Matot-Masei
(Stamme – Reise)
Numeri {31:1-5} ”Die Here het vir Moses gesê: {31:2} “Die Israeliete moet die Midianiete straf vir wat hulle julle aangedoen het. Daarna sal jy sterwe.”{31:3} Moses het toe vir die volk gesê: “Bewapen manne vir die oorlog en laat hulle teen die Midianiete optrek om hulle te straf in die Naam van die Here. {31:4} Stuur uit elke stam van Israel duisend man om te gaan veg.” {31:5} Daar is toe twaalf duisend man uit die stamme van Israel aangewys, duisend uit elke stam, almal toegerus vir die oorlog.”
Vind julle enigiets ongewoon aan hierdie Skrifgedeelte? Normaalweg telkens wanneer die Here kwaad was vir Israel oor hulle oortreding van Sy Tora, sou Hy Homself wreek deur vuur te stuur, slange, plae en ander oordele teen hulle. Die Here soek egter hier wraak teen die Medianiete, maar Hy versoek Moses om ‘n leer voor te berei om daardie wraak uit te voer. Sekerlik was die Here meer as in staat om te wreek teen die kinders van Israel en self met Median af te reken!
Psalm {79:10} “Waarom moet die heidene sê:“Waar is hulle God nou?” Laat ons aanskou hoe u straf die heidene tref oor die bloed van u dienaars wat vergiet is.”
Psalm {3:7} “Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie”
In beide hierdie verse vra die psalmis die Here om wraak te neem teen die vyande van Israel. Ons weet egter dat koning Dawid ‘n man van oorlog was en oorlog na oorlog hierdie oorloë eiehandig verslaan het. Terwyl die taal in hierdie verse so was dat God versoek was om wraak te neem en op die vyande toe te slaan, dit werklik koning Dawid en sy leër was om te veg en en wraak te neem. God is magtig om Homself te wreek en Hy doen dit so deur teen Sy kinders op te tree, soos wat ons dikwels in die Skrif gesien het, maar wanneer dit die vyande van Sy kinders raak, vra hy hulle om hulself te wreek.
My mening is dat gelowiges in Jesus die Messias ‘n passiewe rol in hulle verhouding met die Here inneem. Hulle vra in gebed iets en sit dan terug en neem ‘n houding van “laat ons wag en sien” in plaas van ‘n pro-aktiewe houding van “laat ons dit gedoen kry”, met geloof dat die Here sal voorsien. Ek is eenmaal vertel van ‘n werklose gelowige, wat sy tyd bestee het om op God te wag om vir hom ‘n werk te kry. Hy het van God verwag om ‘n werk te voorsien deur gebed en advertensie van werkgeleenthede, in plaas daarvan om self moeite te doen om ‘n werk te kry. Sekerlik kan die Here vir ons ‘n werk of enigiets anders waarvoor ons in gebed mag vra, skenk, maar so kon Hy die Medianiete deur ‘n plaag uitgewis het of koning Dawid se vyande met vuur uit die hemel vernietig, maar Hy het nie. Mose se leër het die oorlog gevoer maar die Here was daar om aan hom die oorwinning te gee
1 Samuel {17:45} “Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. {17:46} Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het.”
God het wraak geneem op die Fillistyne, maar dit was Dawid wat die stryd gevoer het. Terwyl die res van die leër van Israel passief gewag het, het
Kom gou Jesus!
![]() |
| Read Parasha |

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking