Keuses
Eksodus {9:17} “Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie? {9:18} Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie. {9:19} Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie — op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe. {9:20} Hy wat die Here se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug; {9:21} maar hy wat op die Here se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.”
Die Here het die Farao en die Egiptenaars voldoende waarskuwing gegee voordat Hy elk van die plae oor hulle land laat kom het. Hierdie is egter die enigste plaag waar Hy begenadiging verleen indien hulle hul vee onder skuiling bring sodat hulle nie doodgeslaan word nie. Die gevolge van hierdie volgende plaag kon eenvoudig vermy gewees het deur gehoorsaam te wees en na God te luister. Dit is die enigste plaag waar die Here die mense waarsku om binne te bly indien hulle nie wou sterf nie. Dit word geglo dat die haelstene waarmee God Egipte getref het, ontsettend groot was.Dit móés inderdaad groot gewees het om die lewe van een waterbuffel van eenduisend kilogram ( tweeduisend pond), wat normaalweg deur die Egiptenaars vir boerdery gebruik is, dood te slaan. Soos ons in die Skrif lees, het nie almal in Egipte op die Here se waarskuwing ag geslaan nie. Slegs ‘n geringe aantal Egiptenaars het die God van Israel gevrees en enigsins ag geslaan op hierdie waarskuwing, selfs na al die plae wat oor hulle gekom het. Deur nie op God se waarskuwing veel ag te slaan nie, het beteken dat hulle alles wat hulle gehad het, hulle vee, slawe, families en selfs hulle self gesterf het. God kon dus nie verantwoordelik vir al die sterftes gehou word nie - dit was, trouens, hulle eie keuse.
Die Israeli Verdedigingsmagte (IVM) gebruik hierdie selfde metode vóór weerwraakaanvalle teen Hamas en Gaza. Hulle het die inwoners van Gaza gewaarsku deur pamflette te versprei en oproepe na hulle selfone te maak, om hulle te waarsku om skuiling te soek, in hulle huise te bly of konflikareas te ontruim. Diegene wat dit nie gehoorsaam het nie en hulself blootgestel en gevolglik vermink is of gesterf het, was dit hulle eie keuse, waarvoor die IVM nie verantwoordelik gehou kon word vir beserings of sterftes van burgelikes wat die waarskuwing ignoreer het. Diegene wat egter die waarskuwings eerbiedig het, was redelik veilig van beserings en en moontlike sterftes. Deur uitstel aan te bied vir vervolging, het die IVM dikwels hul eie troepe in gevaar gestel, maar dit was die regte optrede om te volg.
Daar is ‘n ander waarskuwing wat die Here aan ons gegee het en dit is vervat in ‘n ander Skrifgedeelte, wat ons almal ernstig behoort op te neem:
Deuteronomium {28:1} “AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.”, {28:2} “En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.”, {28:15} “Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.”, {28:20} “Die Here sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.”
Netsoos die Egiptenaars moes besluit of nie geluister het na die Here se waarskuwings om hulle lewens en dié van hulle vee te red nie en netsoos die burgelike inwoners van die stad Gaza moes besluit of hulle gaan agslaan op die waarskuwings van die IVM, so moet ook ons besluit of ons die Here gaan gehoorsaam en Sy gebooie te eerbiedig. God het ons gewaarsku om Sy Woord te gehoorsaam. In die bovermelde Skrifgedeelte het Hy aan ons die gevolge verstrek van ons keuse óf dit te ignoreer. Dit hang dus van ons af wat ons gaan doen! Indien ons verkies om dit te ignoreer, sal die Here nie verantwoordelik wees vir die gevolge wat ons gaan ly nie - die keuse is ons s’n!
Daar is ‘n baie beslissende waarskuwing in die Skrif wat ek ter afsluiting graag met julle wil deel. Dit is ‘n waarskuwing wat ons almal ernstig moet opneem; trouens, ek glo dat dit ons uiterste en finale waarskuwing van God is:
Johannes {14:6} “Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
1 Johannes {2:23} “Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.“
Handelinge {4:12} “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.”
Noudat julle hierdie waarskuwing het, wat gaan julle daaromtrent doen? Die keuse is dus joune!
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking