werk in ander kommunistiese en onderdrukkende diktator-leidende lande oor die wêreld heen.
In Kuba kan gesinne as eenheid nie reis buite die land nie. Die kinders moes agterbly en soms die kinders en een ouer. Toe die eerste groot groep Jode die voormalige Soviet Unie verlaat het, is hulle toegelaat om na Israel te gaan maar moes alles wat hulle besit het, agterlaat. Hulle is toegelaat om te gaan met slegs wat hulle in één tas kon inpak en net ‘n gespesifiseerde en beperkte bedrag in kontant saamneem.
‘n Mens kan ooreenstemmende voorwaardes tussen die Farao koning van Egipte sien met die vrylating van die kinders van Israel en die beperkings op mense geplaas deur hedendaagse tiranne. Dit is omdat dieselfde antichris se gees aktief werksaam was in die Farao en vandag steeds aktief te werk gaan.
Hierdie bedrieglike leuenagtige beheersugtige gees is nie slegs beperk tot die werking van regerings, diktators en tiranne nie. Dieselfde gees mag selfs besig wees om aktief in jou te werk. Indien jy ontken dat Jesus die Paaslam is; as jy ‘n chroniese leuenaar en bedrieër is; indien jy voorgee om meer te wees as wat jy werklik is; of as jy ‘n beheersugtige persoon of konstante klaer is, dan is die gees van die antichris aan die werk in jou! Begeer jy om uit die kloue van Satan verlos te word? Dan is ek beskikbaar om jou te wys hoe en om jou by te staan. Ek kan jou lei in gebede van redding en vrymaking. Kontak my gerus by die E-pos: daatbina@gmail.com. Ons mag miskien nie in hierdie tyd, die wêreld van die antichris bevry nie, maar ons kan JOU bevry!
Kom gou Jesus!

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking