Pinchas
(Phinias)
Numeri {27:14} “want toe die volk by Meriba in die Sinwoestyn teen My in opstand gekom het, het julle julle teen my bevel verset en My, die Heilige, nie voor die volk gehoorsaam nie.” Dit het gebeur by die Meribawaters by Kades in die Sinwoestyn. {27:15} Moses sê toe vir die Here: {27:16} “Dan moet U, Here, God wat aan alle mense die lewe gee, iemand oor hierdie volk aanstel {27:17} wat vir hulle 'n leier en aanvoerder kan wees sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie.” {27:18} Toe sê die Here vir Moses: “Neem vir Josua seun van Nun, 'n man op wie my Gees is, en lê hom die hande op. {27:19} Laat hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk staan en sê vir hom in hulle teenwoordigheid wat sy taak is. {27:20} Dra van jou gesag aan hom oor sodat die hele volk Israel hom kan gehoorsaam. {27:21} Maar hy moet altyd die priester Eleasar raadpleeg dat dié vir hom met die urim die beslissing van die Here vra. Alleen op Eleasar se bevel sal Josua en die hele volk Israel vir oorlog optrek en van die oorlog af terugkom.” {27:22} Moses het gedoen wat die Here hom beveel het. Hy het Josua voor die priester en die hele volk laat staan, {27:23} hom die hande opgelê en vir hom gesê wat sy taak is soos die Here deur Moses beveel het.”
Herhaaldelik hoor ons wêreldleiers en diegene wat Israel ondersteun sê dat Israel die enigste demokrasie in die Midde-Ooste is. Volgens Wikipedia, is demokrasie ‘n regeringsvorm waarin alle burgers ‘n gelyke aandeel het in besluite wat hulle lewens raak. Hierdie regeringsvorm sluit in (en meer of minder direk) deelname in in die voorstel, ontwikkeling en deurvoer van wetgewing tot ‘n wet. Dit kan sosiale, ekonomiese en kulturele aangeleenthede insluit, wat ‘n vrye en gelyke praktyk van politiese selfbeskikking moontlik maak.
Dit is bewonderingswaardig dat leiers van die vrye wêreld Israel aanprys as die enigste demokratiese land in die Midde-Ooste en dit sou gunstig wees as die Ismalitiese lande rondom ons dié tipe vryhede kon geniet wat die demokratiese stelsel hier sy inwoners bied. Demokratiese regerings en die demokratiese stelsel is egter nie bybels nie. Hoe weet ons dit? Die eerste bewys in die Skrif is toe die Here kwaad was vir Israel om te vra vir ‘n koning sodat hulle soos alle ander nasies kon wees.
1 Samuel {8:5} “Hulle het vir hom gesê: “Kyk, u het oud geword. U kinders is nie soos u nie. Stel nou liewer 'n koning oor ons aan om oor ons te regeer, soos dit by al die nasies is.” {8:6} Maar vir Samuel was dit verkeerd dat hulle gesê het: “Gee ons tog 'n koning om oor ons te regeer.” Samuel het tot die Here gebid, {8:7} en die Here het vir hom gesê: “Gee toe aan die versoek van die volk in alles wat hulle van jou vra. Hulle het jóú nie verwerp nie; hulle het Mý verwerp as koning oor hulle.”
Israel het God verwerp as hulle koning en wou ‘n menslike koning in Sy plek hê. Soos ons verder lees in hierdie hoofstuk, sien ons dat die Here die een was wat die konings gekies het wat oor Sy mense sou regeer. Dit is nie gedoen deur demokratiese verkiesings of gewildheids-stem nie. Tweedens sien ons dieselfde scenario met die oordrag van mag van Moses na Joshua in ons Parasha vandeesweek. Die Here het Moses nie versoek om ‘n demokratiese verkiesing te hou sodat die mense ‘n nuwe leier kon kies nie; God het hom gekies en Moses versoek om Joshua eenvoudig te salf om sy plek in te neem.
‘n Ander saak wat ons nie in die Bybel vind nie, is dat die Here ‘n demokraties gekose liggaam toelaat om nuwe wette te maak of enige van Sy bestaande wette te wysig. Die volk Israel moes leef volgens die gebooie, voorskrifte en oordeel van die Tora, soos deur God gegee. Die Here het selfs sy aardse verteenwoordiger, die Hoëpriester, die Urim en die Thummim gegee as ‘n metode om Hom te raadpleeg oor regsake. Hierdie metode het verseker dat die Here se gebooie nougeset nagekom sou word.
Ons finale bewys dat demokrasie nie bybels is nie, berus op die feit dat met die wederkoms van Jesus die Messias om Sy Koninkryk op aarde te vestig, ons meegedeel word:
Openbaring {19:15} “Uit sy mond het daar 'n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. {19:16} Op sy klere, by sy heupe, was daar 'n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.””
Die regsoewereiniteit wanneer Jesus terugkeer, sal wees die Woord van God - Sy Bybel! Demokrasie sal iets wees waaroor die mense in geskiedenisboeke sal lees. Dit is vir ons baie altruisties om Islamities-beheerde state as demokraties te wil hê, maar die feit is, dat hulle dit reg en ons dit verkeerd (behalwe die die Islam-gedeelte) het. Meeste van hierdie lande staan onder die Koran, hulle voorstelling van ‘n bybel. Anders as die feit dat hulle ‘n valse god aanbid, gebruik hulle ten minste hierdie valse god se leerstelling, as hulle regsoewereiniteit. Wat ons demokrasië aan die ander kant geproduseer het is wette totaal teenstrydig met wet en wil van die Een Ware GOD van hemel en aarde en Sy bybelse regsoewereiniteit.
Moet my nie misverstaan nie, die Bybel is nie teen kapitalisme gekant nie - in teendeel word dit aangemoedig! Die Bybel ondersteun nie slegs die konsep van demokratiese regering nie. Die Boek Openbaring is duidelik dat demokrasie nie sal bestaan ná die wederkoms van Jesus nie en heelwaarskynlik geskiedenis sal wees selfs vóór dit met die koms van die antichris.
Kom gou Jesus!

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking