Saterdag 31 Julie 2021

Het Jy Hom Lief?

Ekev
(Gevolglik)

Deuteronomium {8:2} "En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. {8:3} En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan."

Toe ek hierdie verse van Parasha Ekev gelees het, het my hart uitgegaan na al die mense wat nie langer die Here volg nie omdat hulle geloof vernietig is deur wederwaardighede en beproewings wat in hulle lewens ondervind is. Ek is bewus van telkemale wanneer ‘n tragedie oor ‘n familie kom, hulle pleks van nader aan die Here beweeg, hulle eerder verder wegbeweeg het. Hoe jammer is dit tog nie! Het die tragedie werklik onthul wat in die eerste instansie in hulle harte was? 

Ja, dit het en dit is nie vir my om so te sê nie, dit is die Here!

Indien ons wil weet hoedat God met ons handel, hoef ons slegs die Bybel te raadpleeg. Ons God is dieselfde gister, vandag en môre, want Hy verander of dwaal nooit af daarvan nie. Soos wat Hy met die kinders van Israel gehandel het, is presies dieselfde as wat Hy met ons handel.

In vandeesweek se Parasha vertel die Here ons dat Hy die kinders van Israel die wildernis ingestuur en hulle toegelaat het om honger te ly, en ek kan byvoeg, dors te ly, sodat Hy hulle so kon verootmoedig dat hulle kon bewus word van wat in hulle harte aangegaan het. Dit is dus maklik vir mense om die Here lief te hê, Sy gebooie na te kom eredienste gereeld by te woon, te dien en tiendes te gee wanneer dit met hulle goed gaan en hulle geseën word. Hoe raak dit egter hulle verhouding met en toewyding aan God wanneer ‘n probleem, tragedie, swaarkry of beproewing op hulle pad kom? Wat doen hulle dan? Volgens die Here, is dit die ware aanduiding van egtheid van hulle geloof. Dit is soos ‘n weermag. Die offisiere weet nooit waartoe voetsoldate in staat is alvorens hulle in ‘n oorlogsituasie teen die vyand moet optree nie. Leiers neem dus altyd waar en evalueer die beste troepe se optrede. Dit is dan diegene wat hulle vertrou en gebruik om die taak uit te voer. Dit is wat God met Israel gedoen het en wat Hy ook met ons doen!

Ek het al dikwels by gemeentelede navraag gedoen wanneer ek hulle nie tydens Sabbatsdienste gesien het nie en verneem dan dat hulle tuisgebly het omdat hulle na ‘n week se harde werk te moeg, depressief of ietwat ongesteld was; nogtans het hulle op ‘n Sondag sekere take verrig en was Maandag by die werk asof niks gebeur het nie. Dit was jammer, want dit was eerder asof die Here hulle getoets het en hulle het gefaal! Hy het moegheid, depressie ’n ligte ongesteldheid oor hulle laat kom om hulle op die proef te stel sodat hulle sou besef wat in hulle harte was. Julle mag moontlik vra: 

“Hoe kan ’n liefdevolle God dan so iets doen?” 

Sou God werklik depressie oor ‘n persoon laat kom?” Wel, as ons glo wat in die Bybel geskryf is, sal ons dit nie eers hoef te bevraagteken nie. Ja Hy sou; om te openbaar wat werklik die gesindheid van ons harte is! 

Indien Hy Israel vir veertig jaar in die wildernis gestuur het en hulle laat honger en dors ly het met die doel om hulle harte te openbaar, waarom sou Hy ons nie ook op die proef stel nie?

God vereis dat ons Hom eerste in ons lewens stel, wat vanselfsprekend een van Sy gebooie is; trouens, dit is die vernaamste van almal:

Deuteronomium {6:5} "Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. {6:6} En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;"

Indien iemand die Here liefhet met hul hele hart en met hul hele siel en met hul hele krag, sal hulle hul werk vóór Hom stel? Sal hulle toelaat dat depressie tussen hul en God kom? 

Sal hulle nie kom en Hom aanbid selfs as hulle ietwat ongesteld is nie? Nogtans stel baie gelowiges in Jesus die Messias vir God tweede. Hulle plaas die wektuigkundige, die verhuising, die televisie-hersteller, die internet-tegnikus en dies meer vóór Hom en verwag natuurlik dan steeds om geseën te word.

Tydens my jare as Messiaanse gemeente leier, het mense my ingelig dat hulle nie eredienste hoef by te woon om God te aanbid nie - hulle kan dit netso effektief in die privaatheid van hulle eie wonings nakom. Ja, ons kan God tuis aanbid en ons behoort dit te doen, maar dit moet nie die bywoning van eredienste vervang nie. Die Bybel is nie aan indiwidue gegee nie, maar wel aan ‘n byeenkoms van ‘n gemeente en dit is waarom die skrywer van Hebreërs dit pertinent soos volg verduidelik:

Hebreërs {10:24} "en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; {10:25} en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom."

Ek dink ons moet dit behoorlik insien dat ons dit nie op ons eie manier van doen kan systap nie. Ons sal dit aan onsself moet bewys en ofskoon dit moontlik probleme en ongerief vir ons mag meebring, kan daar nooit ‘n kompromis met die Here aangegaan word nie.

Jesus die Messias het dit op die heel beste wyse soos volg gestel:

Matthéüs {10:37} "Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. {10:38} En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. {10:39} Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind."

Jesus vertel vir ons presies dieselfde as die verse wat ek aan die begin aangehaal het. Hy sê dat Hy ons sal toets ten einde ons toewyding aan Hom op die proef te stel. Hy sal dit doen deur ons familie, deur ons vriende, deur ons stokperdjies of deur enigiets anders wat ons gesindheid teenoor Hom te bepaal. Alles in ag genome, sê Jesus die Messias: 

Deuteronomium {6:5} "Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. {6:6} En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;"

Het julle Hom op hierdie wyse lief?

Kom gou Jesus!
PDF weergawe





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking