Genesis {47:27- 30} “So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder. {47:28} En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd-sewen-en-veertig jaar was. {47:29} En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou — begrawe my tog nie in Egipte nie. {47:30} Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.”
Ek het op iets baie interessants afgekom toe ek hierdie verse gelees het. In die verlede het ek verwys na God se gebruik van die name Israel en Jakob, wat een en dieselfde persoon is. Soms het die Here Isak se seun Jakob genoem en ander kere sou Hy hom Israel noem. Soos ons weet, het God Jakob se naam verander na Israel (verwys Genesis {32:28}). Jakob (Ya’acov in Hebreeus) beteken “onderkruiper”, terwyl Israel (Yisrael in Hebreeus) “Prins van God” beteken. Die omruiling van die twee name in die Skrif, was nie blote toeval nie. Niks in die Bybel gebeur toevallig nie! Die feit is dat God doelbewus wissel tussen die twee name om te onderskei tussen die twee geaardhede van dieselfde persoon. Sy naam, Jakob, verwys na sy vleeslike fisiese aard, sy ou self. Hierdie aard het dikwels na vore getree, in Jakob se onderhandelings met ander. Terwyl sy naam Israel verwys na sy geestelike aard, sy nuwe self ná sy persoonlike worsteling met God. Genesis {32:28}. Kom ons kyk hoedat die Here die ommeswaai tussen die twee name doen en wat Hy ons probeer vertel deur die wisseling tussen die name Jakob en Israel.
Genesis {47:27} “So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.”
Hier word ons vertel dat gedurende Israel se leeftyd - tydens die gesin se verblyf in Egipte, was hulle in Gosen afgesonder en gëisoleerd van die goddelose materialisme van Egipte en kon hulle spiritueel groei en ‘n verhouding met hul God ontwikkel.
Genesis {47:28} “En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd-sewen-en-veertig jaar was”
Ons word hier twee dinge vertel: eerstens, deur die gebruik van die naam Jakob, selfs gëisoleerd in Gosen, was hy nietemin beinvloed deur die materialisme van Egipte. Tweedens, deur hom Jakob te noem, het God verwys na die man se fisiese dood, die jare waarop sy fisiese liggaam die aarde bewandel het. Wanneer die Torah verwys na Jakob se sewentien jare in Egipte, is dit gebaseer op die vleeslike tyd wat hy in die land deurgebring het.
Genesis {47:29} “En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou — begrawe my tog nie in Egipte nie. {47:30} Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.”
Hierdie gedeelte verskaf ‘n rykdom van inligting: Eerstens vertel God ons dat met die dood van Israel, die man, die spirituele dood van Israel, die volk, sal plaasvind. Dit word voorgestel deur God se gebruik van die naam Israel wanneer Hy verwys na Jesus se dood.
‘n Ander interessante waarneming is: Waarom het Israel slegs sy seun, Josef, geroep toe hy besef het sy tyd om te sterwe het aangebreek? Sy ander elf seuns was ook by hom, en op daardie tydstip was Josef nie die familiehoof van Juda nie! Ek dink die antwoord lê in die feit dat Josef dwarsdeur hierdie verhaal ‘n sinnebeeld van Jesus is. In essensie kyk ons in die toekoms in. Israel het waarskynlik geweet dat sy dood die spirituele dood van die volk Israel sou beteken en hy vra sy seun, Josef, om te belowe om uiteindelik die spirituele verhouding tussen die volk en die Here te herstel en hulle in die Beloofde Land te hervestig.
Soos ons weet, na die dood van Israel en ook sy seun, Josef, dat die volk Israel vir meer as tweehonderd jaar in slawerny gedwing sou word in Egipte. Gedurende daardie tyd het hulle alle begrip van hul verhouding met die God van hemel en aarde verloor en die gebruike en praktyke van die Egiptenaars aanvaar. Dit is te betreur dat dit die geval tot vandag toe is. Die grootste gedeelte van die nasie Israel (Joodse volk) woon steeds in ballingskap en in spirituele duisternis. Binnekort sal Jesus kom en hul verhouding met hulle God herstel en hulle laat terugkeer na die Beloofde land.
PRYS DIE HERE!
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking