D’Var Torah
Offer / Terumah
Hebreërs / Ivrim 9:1 – 10
Eksodus / Shemot {25:1} “Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê: {25:2} Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My 'n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring. {25:3} En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper; {25:4} en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar; {25:5} en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout; {25:6} olie vir die kandelaar, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye; {25:7} oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed en die borstas. {25:8} Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. {25:9} Volgens alles wat Ek jou laat sien-die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort-so moet julle dit maak.”.
Is dit moontlik om hemel op aarde te hê? Ja, indien ‘n mens besef dat die tabernakel (Mishkan) ‘n presiese reproduksie van die een in die hemel was, aldus Moses.
Eksodus / Shemot {25:9} “Volgens alles wat Ek jou laat sien-die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort-so moet julle dit maak.”. {25:40} En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is."
Die Shakinah (Schachinah) – die heerlikheid van God in fisiese gedaante – het in die tabernakel gewoon; God se teenwoordigheid was op aarde (hemel op aarde). Die hele doel van die tabernakel was om hemel op aarde te verteenwoordig; die koninkryk van hemel of koninkryk van God was veronderstel om op aarde te wees en in Bybelse tye, het die tabernakel en later die tempel (HaMikdash) daardie doel vervul. Die tabernakel was ‘n plek vir die mens om met God te kommunikeer, deur God onderrig te word en in Sy teenwoordigheid te verkeer. Daar bestaan vandag geen tabernakel op aarde nie en die tempel is reeds in 70 nC vernietig. Bestaan daar dus vandag hemel op aarde?
Jesus het ons geleer aangaande die koninkryk van die hemel en die koninkryk van God. Net soos die tempel, is dit hemelse koninkryk wat hier op aarde gedupliseer word.
Lukas / Uri {17:20} “En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. {25:21} En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.”.
Sommige vertalings lui “…die koninkryk van God is binne-in julle.”. Die betekenis of strekking van hierdie vertaling uit Grieks, is dat die koninkryk van God binne-in ‘n mens se siel is. Dit is dan ook waar die koninkryk van God vandag te vinde is. Dit is in die siel van elke gelowige in Jesus die Messias aanwesig. Ons is vandag die koninkryk van die hemel / koninkryk van God hier op aarde. Deur middel van ons is die hemel op aarde. Eendag sal ons koning, Jesus die Messias, terugkeer om Sy troon in besit te neem.
Efesiërs / Efsos {5:1} “Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; {5:2} en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.”.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking