D’Var Torah
Gaan – Bo
1 Korinthiërs / Korintim Aleph
Eksodus / Shemot {10:7} “Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons ‘n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie? {10:8} Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien die HERE julle God. Wie is dit eintlik wat wil gaan? {10:9} En Moses antwoord: Ons wil gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, want ons wil ‘n fees vir die HERE hou. {10:10} Toe sê hy vir hulle: Mag die HERE só met julle wees as wat ek julle en julle kinders sal laat trek! Pas op, want julle het ‘n verkeerde ding voor oë. {10:11} Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien die HERE, want dít het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe. ”

Nadat ek vandeesweek se parasha gelees het, vertrou ek dat julle, soos ek, tot dieselfde gevolgtrekking sal kom, naamlik dat God tot die alleruiterste sou gaan om Sy Naam te verheerlik. Dit was die werklike doel van die tien plae, soos ons in die volgende Skrifgedeelte, geneem uit aanstaande week se Parasha, lees:
Eksodus / Shemot {14:4} “En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is. En hulle het so gedoen.”.
Die wêreld van vandag verkeer in ‘n haglike toestand. Ek dink nie ek sou oordryf indien ek gesê het dat die Midde-Ooste die oorsaak is nie en ek twyfel of hulle daaruit sal kom sonder groot lewensverlies. Dit is egter te begryp aangesien dít die deel van die wêreld is waaraan God besig is om aandag te skenk. Die Bybel en alles daarin sentreer om Yisrael (Israel) en die uiteindelike verlossing van die Joodse volk.
Die doel van wat God vandag in die wêreld doen, is ter verheerliking van Sy Naam. Die harte van mense is verhard net soos dié van die farao en soos God elke poging van die farao om Sy gesag te ondermyn, laat misluk het, doen Hy vandag dieselfde met elke mens. Ten spyte van die huidige pogings van die mensdom om ‘n beter, veilger wêreld te verseker, sal omstandighede nooit verbeter nie maar eerder vererger, tot tyd en wyl hulle die feit onvoorwaardelik aanvaar dat daar ‘n God in die Hemel is en Sy Naam verheerlik. Netsoos die plae in Egipte een na die ander in intensiteit toegeneem het tot die laaste plaag (die dood van alle eersgeborenes), so sal die rampe wat daagliks op aarde voorkom, ook al hoe erger word. Elkeen is gegrond op die voorafgaande tot die finale ramp, wanneer dit ookal mag plaasvind.
Wat ons behoort te besef, is dat wanneer dit ons lewens wesenlik raak, dit in die wêreld dieselfde wyse is soos wat Hy met ons as individue handel. Indien ons harte teenoor Hom verhard is, sal Hy met ons handel deur één probleem, één trauma, één ramp na die ander in ons lewens te laat plaasvind, totdat ons óf sterf in ons sonde of ons harte verander en Hom verheerlik.
Al wat die farao moes gedoen het om ‘n einde aan die plae te bring, was om homself te verootmoedig en die God van Israel as die enigste ware God te aanvaar. Indien hy dit gedoen het, sou al die plae en rampe nie oor Egipte gekom het nie. Sy trots sou hom egter nie daartoe toegelaat het nie.
Wat verhinder jou nog om Jesus die Messias as jou Heer en Redder aan te neem – is dit moontlik jou trots? Die farao se trots het die oorhand oor hom gehad en hy het die God van die Hebreërs net so mistiek soos al die gode van Egipte beskou, sodat hy Hom kon weerstaan en verwerp, maar hy kon nie.
Spreuke / Mishlei {11:2} “Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid. ”.
Wanneer sal jy erken: dit is onmoontlik om ‘n onweerstaanbare mag te te weerstaan?
Matthéüs / Mattityahu {10:28} “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. ”.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking