BeShalach
(Wanneer Om Te Laat Gaan)
Eksodus {13:17} “TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte. {13:18} Daarom het God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.”
Dit is interessant dat hierdie verse meld dat die kinders van Israel Egipte gewapen verlaat het, maar dat die Here hulle nie naby die Filistyne verby gelei het nie, sodat hulle nie ‘n oorlog sou beleef en daarna na Egipte sou wou terugkeer nie. Ek het altyd geglo dat indien jy jouself bewapen, jy voorbereid moes wees om jou wapen te gebruik, of dit nie saam met jou dra nie. Die kinders van Israel was egter gewapen, maar nie daarop voorberei om te veg nie!
Daar was al heelwat weerspreking en bespreking oor die feit of gelowiges in Jesus die Messias wapens behoort te besit al dan nie. Voordat ek as gelowige die Here aangeneem het, het ek ‘n wapen besit, wat wel wettig was in die staat waar ek gewoon het; trouens, ek het meer as een besit. Ek het persoonlik ‘n wapen gedra en een in my motor gehou. Toe ek egter gered is, het ek al my wapens gebêre en my veiligheid en sekuriteit aan die Here toevertrou.
Ek moet tog byvoeg dat tot vandag toe, was die Here in daardie opsig getrou. Beteken dit dus dat alle gelowiges in Jesus die Messias, waar dit wettig is, nie ‘n wapen vir beskeming behoort te besit nie? Ek gee toe dat ek nie heeltemal seker is nie; ons het verskeie boodskappe daaroor in die Bybel.
Ons weet dat God moord afkeur; volgens die Skrif behoort ons nie te moor nie, maar dit sê nie dat ons nie mag doodmaak nie. Na alles keur die Here nie oorlog goed nie, wat vanselfsprekend wapens insluit en doodmaak.
Lukas {22:35} “EN Hy sê vir hulle: Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie. {22:36} Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie 'n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en 'n swaard koop.”
Oënskynlik het Jesus niks verkeerd gesien in die dra van ‘n wapen nie, selfs in vredestyd nie. Petrus het op die Olyfberg ‘n wapen gedra, wat beteken het dat hy een besit het. Dan het ons egter hierdie Skrifgedeelte:
Matthéüs {26:52} “Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.”
Dit is juis ‘n Skrifgedeelte wat dikwels deur hulle wat wapens besit of dra, teenstaan. Vertel Jesus dus vir ons dat ons nie wapens behoort te dra nie? Die feit is dat Jesus nie hier vir Petrus aangespreek het nie. Hy het verwys na diegene wat teen Hom opgeruk het om Hom met geweld gevange te neem met hulle eie wapens. In hierdie Skrifgedeelte het Jesus voorspel oor hoe hierdie mense, wat Hom met swaarde sal gevangeneem, self sou sterf. Hulle het gekom om Hom met wapens te oorrompel, nou sê Hy egter dat hulle self met wapens oorrompel sal word.
Dan is daar egter Skrifgedeeltes soos dié:
Psalms {37:39} “Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid. {37:40} En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.”
Sekerlik stel hierdie Skrifgedeelte en soveel meer so, dat dit nie vir gelowiges nodig is om hulself met wapens te verdedig nie. Aan die anderkant het Dawid, terwyl hy deur koning Saul agtervolg is, hierdie Psalm geskryf en het hy boonop altyd gereis met ‘n klein goedgewapende leërmag.
Wat is dus my gevolgtrekking en antwoord op die vraag of gelowiges in Jesus die Messias gewapen behoort te wees? Dit wil voorkom dat daar geen skriftelike grondige bewys is wat die dra van wapens verbied nie, op voorwaarde dat dit wettig is om dit te doen. Ons moet egter onthou dat indien ons ‘n wapen dra, moet ons voorbereid, gewillig en opgelei wees om dit te gebruik, anders mag ons opeindig soos Petrus, wat ‘n visserman was en probeer het om Jesus met ‘n swaard te verdedig en indien dit nie vir Jesus se tussenkoms was nie, kon hy deur die swaard gesterf het.
Kom gou Jesus!
| PDF weergawe |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking